Skip to main content

Full text of "Die Oorsprong van Afrikaans"

See other formats


DIE OORSPRONGE VAN AFRIKAANS 

FRITZ PONELIS 

Departement Afrikaans en Nederlitnds, Universiteit van Stellenbosch 

Klein Karoo Nasionale Kunstefees, 1999 

Afrikaans is 'n familie van wat in die taalkunde as varieteite bekend staan, waaronder die 
Afrikaanse omgangstaal/spreektaal, Standaardafrikaans, Afrikaanse flaaitaal, Kaapse Afrikaans 
en Noordwestelike Afrikaans. Historiese taalkundiges moet sover moontlik rekening hou met die 
oorsprong van al die verskillende varieteite. Dit gaan dus nie net om die oorsprong van 
hedendaagse Standaardafrikaans nie; tewens, die verskillende vorme van die Afrikaanse 
omgangstaal is veel ouer as Standaardafrikaans. Afrikaans was naamlik tot die einde van die 
negentiende eeu niks anders nie as 'n omgangstaal en 'n spreektaal. Standaardfrikaans en die 
Afrikaanse skryftaai het pas teen die begin van die twintigste eeu begin ontwikkel. 

1 Vroee Afrikaans 

1. 1 Die Hollandse oorsprong van Afrikaans 

Dit is menige historiese taalkundige se droom om van die taal wat hy ondersoek bandopnames uit 
eeue gelede te he. Ongelukkig is die bandmasjien pas 'n skrale 50 jaar gelede uitgevind. Dus is 
die beste waarmee ons ons moet troos skriftelike getuienis van ouer taalstadiums, dit wil se 
tekste. Selfs die skriftelike oorlewering is beperk, en dit in 'n paar opsigte. Eerstens, net in 'n klein 
klompie tale van die wereld, waaronder Latyn, Frans, Engels en Duits, is daar tekste wat eeue 
oud is, om van duisende jare te swyg. Ten tweede, 'n teks se nie vir jou hoe mense gepraat het 
nie. Die taalvorm in die ou tekste is ook gewoonlik heel anders as die gewone spreektaal. 

Wat nou van die geskiedenis van Afrikaans? Ons het die tydstip wanneer Afrikaans horn uit 
Nederlands begin losmaak het, naamlik die periode na 1652. Dit is goed bekend dat bale 
Nederlandse tekste uit hierdie tyd oorgelewer is, in die besonder ook Kaapse Nederlandse tekste. 
Een van die bekendste en langste Kaapse Nederlandse tekste uit die middel van die 17e eeu is 
Jan van Riebeeck se Dagregister (Bosman en Thom 1952-). Hierdie uitvoerige dagverhaal strek 
oor jare en bevat boeiende gegewens van die lewe in die vroegste Kaapse nedersetting, soms tot 
in die fynste besonderhede. In die volgende kort uittreksel word vertel dat die wind op Sondag 15 
Oktober 1656 erg gewaai het. Die Kommandeur, nl. Van Riebeeck, is toe na middagete na die 
piek wat later Rondebosch sou heet om die koringlande daar te gaan bekyk en te sien of die wind 
daar ook so sterk was as by die Fort. Nadat hy met moeite deur die reen en die wind gesukkei 
het, het hy by Rondebosch uitgekom, waar dit redelik windstil was. Let net op hoe oud ons woord 
ekstreem is: Van Riebeeck praat van die wind wat extreem hard gewaai het; bloesen beteken 
'gewaai het'. Somerluchien is ons somerluqqie . Ende is 'en'. 

"Smorgens noch al even fel aenhoudende, met heldere, dare lucht ende warme sonneschijn. Is 
derhalven den Commandeur na't noenmael eens gegaen na't corenlandt bij't ronde doom 
bosjiens achterden tafelberch omme te sien off de winden daermede soo fel waijen als hier bij't 
Fort, daerse soo extreem hard bloesen datmen qualijck coste inde wint opcomen na voorszeide 
plaetse. Echter met moeijiijckheijt tegen de voorhaelde winden ende valbuijen daer noch 
comende, bevonden hoe verder achterden Taeffelberch inde vlacte hoe sachter winden, ende 
eijndelijck bij't corenlandt niet anders als een redelijck stijff, gestadich somerluchjen, waer van 't 
coren gansch geen schade lijden coste ..." 

'n Mens hoef jou dit nie so voor te stel dat dit Van Riebeeck self is wat hier aan die woord is nie en 
wat dag vir dag sy wedervaringe moeisaam met 'n gansveerpen vir die hoghe Here Sewentien in 
Amsterdam te boek gestel het nie. Vir die skryfwerk het Van Riebeeck klerke en sekretarisse 
gehad. Hulle het gesamentlik 'n kanselary geheet, en aan hulle het hy waarskynlik sy gedagtes 
gedikteer. Die 17e-eeuse klerke is opgelei in die gebruik van 'n besondere vorm van Nederlands, 
naamlik kanselarytaal. Dit is lets wat ons vandag nog goed ken, maar dan onder name soos 
kantoortaal of burokratees. Die volgende is 'n voorbeeld van hedendaagse Afrikaanse 



burokratees: "Kennisgewing geskied hiermee dat genoemde openbare weg met ingang Januarie 
ten opsigte van die gebruik deur alle motorvoertuie, motorfietse en rywiele gesluit sal wees." In 
alledaagse Afrikaans lui dit soos volg: "Die betrokke openbare pad sal van Januarie af vir alle 
voertuie gesluit wees." Hieruit blyk die groot verskil tussen kantoortaal en die omgangstaal. In 
die 17e eeu was dit nie anders nie; trouens, hierdie afstand was waarskynlik heelwat groter. Die 
rede waarom so gese word, is dat die mense van toe heelwat swakker as ons kon lees en skryf. 
In daardie tyd kon 'n mens jou geleerdheid dus bale beter vertoon deur 'n skryfdiaiek te kweek 
wat ver van die spreektaal staan. Die 17e-eeuse Nederlandse kanselarytaal is nou nog 'n 
pyniging vir studente: die sinne word soms so lank dat sells die skrywer die draad totaal verloor 
en die leser g'n kop of stert kan uitmaak nie. Verder word daar 'n magdom Franse leenwoorde 
gebruik. Dit is hoogs onwaarskynlik dat Van Riebeeck hierdie gekunstelde taaltjie gepraat het. 
Hoe dit ook al sy, met die geskiedenis van Afrikaans het kanselary-Nederlands bitter min te doen. 
Bale van die mense in die vroee Kaapse nedersetting was ongeletterd. Hulle is aan die 
abrakadabra van die kanselarye blootgestel, veral wanneer hulle met die Kompanjie te doen 
gehad het, bv. wanneer hulle in die hof verskyn het. In die Kaapse Argief is daar naas Van 
Riebeeck se Dagverhaal 'n menigte dokumente in kanselarytaal, uit sowel die 17e as die 18e eeu. 
Oor die algemeen kan ons uit hierdie dokumente min wys word oor die geskiedenis van 
Afrikaans. 

'n Vorm van geskrewe Nederlands wat vir die mense in die vroee Kaapse nedersetting 
waarskynlik veel meer belang gehad het, is die Statebybel. Die eerste uitgawe van die Statebybel 
het kort voor die vestiging aan die Kaap verskyn, in die jaar 1637. Dit is goed bekend dat die 
Statebybel tot redelik onlangs toe in ons land algemeen gebruik is. Luister na die volgende 
uittreksel, die eerste paar verse uit Genesis 1 . 

"1. In den beginne schiep Godt den hemel / ende de aerde. 

2. De aerde nu was woest ende ledigh / ende duysternisse was op den afgront: ende de 
Geest Godts sweefde op de wateren. 

3. Ende Godt seyde: Daer zy licht: ende daer wert licht. 

4. Ende Godt sagh het licht / dat het goet was: ende Godt maeckte scheydinge tusschen 
het licht /ende tusschen de duysternisse. 

5. Ende Godt noemde het licht dagh / ende de duysternisse noemde Hy nacht: Doe was het 
avond geweest / ende het was morgen geweest/de eerste dagh." 

Die taal van die Statebybel was plegtig en redelik ver venA/yderd van die omgangstaal van selfs 
geletterde sewentiende-eeuse Nederianders. In stede van die Statebybel se in den beginne is in 
die 17e-eeuse omgangstaal in 't begin gebruik; in stede van woest ende ledigh , woest en leeg ; in 
stede van de Geest Godts , de Geest van Godt , ens. 

Daar is dikwels al beweer dat die Statebybel deurslaggewende invloed op die ontwikkeling van 
Afrikaans gehad het. Maar dit is niks meer as 'n aanname nie, en dit moet met 'n ordentlike knip 
sout geneem word. Hoewel die taal van die Statebybel in verste verte nie so gekunsteld was as 
die van die klerke nie, staan dit tog bale ver van die taalvorm wat wordende Afrikaans heet. 
Verder is daar nog geen werklik diepgaande studie gedoen oor die gebruik, hier by ons, van die 
Statebybel in die 17e en die 18e eeu nie. Ons sal wil weet of die Statebybel in daardie stadium 
wel so algemeen gebruik is as in die 19e eeu, veral as 'n mens daaraan dink dat die kerk swak 
georganiseer was en die mense nie watwonders kon lees en skryf nie. 

Afrikaans het nie ontwikkel uit die deftige, gekultiveerde geskrewe Nederlands van die 17e eeu 
waarvan die taal van Jan van Riebeeck en van die Statebybel voorbeelde is nie. Dit is uit hierdie 
17e-eeuse kultuurtaal wat hedendaagse Standaardnederlands voortgekom het, maar die 
oorsprong van ons taal moet nie hier gesoek word nie. Uit watter 17e-eeuse Nederlandse 
taalvorm het Afrikaans dan ontwikkel? Daarvan gee die oorspronklike naam van ons taal 'n 
aanduiding, naamiik Afrikaans Hollands . In die benaming Afrikaans Hollands was Afrikaans 
oorspronklik 'n byvoeglike naamwoord met die betekenis "van Afrika"; dus "Hollands van Afrika". 
Die Holland waarvan hier sprake is, dui veral op die heel westelike strook van Nederland, van 



Amsterdam suidwaarts. Hier, met name in die onmiddellike omgewing van Amsterdam, le die 
bal<ermat van Afrikaans. Hier is die diaiek van Nederlands gepraat wat Hollands heet. Ek moet 
beklemtoon dat die term Hollands in die uiteensetting wat volg nje sinoniem is met Nederlands 
nie. Hollands is die diaiek van die Nederlandse provinsie Suid-Holland. Naas Hollands is daar 'n 
hele aantal ander Nederlandse dialekte, soos Gronings, Seeus, Wes-Vlaams, Noord-Brabants, 
Limburgs en vele ander. Hulle is nie direk van belang vir die geskiedenis van Afrikaans nie. 

Die Hollandse herkoms van Afrikaans is tot in die fynste besonderhede aangetoon deur 
verskillende ondersoekers, onder wie J. du P. Scholtz (1981) en E.H. Raidt (1991 en 1994). Dit is 
ook belangrik om daarop te let dat ons taal uit 'n omgangstaal, 'n spreektaal, ontwikkel het, en nie 
uit 'n geskrewe kultuurtaalvorm nie. Die voorbeelde hier onder dui albei hierdie aspekte van die 
oorsprong van Afrikaans aan, naamlik dat Afrikaans uit Hollands kom en uit 'n omgangstaal. 
Sommige van die Afrikaanse voorbeelde sal nie aan almal bekend wees nie, omdat hulle 
verouderd of dialekties is. 

1 . In die 1 7e-eeuse Hollandse omgangstaal is sekere woorde met eu en ook met ui 
uitgespreek. Dit is tipies van Afrikaans: kreupel en krmpel, deuntjie en duintjie, sleutel en 
sluitel, geute en guite. 

2. Dit was gewone Hollands om te se: qardyn vir qordvn , lamoen vir lemoen en ravier vir 
riyier. 

3. Die oorgang van laats na laas, van plaats na plaas . q roots na qroos . kwets na kwes . duits 
na duis (in bv. duisman) . Coetzee na Coesee , en muts na mus kom uit die Hollandse 
omgangstaal van die 17e eeu. 

4. In sowel Hollands as Afrikaans word die volgende oorgange aangetref: present word 
persent . sekretaris word sikkertaris . plesier word pelsier . kompliment word kompelment. 

5. Afrikaanse vorme soos karnallie uit kanallie . tornyn uit tonyn , vermeer uit vomeer , 
obsternaat uit obstinaat , visenteer uit visiteer , ianlap uit jalap , pampier uit papier , 
assemblief uit asseblief en mankeer uit makeer is baie ouer as 1 652. 

6. Die uitspraak poeier uit poeder , qoeie uit qoede . braai uit brade en sooie uit sode kom uit 
Hollands. 

Afrikaans het nie uit formele Nederlands (soos die 17e-eeuse kanselarytaal, die taal van die 
Statebybel of moderne Standaardnederlands) ontwikkel nie. Die Standaardnederlandse woord vir 
die soort hoofbedekking wat in Afrikaans 'n mus heet, is muts. Mus is nie 'n vervorming van 
Standaardnederlandse muts wat hier aan die Kaap ontstaan het nie; inteendeel, Afrikaans het 
mus net so uit die Hollandse omgangstaal van die 17e eeu. Dit geld ook al die ander vorme wat 
hier bo vermeld is, soos bv. persent vir present , vermeer vir vomeer , poeier vir poeder . Mus , 
persent , vermeer en poeier het in 1652 aan die Kaap geland, en het nie hier uit formele 
Nederlands ontwikkel nie. 

Die Nederlandse moederdiaiek van Afrikaans is die 17e-eeuse Hollandse omgangstaal. Gelukkig 
is tekste in die omgangstaal voorhande. Die bekendste en bruikbaarste daarvan is die klugte van 
Bredero, wat geskryf is in die taal van die laer sosiale klas in 17e-eeuse Amsterdam. Bredero het 
sy ruwe klante uitstekend geken en teken vir ons, soms banaal maar altyd vermaaklik, 'n 
kleurryke en boeiende wereld. Sy werk het afgesien van groot taalkundige waarde hoe literere 
verdienste ook. Daar is maar bloedweinig Afrikaans-Hollandse tekste uit die 17e en selfs uit die 
eerste helfte van die 18e eeu. Dit is eers van na 1750 af dat daar 'n beduidende versameling 
Afrikaans-Hollandse tekste tot stand gekom het. Hierdie tekste is oor lange jare met die grootste 
sorg uit die groot voorraad van die Kaapse Argief versamel deur mnr. L.C. van Oordt. Hy het 
hiermee aan die historiese ondersoek van Afrikaans 'n onskatbare diens bewys. 

Van die vroegste Afrikaans-Hollandse optekeninge is uit die mond van Koi en slawe. In 'n klein 
klompie gevalle het die betrokke hofklerk die getuienis van 'n Koi of slaaf nie in kanselary- 
Nederlands vertaal nie, maar dit gelaat min of meer in die vorm waarin dit in die hof gelewer is. 
Luister na die volgende voorbeelde. Ten eerste, van 'n Koi uit 1707: "Ons wil dat niet doen." Uit 



1720: "Jongens ons moet allegaar naar Abraham de Clerq gaan ..." In al hierdie gevalle is die 
gebruik van ons en die werkwoordsvorm tipies Afrikaans en onnederlands; vergelyk maar: " Ons 
wil dat niet doen." In Nederlands lui dit: " Wij willen dat niet doen." Verder: " Ons soek kost hier" 
wat in die 17e-eeuse omgangs-Hoiiands sou gelui het: " We soeke kost hier." 

Ons sluit af met 'n uittreksel uit 'n brief van Katryna van As (die weduwee van Jan Karstens en die 
kleindogter van die Van As-stamvader) wat sy in 1727 aan Noach Baker gerig het. Die weduwee 
Karstens is woedend dat Baker beweer het dat haar skape brandsiek het: "Goede vrint noach 
baker /ik laet u weten als dat ik de brief van u ontvanghen het/daer uijt verstaen als dat u mijn 
naegeeft dat mijn scliaepe souw schurft weesen/en gij schrijft mijn als dat gij van de 
slaghterkneght verstaen heeft/ik heb met geen slagtitersknegt te doen maer ik iieb met u te 
doen / nuw is de vraegh of ik mijn sctiaepe souw door een slaghter laete besien volgens u 
scfireijve / daer wij alree heer en meesters tiebe /soo se besien sal woorde soo sal se door mijn 
tieer landtdrost en heemeraede besien woorde maer van geen slaghter ..." 

Katryna se geskrewe Nederlands is glad nie sleg nie, maar juis omdat sy soveel Nederlands 
geken het, is haar brief vir die geskiedenis van Afrikaans nie besonder waardevol nie. Tewens, 
een van die groot probleme in die ondersoek van Afrikaans-Hollandse tekste is om uit die 
Nederlandse omhulsel die Af rikaanse kern uit te dop. 

1.2 Van Hollands tot Afrikaans-Hollands 

In die Kaapse nedersetting het daar reeds in die sewentiende eeu kragte aan die werk gekom om 
aan die Hollands wat daar as omgangstaal oorgeplant is, 'n Kaapse draai te gee en daarvan 
AFRIKAANS-Hollands te maak. Vervolgens word aandag geskenk aan vyf aspekte van die 
verandering waardeur Hollands tot Afrikaans-Hollands omvorm is: ten eerste, die invloed van 
koloniale Nederlands; ten tweede, die else van die nuwe Kaapse omgewing; ten derde, die 
voortsetting van prosesse wat reeds in Hollands aan die gang was; ten vierde, taalbeinvloeding 
en les bes, kreolisering. 

1 .2.1 Afrikaans-Hollands en koloniale Nederlands 

In die uitgebreide handelsryk van die magtige Verenigde Oos-lndiese Kompanjie het, veral die 
bemanning van die magdom skepe, 'n eiesoortige soort Nederlands begin praat. Die seemans- 
of koloniale Nederlands het weliswaar nie grammaties of na die uitspraak veel van die Nederlands 
van Patria verskil nie, maar wel ten opsigte van die woordeskat. Onder andere is woorde aan tale 
ontieen waarmee die VOC-handelaars in aanraking gekom het, soos Portugees en Maleis. 'n 
Pragtige voorbeeld van die seemansinslag van Afrikaans is ons woord kombuis . In Nederland 
heet dit keuken . in Engels kitchen en in Duits KCiche . Die woorde kom almal van Latyn coquina . 
Kombuis is van onsekere herkoms en is in Nederlands van toepassing gemaak spesifiek op die 
keuken van 'n skip. Dit is dus 'n seemanswoord. Ander woorde uit 17e-eeuse seemans- 
Nederlands is kooi, katel . bulsak en katrol . 'n Konstabel was oorspronklik 'n marine-onderoffisier; 
doop , wat 'ontgroening' beteken, gaan terug op 'n 17e-eeuse seemansgebruik. Ons gebruik die 
woord kliE in die sin van Nederlands steen . Engels stone . Duits Stein : klip het beteken 'rots in die 
see'. 

1 .2.2 Die nuwe omgewing 

Die tweede faktor wat Hollands tot Afrikaans help omvorm het, was die else van die nuwe 
omgewing waarin die Kaapse nedersetters teruggekom het. Hulls moes hulle vreemde nuwe 
omgewing onder taal bring, en daarvoor het hulle drie wee gevolg: eerstens, die toepassing van 
Nederlandse name op Kaapse verskynsels; tweedens, die ontlening van benaminge, en derdens, 
nuutvormings in Afrikaans-Hollands. 

Ten eerste, nuwe toepassings: die Nederlandse woord ejf is hier op 'n vis van 'n heel ander orde 
toegepas. Die voels wat in Nederlands en Afrikaans duikers heet, is nie verwant nie. 

Ten tweede, ontlening: Voorbeelde van ontlenings is tjokka uit Portugees en daqqa uit Koi. 

Ten derde is daar dan die Afrikaans-Hollandse nuutskeppinge, waaronder asseqaaihout . 



renosterbos , qrysbok , rooikat en sekretarisvoel . In J. du P. Scholtz (1975) se klassieke en 
boeiende monografie: Naamgewing aan plante en diere in Afrikaans kan meer hieroor gelees 
word. 

1 .2.3 Die voortsetting van Hollandse verskynsels 

'n Derde wysiging wat van Hollands Afrikaans-Hollands gemaak het, is dat Afrikaans-Hollands 
bepaalde prosesse wat reeds in 17e-eeuse Hollands aan die gang was op kenmerkende manier 
voortgesit het. Hiervan kan 'n magdom voorbeelde gegee word, en dit is nogal verbasend om te 
sien hoeveel van dit wat ons as spesifiek Afrikaans beskou reeds in Hollands aanwesig was. 
Afrikaans het die Laan die einde van woorde laat wegval: ons se kas teenoor Nederlandse kast 
(met 'n t op die end), Ng teenoor Nederlands licht , korrek teenoor Nederlands correct : telkens 
ontbreek in die Afrikaanse woorde die t aan die einde van die ooreenstemmende 
Standaardnederlandse woorde. In hedendaagse Hollands en ander nie-Standaardnederlandse 
dialekte val die t ook weg, soos in Afrikaans. Dus moet ons aanvaar dat Afrikaans hierdie 
verskynsel uit 17e-eeuse Hollands geerf het. Maar die proses van t-verlies het in Afrikaans tog 'n 
heel ander verloop gehad as in hierdie Nederlandse dialekte waarin t-verlies ook voorkom. In die 
Nederlandse dialekte is t-veriies tot vandag toe nog aan die gang. Dus gebruik die sprekers nog 
steeds vorme met en sender eind-t naas mekaar. Die kenmerkende van Afrikaans is dat t-verlies 
sy hele verloop geneem het: die proses is dus heeltemal afgehandel, en ons gebruik nie meer 
vorme met en sender eind-t naas mekaar nie; net vorme sonder eind-t, soos kas, lifl en korrek . 
So het bale ander 17e-eeuse Hollandse prosesse hulle eie loop in Afrikaans-Hollands geneem en 
dus bygedra tot die vorming van Afrikaans uit Hollands. 

1 .2.4 Taalbemvloeding 

Die vierde en vyfde wyses waarop Hollands tot Afrikaans-Hollands omgebuig is, naamlik 
taalbemvloeding en kreolisering, is ten nouste venwant aan mekaar. Albei het daarmee te doen 
dat daar in die Kaapse samelewing van die 17e en 18e eeu 'n taalkontaksituasie aanwesig was. 
Die begrip taalkontaksituasie is ook vir vandag se Afrikaanssprekendes nie vreemd nie, 
aangesien ons op hede ook in ons land 'n situasie het waarbinne die sprekers van 'n taamlike 
verskeidenheid tale in kontak met mekaar staan, tale soos Afrikaans, Engels, Zulu, Tswana, Hindi 
en Gujerati, om net 'n paar uit die ryk veskeidenheid te noem. Hoeveel Afrikaans aan Engels te 
danke het - sommige mense sal se: te wyte het - is algemeen bekend, maar ook aan die ander 
tale het ons heelwat ontleen. Daarop word nie nou ingegaan nie. 

Daar was groot taalverskeidenheid in die vroee Kaapse samelewing. Naas gekultiveerde 
Nederlands (binne die VOC en in die Statebybel) en Nederlandse dialekte (soos Hollands) het 
onder andere die volgende voorgekom: verskillende vorme van Hoog- en Nederduits, Frans, 
Maleis, Portugees en Koi. Sekere van hierdie tale was sterker in die vroee samelewing 
verteenwoordig as ander en het gevolglik 'n groter invloed op wordende Afrikaans uitgeoefen. 
Om die invloed wat tale in die vroee Kaap op Afrikaans-Hollands gehad het te weeg, moet twee 
sake in aanmerking geneem word. Ten eerste: onder Afrikaans moet verstaan word nie net 
Standaard Afrikaans of geskrewe Afrikaans nie, maar ook dialekte en veral ook nie-standaard 
dialekte van Afrikaans. Ten tweede: uit hedendaagse Afrikaans kan 'n mens die aard en die 
omvang van die bei'nvloeding in die vroee Kaapse taal gemeenskap net deels bepaal. Ons moet 
dus probeer om soveel moontlik na vroee Afrikaans te kyk. Die belangrikste beinvloedende tale 
in die vroee samelewing was Maleis, Portugees en Koi. 

1.2.4.1 Koi-invloed 

Dit is algemeen bekend dat die Kaapse nedersetters in die 17e eeu met twee tipes Koi te doen 
gekry het: die binne 'n stamverband, en die ontstamdes oftewel Strandlopers. Dit is hoofsaaklik 
uit die geledere van die ontstamdes dat die eerste klompie permanente Koi in die Kaapse 
nedersetting gekom het. Ons lees van 'n groepie van so 50 to 60 Koi wat hulle in die nabyheid 
van die Fort en die Kasteel gevestig het. Hulle is deur nedersetters in diens geneem om hout te 
kap, water te haal en waarskynlik ook kinders op te pas. Die Koi binne stamverband is vroeg 
reeds deur die VOC deel gemaak van die Kaapse ekonomiese stelsel. Hulle het teen wil en dank 
deur die uitgebreide veehandel 'n onontbeertike skakel in die voedselketting geword. Maar die 
Koi sou eers in die 18e eeu in groot getalle in die Kaapse samelewing opgaan. Dit gebeur na die 



Die grootste mate van Koi-invloed dagtekon waarskynlik eers van die 18e eeu af. Dit is nadat die 
Koistamstelsel vernietig is. Toe iiet die nomadiese veeboerstelsel ontstaan. En die 
ontstammende Koi is in die Kaapse samelewing opgeneenn. Reeds in die tyd van W.A. van der 
Stel was die Kaapse samelewing ver buite die grense van die Boland gevestig. 

Twee tale wat 'n heelwat vroeer en dus ook dieper uitwerking op Afrikaans-Hollands gehad het, 
was Portugees en Maleis. Die is gepraat onder die slawe. Hulle het die Kaapse nedersetting van 
1658 af in aansienlike getalle binnegekom. Aangesien Kaapse Portugees deur Maleis be'invloed 
is, kan 'n mens nie altyd onderskei tussen die uitwerking van Kaapse Maleis en Kaapse 
Portugees nie. 

1 .2.4.2 Portugese invloed 

Portugal was die wereldmoondheid van die 16e eeu, en Portugees sou nog 'n eeu langer, tot in 
die 17e eeu, wereldtaal biy. Jan Kompanjie het die Portugese uit bale van hulle ou koloniale 
vestings verdryf en Nederland het baas op see geword. Maar Portugees het nog in hierdie 
gebiede die belangrikste taal gebly. In die Ooste het die Portugese koloniale ryk van die 16e eeu 
bestaan uit Indie, Indonesie, Ceylon en die Filippyne. Die Portugese kolonies in die Weste was 
Brasilie, Mauritius en St. Helena. In Afrika het die Portugese Angola, Guinee en Mosambiek 
besit. Hier oral het die Portugese taal en die Roomse kerk stand gehou. Van groter belang nog 
vir die Kaap was die feit dat Portugal in die 17e eeu nog slawemoondheid gebly het. Bale Kaapse 
slawe het uit Portugeessprekende gebiede gekom soos Angola, Indie en Indonesie. Daar het die 
slawe Portugees as lingua franca, dus algemene verkeerstaal, aangeleer. Dit is bv. interessant 
om te weet dat die eerste twee groepe slawe wat die Kaap aan die einde van Mei 1658 bereik het, 
van Portugese skepe uit Guinee en Angola gebuit is. 

Die tipe Portugees wat uit die koloniale gebiede in die Kaapse nedersetting ingedra is, heet 
Laagportugees. Hierdie gereduseerde of vereenvoudigde koloniale Portugees is gebruik as 
verkeerstaal onder mense wat uit verskillende taalgemeenskappe voortgekom het. Maar daar 
was ok 'n klompie mense wat die Portugese taal en kultuur (en die Roomse Kerk) hulle eie 
gemaak het. Hulle het Portugees as moedertaal gepraat. Hierdie mense is in Indonesie 
Mardykers genoem. Van hulle het ook in die vroee Kaapse nedersetting aangekom. 

Prof. J.L.M. Franken was in lewe professor in Frans aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het 
met groot ywer oor bale jare ons vroee geskiedenis en veral die geskiedenis van ons taal in die 
Kaapse Argief nagevors. Franken (1953) het ingegaan op die teenwoordigheid van Portugees in 
die vroee Kaap. Hy het 'n interessante hofsaak uit 1690 aangeteken waarin verskillende fasette 
hiervan belig word. In die eerste piek blyk dit uit die hofverrigtinge dat die vryswartes (vrygestelde 
slawe) onder mekaar Portugees gepraat het. Die getuie Domingo moet vir die Hollander 
Bouwman folk wat in Portugees gese word. In die tweede pIek het van die aangeklaagdes 
Portugese name: Manuel Perera . Francis Perera en Domingo . In ander hofverslae kom ook 'n 
derde tipe getuienis vir die teenwoordigheid van Portugees voor, naamlik stukkies Portugese 
taalgebruik, soos in 1671: caetioor , wat 'hond' beteken; in 1690 die Portugese vioekwoord 
maaifoedie , en in hofsake van later datum ook langer stukke Portugees. Daar is woorde in 
Afrikaans wat die Kaap uit Koloniale Nederlands bereik het, soos basta en mielies . Afgesien 
hiervan het Afrikaans-Hollands 'n hele aantal woorde regstreeks aan Kaapse Laagportugees 
ontleen, soos: ientoe 'prostituut', kassaat - of kasater - in kasaterwater . maai 'ma' bv. in die woord 
maaifoedie en die uitdrukking in of na sv maai , maaifoedie , nooi of noi, ramkie . tamaai . tarentaal, 
aia . halfkoord , sambreel . Ook 'n hele aantal uitdrukkings wat net by Kaapse vissers bekend is of 
was, soos Baka : die naam van 'n rots, d.w.s. 'die koei', biera 'die omdraai van die treknet', tiappa 
'stadig roei', en ander. 'n Hele aantal Portugese slawename is opgeteken: Antonio . Domingo . 
Emelia . Gracia , Lorenzo . Rodriqo . Rosa , ens. 

Maar Laagportugese invloed het heelwat dieper op Afrikaans-Hollands ingewerk as net die 
woordeskat, en ook die grammatika van wordende Afrikaans is deur Portugese invloed geraak. 
Prof. E.H. Raidt van die Universiteit van die Witwatersrand het bv. in een van haar talle deeglike 
studies aangetoon dat die reel om yir voor 'n voorwerp te plaas aan Laagportugees ontleen is. 
Ons se in Afrikaans: Ons het hom gewaarsku, en hier word die yjr nie gebruik nie, net soos in 



Engels, Nederlands en Duits. Maar ons kan die yir ook gebruik, soos in: 0ns het vir hom 
gewaarsku. Dit is hierdie yir wat aan Laagportugees ontleen is: hy kom nie in Engels, Nederlands 
en Duits voor nie. Luister weer na die twee sinne, die eerste sender en die tweede met die 
Laagportugese yjr: 

Ons het honn gewaarsku. 

Ons het vir hom gewaarsku. 
Let daarop dat Engels net die eerste moontlikheid het, dus: 

We warned him 
en nie die tweede nie: 

We warned for him. 
G.R. von Wielligh (1917) het getuig dat Kaapse Portugees tot in die 19e eeu nog geleef het. 
Luister na die volgende uittreksel. 

"Mij vader koop die plaas Vrijegunst, Achter Paarl; daar werd ek op een April 1859 gebore - dus 
25jaar na die vrijwording van die slawe. Mij Oupa het toe op Vrijegunst bij mij pa gewoon en is 
tussen 80 en 90 jaar geworde, eer tiij gestonve is. 

Die ouman was baing gek naar ons kinders. Hij moes ons egter altijd oor een en ander knor - 
vernamelik als ons blootslioof buite rondloop. Uit pret bestraf hij ons in Portugees, wat ons baing 
mooi gevinde het. Ek was toen omtrent ses jaar oud. 

Uit kinderlike nuwsgierigheid wou ons al weet, waar hij Portugees geleer het. Hij vertel ons dan 
van sij Portugese slawe. Ditprikkel dan ons nuwsgierigheid nog verder en ons wil dan weet wat 
hierdie woord en daardie woord in Portugees is. Nou moet ek tussen twee hakies meedeel, dat 
ek tot nou gin Portugees ken nie, dus wat ek nou gaan meedeel is wat ek aan mij geheue te 
danke het. 

Ons vra: 'Oupa, wat is perd in Portugees?' Waarop hij antwoord Caval . 

Wat is water? - Antwoord Aqua ." 

1.2.4.3 Maleise invloed 

Dit is heel waarskynlik so dat Maleis in die vroee Kaapse samelewing heelwat minder gepraat is 
as Laagportugees. Daar is minder getuienis vir die gebruik van Maleis as omgangstaal onder 
slawe en vryswartes. J.L.M. Franken (1953) het aangetoon dat die eerste vertolking uit Maleis in 
Nederlands gedokumenteer is in 'n hofsaak uit 1713. 'n Minderheid van die 17e-eeuse slawe het 
uit Indonesie in die Kaap gekom. Heelwat meer slawe het gekom uit verskillende dele van Indie 
en uit Madagaskar. Tog moet onthou word dat Maleis in die Ooste 'n besonder belangrike 
verkeerstaal was. Die klein getal Indonesiers aan die Kaap gee daarom nie die korrekte beeld 
van hoeveel slawe en vryswartes Maleis as verkeerstaal gepraat het nie. Hierby kom ook nog die 
felt dat Maleise invloed op Afrikaans deur twee kanale gevloei het: regstreeks uit Maleis, en 
onregstreeks via Maleise invloed op Kaapse Laagportugees. Anders as Portugees het Maleis in 
die Kaapse samelewing al hoe sterker vasgeskop. Maleis is tot redelik onlangs toe in Kaapstad 
gebruik. Aan Maleis het Afrikaans woorde ontleen soos bale , borne, baar (in die sin van 
'ongeleerd'), oorlams en sambal . Verder is daar 'n aantal Maleise leenwoorde wat beperk is 
hoofsaaklik tot die Afrikaans van Kaapse Moesliems, soos babi 'vark', soeda 'reeds', soembainq 
'bid', en lanqqar 'soort moskee'. Die Maleise leenwoord bale is besonder interessant. Dit is die 
een van die mees gebruikte woorde in Afrikaans. Bale laat dus blyk hoe diep en waarskynlik ook 
hoe vroeg Afrikaans deur Maleis bei'nvloed is. Bale het sy Hollandse teenstanders, naamlik seer 
en yeel, omtrent heeltemal verdring. Die woord kom uit Maleis banja en bestaan in Afrikaans 
dialekties nog in presies hierdie vorm, naas banje , en baing . 

Ons woord amper vertoon interessante aanpassing aan Maleis. Amper beteken in Afrikaans 
'byna', maar in Nederlands 'net mooi'. Die Nederlandse sin: 

Er waren amper 50 mensen 
beteken gevolglik: Daar was net mooi 50 mense. Die betekenis van Afrikaanse amper is ontleen 
aan die van 'n Maleise woord, wat merkwaardig genoeg, vormlik bale na aan amper staan, 
naamlik hampir . 



Ook die grammatika van Afrikaans toon Maleise invloed, bv. in die sg. reduplikasie. Reduplikasie 
kom voor in woorde soos een-een . draf-draf . blou-blou . raak-raak en amper-amper . Hulie is 
opgebou uit die verdubbeling van 'n stam, soos een in een-een . Reduplikasie kom in Nederlands 
voor, bv. qauw-qauw . maar uiters beperk. Afrikaans het reduplikasie uit Maleis. Prof. E.H. Raidt 
(1994) het aangetoon dat reduplikasie uitgebreid in Maleis voorkom. 

In Kaapstad en sy onmiddellike omgewing het Maleis horn nog lank laat geld, veral onder die 
Moesliems. Maleissprekendes was leiers onder die Kaapse Moesliems vandat Islam aan die 
Kaap gestig is. Heelparty tipiese trekke van Kaapse omgangs-Af rikaans is aan Maleis ontleen, 
onder andere die di in djy en die tsj in bietsjie . Hierdie verskynsels het tot redelik onlangs toe ook 
buite die Kaapse Bruin Gemeenskap voorgekom. 

1.2.5 Kreolisering 

Kreolisering is vinnige en ingrypende taalverandering binne 'n kontaksituasie. Om hierdie 
belangrike verskynsel in perspektief te kry, gaan 'n vergelyking getref word tussen Jan van 
Riebeeck-hulle en die Amerikaanse Pelgrimsvaders. 

Die bloedige Amerikaanse burgeroorlog van die midde-19e eeu het sy wortels in die 17e eeu, in 
die twee kolonisasies van Amerika. Die eerste Amerikaanse kolonisasie was die vestiging van 
die plantasiesamelewing in die Amerikaanse Suide. Daar is bale slawe gebruik. Die tweede 
Amerikaanse nedersetting was die noordelike kolonisasie in Nieu-Engeland deur die Protestantse 
geloofstryders, die Puriteinse Pelgrimvaders. Vir ons is hierdie noordelike Amerikaanse 
kolonisasie hier van belang. Dit moet 'n ware volksverskuiwing gewees het. Ons lees van ganse 
dorpe in Engeland wat byna ontvolk geraak het. Hele gemeenskappe met meester en dominee, 
bakker en kapper, houtkapper en waterdraer, boer en dorper, grootvee en kleinvee, het letterlik 
met man en muis na Amerika ingeskeep. Luister net na die volgende syfers: in Desember 1620 
kom die Mayflower met 102 mense aan boord in Massachusetts aan. Tussen 1628 en 1640 
vertrek 20 000 Britte op 1 200 vaarte na die nuwe Engeland. In hulle nuwe tuiste was dit vir die 
nedersetters nie nodig om nuwe gemeenskappe te bou nie. Die gemeenskappe het immers 
redelik ongeskonde uit Engeland oorgekom en moes bloot op nuwe bodem voortgesit en fisies 
gehuisves word. Daar was gesinne, gemeentes en dorpsgenote. Vir hulie moes huise, kerke en 
skole gebou en dorpe aangele word. Dit het die immigrante eiehandig gedoen, sonder huurlinge 
uit ander, vreemde gemeenskappe. So sterk was die band tussen ou en nuwe vaderland dat 
daar heel vroeg, in 1636, 'n skrale sestien jaar na die koms van die Mayflower, 'n universiteit 
gestig is. Dit was die beroemde Harvarduniversiteit. Die sterk band tussen ou en nuwe Engeland 
blyk nog duideliker uit die taal. Engels het die trans-Atlantiese vaart onaangetas deurgemaak. 
Die verskil tussen hedendaagse Amerikaanse en Britse Engels is immers minimaal. Verder het 
dit te doen met veranderinge in Britse Engels. Dit is dus nie net Amerikaanse Engels wat 
verander het nie, maar ook Britse Engels. Britse en Amerikaanse Engels verskil hoofsaaklik ten 
opsigte van die uitspraak. Britte en Amerikaners het dus min probleme om mekaar te verstaan. 

Die vestiging aan die Kaap onder die leiding van Jan van Riebeeck het hemelsbreed verskil van 
die in Nuwe Engeland. Saam met Van Riebeeck het 'n bonte versameling mense gekom. Hulle 
was almal Kompanjiesdienaars. Daar was bloedweinig gesinne. Gemeenskappe en ander vorme 
van sosiale organisasie was daar nie. Hulle het van mekaar verskil. Hierdie uiteenlopendheid 
sou lank 'n kenmerk van die Kaapse nedersetting biy. Die verskille het baie gou selfs groter 
geword. Baie slawe is van 1658 af ingevoer. Ook is baie Koi in die Kaapse samelewing 
opgeneem, veral sedert die laat 17e en vroee 18e eeu. Binne en buite die Kompanjie het 
maatskaplike instellings bitter swaar en pynlik stadig aan die groei gekom. Die kroniese tekort 
aan vroue, veral Nederlandstalige vroue, het gesinsbou gestrem. Die kerk was lank herderloos 
en gevolglik swak georganiseer. Van die georganiseerde onden/vys het daar dekades lank bitter 
min tereggekom. Die grootste deel van die samelewing het dus lank ongeletterd gebly. Die hoer 
kultuurvorme soos die toneel, die musieklewe en die publikasiewese het vir alle praktiese 
doeleindes totaal agterwee gebly. Kortom, in die 17e-eeuse Kaap was die toestande vir 
taalkontinuiteit uiters ongunstig. Dit is volkome anders as in Nuwe Engeland. Taal is 'n besonder 
gevoelige sosiale barometer. 17e-eeuse Britse en Amerikaanse Engels het naatloos by mekaar 
aangesluit. Daar was dus 'n baie sterk band tussen Ou en Nuwe Engeland. Maar Hollands en 



Afrikaans-Hollands het vroeg reeds sterk van mekaar verskil. Die verskil het te doen met die 
onkonserwatiewe sosiale omgewing waarbinne Afrikaans-Hollands in die vroee Kaapse 
samelewing moes funksioneer. Die term 'onkonserwatiewe omgewing' slaan daarop dat die 
samelewing aan die Kaap nie bale heg georganiseer was nie. Aan die Kaap het die Hollandse 
tradisie 'n paar flink stampe en stote opgedoen. Dit het neerslag gevind in die taal van die vroee 
nedersetting. 

Die vroee Kaapse samelewing se struktuur was los. Daar was ook bale uiteenlopende mense in 
hierdie samelewing. Dit is dus werklik merkwaardig dat Afrikaans-Hollands nogtans so na aan 
Hollands gebly het. Afrikaans en Nederlands se bande het biy bestaan. Hierdie band tussen 
Afrikaans en Nederlands kan in kenmerke soos die volgende gesien word. Ten eerste, dit was 
Hollands, en geen ander taalvorm nie, wat die taal van die hele Kaapse samelewing geword het. 
En dit is allesbehalwe voor die hand liggend. Hollands het naamlik sterk konkurrente gehad, 
onder andere Maleis en Laagportugees. Die vroegste getuienis dat Afrikaans-Hollands as 
voertaal die oorhand begin kry het, is 'n uitspraak deur 'n baie hoe kokkedoor in die Kompanjie, 
Kommissaris A.H. van Rheede tot Drakenstein. Hy het die Kaap in 1685 besoek. Toe het hy in 
die slawelosie van die Kompanjie 'n vorm van Nederlands onder die slawekinders gehoor. Die 
tweede tipe band tussen Afrikaans-Hollands en Hollands le in die woordeskat. Die woordeskat 
van Afrikaans is vir diep in die 90% Nederlands. Ten derde bestaan daar 'n baie groot mate van 
kontinuiteit ten opsigte van die klankleer en die grammatika. Voorbeelde hiervan is bo bespreek. 
Hier let ons op nog 'n interessante geval van grammatiese kontinuiteit tussen Afrikaans-Hollands 
en Hollands. Die is nog nie bespreek nie. Die voorbeeld het te doen met die piasing van die 
werkwoord aan die einde van die sin. In 'n sin soos die volgende kom die werkwoord loop aan die 
begin van die sin, voor nou en beslis : Jan loop nou beslis. In die volgende geval, na dat, verskyn 
die werkwoord aan die einde van die sin, na nou en beslis . Ons weet dat Jan nou beslis loop. 
Hierdie tipies Nederlandse verskynsel en baie ander het in Afrikaans ongeskonde bewaar gebly. 

Maar daar is ook belangrike verskille tussen Afrikaans en Nederlands. Voorheen is verwys na die 
beinvloeding van Afrikaans-Hollands deur tale soos Maleis en Laagportugees. Hierdie 
beinvloeding het daartoe bygedra om Afrikaans-Hollands van Hollands te laat afwyk. Maar die 
beinvloeding van Afrikaans is geensins die belangrikste verskil tussen Hollands en Afrikaans- 
Hollands nie. Die belangrikste verskille le in die grammatika. Die volgende tipies Nederlandse 
grammatiese verskynsels ontbreek in Afrikaans. Hulle het waarskynlik heel vroeg uit Afrikaans- 
Hollands verdwyn. 

1 . Een tipies Nederlandse verskynsel wat in Afrikaans-Hollands padgegee het, is die 
vormlike verskil tussen werkwoorde in die teenwoordige en die verlede tyd, bv. 
Nederlands: Jan slaapt (teenwoordige tyd) en Jan sliep (verlede tyd) - soos Engels John 
is sleeping . John slept . Afrikaans het hierdie onderskeid net in 'n paar werkwoorde 
bewaar, soos kan - kon . sal - sou en moet - moes . 

2. Verskillende ander werkwoordverbuigings, soos Jan slaapt , Wii slapen . kom in 
Nederlands voor, waar Afrikaans in albei gevalle bloot slaap het: Jan slaap . Ons slaap ; 
ook Nederlands Jan slaapt . om te slapen teenoor Afrikaans Jan slaap . om te slaap . 
Afrikaans het dus deurgaans 'n onveranderlike werkwoordsvorm, naamlik slaap . 
Nederlands het verskillende verbuigings van die werkwoord. 

3. In Nederlands word naamwoorde in twee klasse gegroepeer, die de-klas en die het-klas. 
Melk is 'n de-woord: de melk . Maar brood behoort toe die het-klas: het brood . In 
Afrikaans het hierdie klasse-onderskeid verval. Ons praat deurgaans van die melk en die 
brood . In die voorbeelde de melk en het brood is die tweeklassestelsel toegelig aan die 
hand van die onderskeid tussen die lidwoorde de en het, maar die stelsel werk deur na 'n 
hele aantal ander strukture. 

4. Nederlandse voornaamwoorde kan sowel 'n sg. sterk as 'n sg. swak vorm he. In jouw 
boek kom die sterk vorm jouw voor. In ie boek word die swak vorm je gebruik. Afrikaans 
het een vorm, naamlik jou in bv. jou boek . Hierdie vorm stem ooreen met die historiese 
sterk vorm. 



Hierdie vier belangrike grammatiese verskynsels het uit Afrikaans-Hollands verdwyn. Afrikaans- 
Hollands het dus ingrypend verander. Verder het hierdie ingrypende verandering vinniq 
plaasgevind. Maar hoe vinnig is vinnig? Selfs al sou hierdie ingrypende grammatiese 
veranderinge die voile drie eeue van Jan van Riebeeck af tot vandag geneem het om hulle 
verloop te neem, sou dit nog vinnig gewees het. Maar ons grootste historiese taalkundige, prof. J. 
du P. Scholtz, het hierdie veranderinge gedateer. Die veranderinge was vir die grootste gedeelte 
reeds teen 1 750 afgeloop. Dit is 'n skrale eeu na die vestiging. Nou ja, dit is vinnig. Ekself is van 
mening dat die prosesse vroeer as 1750 reeds in die omgangstaal afgehandel was. Hulle het 
later eers deel geword van die skryftaal wat deur prof. Scholtz ondersoek is. Hoe dit ook al sy, die 
verandering was vinnig. Van stadige of geleidelike verandering was daar geen sprake nie. 
Afrikaans het die vier grammatiese verskynsels waarna hier bo venwys is, dus verloor deur vinnige 
en ingrypende verandering, met ander woorde, deur kreolisering. 

Kreolisering het ons omskryf as vinnige en ingrypende verandering in 'n kontaksituasie, en ons 
het gepraat oor sowel vinniq as ingrypend . Laat ons nou die aandag rig op die taalkontaksituasie. 
Die kontaksituasie waarbinne Hollands in die vroee Kaapse samelewing gefunksioneer het, was 
die rede waarom vinnige en ingrypende verandering in Afrikaans-Hollands plaasgevind het. Die 
klompie Hollandssprekendes wat aan Afrikaans sy Nederlandse beslag sou gee, was in die 
minderheid te midde van die Duitsers, Franse, Skandinawiers, Koi en Portugees- en 
Maleissprekende slawe in hulle midde. Bowendien, soos reeds verduidelik is, het nog die 
Hollandssprekendes nog die res van die gemeenskap 'n noemenswaardige hegte sosiale 
struktuur gehad. Daar was in die vroee Kaapse gemeenskap 'n groot aantal nie- 
Hollandssprekendes teenwoordig. Hulle getal het heel vinnig aangegroei, veral deur die 
vermeerdering van slawe. Hierdie nie-Hollandssprekendes het Hollands gebrekkig aangeleer. 
Bale van hulle was volwassenes. Hulle het die werkwoorduitgange, die naamwoordelike twee- 
klassesisteem en die sterk-swak-onderskeid by voornaamwoorde gereduseer. Verder het hulle 
verskynsels uit hulle eie tale op wordende Afrikaans oorgedra. Hierdie verskynsels is onder 
andere die yir by voonwerpe. Die het uit Portugees gekom: Piet sien w Jan. Die reduplikasie het 
uit Maleis gekom: een-een . aan-aan . speel-speel . Al hierdie verskynsels was in die begin beperk 
tot die taal van vreemdelinge, onder andere slawe. Maar uit die vreemdelingetaal en in die 
besonder die slawetaal het hulle vinnig deur die hele Kaapse taalgemeenskap verbrei. En die 
verbreiding van soveel verskynsels uit vreemdelinge- en slawetaal oor die hele taalgemeenskap 
dui op die groot mate van werkende eenheid wat daar in die vroee Kaapse gemeenskap moet 
bestaan het. Die vroee Kaapse gemeenskap was 'n eenheid ten spyte van die groot sosiale 
verskille tussen slaaf en vryman, blanke en gekleurde, Hollander en vreemdeling. Die hele 
kwessie van sg. gemengde saamwonery en gemengde huwelike in die vroee Kaapse samelewing 
het onlangs groot opslae gemaak na aanleiding van die boek Groep sonder grense deur dr. H.F. 
Heese van die Universiteit van Wes-Kaapland. Hoewel hierdie verskynsel van groot belang is, se 
die feit dat ons vandag 'n taal soos Afrikaans het vir ons oneindig meer oor die vroee Kaapse 
samelewing. Ek kan net hoop dat meer Suid-Afrikaanse geskiedkundiges hulle op die sosiale 
geskiedskrywing gaan toele en die vroee Kaapse samelewing gaan bekyk vanuit die feite in 
verband met die wording van Afrikaans. 

Daar is en was 'n neiging in die Afrikaanse historiese taalkunde om die kontinui'teit tussen 
Afrikaans en Nederlands te oordryf. Een verklaring vir hierdie neiging is dat daar hard geveg 
moes word teen sowel Engelse jingoisme as Nederlandse chauvinisme om Afrikaans as 
kultuurtaal gevestig te kry. Albei hierdie vorme van vooroordeel en benepenheid het die taal as 
kombuistaal gebrandmerk. 

In 'n Afrikaanse taalgeskiedenis van so veertig jaar gelede kom die volgende uitspraak voor: 

"Waar daar sedert dr. Bosman se bestryding van dr. Hesseling se hipotese dat Afrikaans 'n 
mengeltaal was, nog verskil van mening bestaan, is dit by welingeligtes selde nog oor die 
uitgangspunt. Dit word vandag omtrent algemeen aanvaar, meen ek, dat Afrikaans Nederlands is 
wat IN DIE I^OND VAN BLANKES verander het en dus nie 'n geadapteerde taalvorm by fiulle is 
nie. Dit is 'n witmanstaal en fiet ontwikkel saam met die Afrikaanse volk, is selfverworwe eiebesit 
en is nie van krom-sprekers teruggeleen nie. Afrikaans is dus die taal wat Afrikaners self van 



Nederlands gemaak het " 

0ns kan nie nou op al die stellings ingaan wat hier gemaak word nie. Die verwysing na Hesseling 
het te doen met die se gedagte dat Afrikaans 'n mengeling was van Nederlands en sg. Maleis- 
Portugees. Maar hier gaan dit om die stelling dat Afrikaans sg. in die mond van blankes verander 
en saam met die Afrikaanse volk ontwikkel het. Hoe verstaanbaar dit ook al is om Afrikaans 
letterlik te wil wit verf, dit kan nie meer geregverdig word nie. 0ns weet nou meer van ons 
geskiedenis, van taalverandering en van taalkontak. Hierdie skrywer het dit mis gehad. Daar is 'n 
sterk band tussen Afrikaans en Nederlands. 'n Mens sien daarin duidelik die hand van die 17e- 
eeuse Hollandssprekendes. Maar: vreemdelinge van allerlei pigment en taal het 'n beduidende 
bydrae tot die vorming van Afrikaans gelewer. 

Sedert die 17e en 18e eeu het twee uiters belangrike dinge met Afrikaans gebeur: die ontstaan 
van Standaardafrikaans en die verengelsing van Afrikaans. 

2 Die ontstaan van Standaardafrikaans 

Tot aan die einde van die negentiende eeu het Afrikaanssprekendes Engels en Nederlands as 
kultuur- en skryftaal gebruik. In daardie stadium was Afrikaans net 'n omgangstaal en spreektaal 
en het dit nog nie tot kultuur- en skryftaal ontwikkel nie. 

Soos algemeen bekend, het die beweging om van Afrikaans 'n kultuurtaal te maak, teen die einde 
van die negentiende eeu begin, maar dit het eers na die Anglo-Boereoorlog werklik momentum 
gekry. Teen die einde van die tweede dekade van die twintigste eeu het Standaardafrikaans reeds 
sy beslag gekry. Vandag is Afrikaans ten voile gestandaardiseer en kan dit in beginsel op alle 
kultuurterreine, soos die reg, die onderwys, die wetenskap en die media, aangewend word. 

3 Engelse invloed op Afrikaans 

Die Engelse inwerking op Afrikaans het reeds vroeg in die 19e eeu begin. Engelse invloed is 
sonder die minste twyfel die grootste taalveranderingsfaktor wat op die oomblik op Afrikaans 
inwerk. Die impak daarvan kan vergelyk word met die van die kragte wat op 17e-eeuse 
Afrikaans-Hollands uitgeoefen is. 

Engels bemvloed veral die Afrikaanse omgangstaal. Hierdie Engelse invloed is so diepgaande dat 
die hedendaagse Afrikaanse omgangstaal 'n mengeltaal geword het. Daar het 'n kloof ontstaan 
tussen die gemengde Afrikaanse omgangstaal en die min of meer suiwer Afrikaanse 
standaardtaal. Daar kan verwag word dat ook Standaardafrikaans mettertyd onder die druk van 
Omgangsafrikaans al hoe meertekens van Engelse invloed sal vertoon. 

4 Literatuur 

Bosman, Daniel & H.B. Thom (red.). 1952 - . Daghregister gehouden by den oppercoopman Jan 

Anthonisz van Riebeeck.Kaapstad: Balkema. 
Franken, J.L.M. 1953. Taalhistoriese bydraes.Kaapstad: Balkema. 
Raidt, Edith H. 1991. Afrikaans en sy Europese verlede. (Agste uitgawe) Kaapstad: Nasou. 
Raidt, Edith H. 1994. Historiese taalkunde. Studies oor die geskiedenis van Afrikaans. 

Johannesburg: Witwatersrand University Press. 
Scholtz, J. du P. 1975. Naamgewing aan plante en diere in Afrikaans. (Tweede uitgawe) 

Kaapstad: Nasou. 
Scholtz, J. du P. 1981. Taaliiistoriese opstelle. (Tweede uitgawe) Kaapstad: Tafelberg. 
Valkhoff , Marius F. 1 966. Studies in Portuguese and Creole witfi special reference to South Africa. 

Johannesburg: Witwatersrand University Press. 
Von Wielligh, G.R. 1917. "Die laaste snikke van Maleis-Portugees aan die Kaap", oorgedruk in 

Valkhoff 1966:261-264.