Afrikaans Huistaal Graad 8
By:
Siyavula Uploaders
Afrikaans Huistaal Graad 8
By:
Siyavula Uploaders
Online:
< http://cnx.Org/content/colll037/l.l/ >
CONNEXIONS
Rice University, Houston, Texas
This selection and arrangement of content as a collection is copyrighted by Siyavula Uploaders. It is licensed under
the Creative Commons Attribution 3.0 license (http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/).
Collection structure revised: September 11, 2009
PDF generated: February 6, 2011
For copyright and attribution information for the modules contained in this collection, see p. 87.
Table of Contents
1 Kwartaal 1
1.1 Toets jou luistervermoe 1
1.2 Leestekens 7
1.3 Taal 16
1.4 Sosiale geregtigheid 25
2 Kwartaal 2
2.1 Luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes 31
2.2 Verkryging van inligting uit 'n wye verskeidenheid bronne 36
2.3 Tegnieke in geskrewe tekste om spesifieke effekte te verkry 44
3 Kwartaal 3
3.1 Om met taal te werk 51
3.2 Om geskrewe taal in digvorm te verstaan en waardeer 56
3.3 Om met woorde te werk en woordeskat uit te brei 62
4 Kwartaal 4
4.1 Skriftelike weergawe van hoofpunte in 'n teks 75
4.2 Woordeskatuitbreiding 80
Attributions 87
IV
Chapter 1
Kwartaal 1
1.1 Toets jou luistervermoe 1
1.1.1 AFRIKAANS HUISTAAL
1.1.2 Graad 8
1.1.3 Module 1
1.1.4 TOETS JOU LUISTERVERMOE
AKTIWITEIT 1
• Jou onderwyser gaan die volgende stuk aan jou voorlees en dan vrae vra sodat jy jou luistervermoe
kan toets
TEKS A
Reksprong, abseil en nou is daar Zorb
Adrenalien-sport deur Charl Rootman (aangepas uit Die Bylae tot Die Burger)
Die mens het oor die eeue heen nog altyd van speel gehou. Baie mense bou hul lewe rondom die "speletjies"
- goed wat ander kwasi-ernstige mense as tydmors beskou.
Dis veral waar vir adrenalienslawe, wat nie altyd mededingend of ekstreem wil wees nie, maar soms ook
net pret wil he. Dis hoe die uitvinders van Zorb by hul idee uitgekom het - om jou daaglikse dosis adrenalien
op 'n prettige manier in te kry.
Dink net: jy staan bo-op 'n hoe bult met 'n steil grasperk wat tot doer onder by 'n dam voor jou uitstrek.
Langs jou staan iets wat soos 'n reusagtige ronde bal lyk met 'n tonnel na binne. Jy klim in en sien steeds die
mense buite deur die deursigtige wand. Die bal begin stadig rol en jy kry dit reg om saam met die beweging
binne-in te loop. Die bal rol al vinniger, en vinniger, en vinniger. Jy kan nie meer byhou nie en val. Soos
die bal teen die steilte afsnel, hop en bons jy rond binne-in, totdat jy skielik in die water onder stop en kan
uitklim.
Zorb behels dat jy in iets klim wat soos 'n reusagtige, deurskynende strandbal lyk, en dan teen 'n hoe
spoed teen 'n heuwel afrol. Die bal self word 'n Zorb genoem. Dis gemaak van 'n baie sterk, deursigtige
PVC-tipe plastiek en bestaan uit twee lae.
Die deursnee van die buitenste bal is net oor die drie meter en die van die binneste bal amper twee meter.
Die gedeelte tussen die twee lae word vol lug gepomp. Die binneste bal vorm dan 'n kamertjie met 'n tonnel
na buite waardeur jy inklim. Binne het jy 'n lugkussing van 70 cm dik tussen jou en die grond.
1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m23953/l.l/>.
2 CHAPTER 1. KWARTAAL 1
Die bal kan 'n snelheid van tot 50 km bereik, afhangende natuurlik van hoe steil die helling is. Die idee
is dat, soos die bal rol, die persoon aan die binnekant - wat 'n Zorbonaut genoem word - teen die kant
vasgedruk word as gevolg van middelpuntvliedende krag. 'n Mens val dus nie vreeslik rond nie.
Omdat die Zorb so groot is, roteer dit ook slegs een keer elke 10 m.
Ervare Zorbonauts - waarvan daar al meer as 10 000 in die wereld is - se die rollery is 'n bisarre gevoel,
maar dat die stadige rotasie darem verhinder dat jy maklik naar word.
Avontuurlustige Zorbonauts het al talle nuwe uitdagings met hul reuse-strandballe aangepak Soms klim
meer as een ryer per keer in die bal, of die Zorb rol bo-oor mense wat in sy pad le.
Dan is daar ook HydroZorb, waar die bal in die water ingerol word. Die ontwerp veroorsaak dat water
nie in die binneste bal of kamer kan inloop nie, en die persoon binne-in kan dus rondrol sonder om nat te
word.
Die uitvinders van die Zorb beplan ook om binnekort met ExtremeZorb te begin. Deelnemers sal op
interessante maniere met mekaar meeding.
Die Zorb het sy oorsprong in Nieu-Seeland, waar twee entrepreneurs met verskillende ontwerpe geeksper-
imenteer het totdat hulle by die Zorb uitgekom het.
Hoe hulle by die uitsonderlike naam uitgekom het, bly egter 'n raaisel, en dit lyk asof hulle self ook nie
heeltemal seker is nie.
En hul bewerings dat die Zorb gegrond is op van Leonardo da Vinci se vroee ontwerpe . . . wel, dis seker
nie onmoontlik nie.
Maar dis sekerlik 'n verbetering - wat gemak en veiligheid betref - op sy voorloper, waar mense met
groot metaaldromme en motorbande teen steil afdraande afgerol het.
Die Zorb het sedert sy ontstaan vinnig wereldwyd versprei, en die sport word vandag in Amerika, Engeland
en Europa beoefen. Dit word nog nie in Suid-Afrika beoefen nie, maar wie weet, miskien sien jy binnekort
ook die blink strandballe oral in ons land rondrol en hop.
En Zorbonauts wat dit al gedoen het, belowe die adrenalien-inspuiting is nie te versmaai nie.
LU 1.2
Table 1.1
AKTIWITEIT 2
1 Lees nou deur die teks en werk met die volgende vrae wat hoofsaaklik op begrip gerig is.
• BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE DEUR VAN VOLSINNE GEBRUIK TE MAAK. (Jy mag
wel meer as een volsin per antwoord gebruik waar dit nodig is.)
1.1 Se in jou eie woorde hoe 'n Zorb lyk.
1.2Verduidelik so volledig as moontlik hoe die Zorb werk.
1.3 Beskryf hoe 'n rit in 'n Zorb vir die Zorbonaut verloop van die begin af totdat hy in die water tot
stilstand kom.
1.4 Noem twee redes waarom 'n mens nie maklik in 'n Zorb sal seerkry nie.
1.5 Watter twee "speelgoed" was die voorgangers van die Zorb?
1.6 Waarom beskou die skrywer die Zorb as 'n verbetering op hierdie twee goed?
1.7 Hoe ervaar mense wat al in die Zorb gery het, hierdie rit?
• VAN NOU AF GAAN ONS MET 'N KLOMPIE WOORDE / SINSNEDES / SINNE WERK. DIS
NIE MEER NODIG OM IN VOLSINNE TE ANTWOORD NIE
1.8 Wat bedoel die skrywer in par. 1 met die sin: "baie mense bou hulle lewe rondom hierdie 'speelding'"?
1.9 Waarom noem die verteller die Zorb '"n blink strandbal"?
1.10 Haal 'n sinsnede uit die leesstuk aan waaruit jy kan afiei dat niemand juis maklik gaan seerkry met
(binne of buite) 'n Zorb nie.
LU3.6
Table 1.2
AKTIWITEIT 3
Ons (leer) gebruik 'n woordeboek!
• MAAK VAN 'N VERKLARENDE WOORDEBOEK GEBRUIK OM DIE VOLGENDE OPDRAGTE
TE KAN UITVOER.
In die woordeboek (HAT in hierdie geval) staan by adrenalien die volgende:
• "Hormoon uit die murg van die byniere wat die hartfunksie versnel en die klein bloedvate laat saamtrek;
hormoon wat 'n gevoel van opwinding, ekstase laat ervaar."
1.11 Haal uit die leesstuk al die woorde aan waarvan "adrenalien" 'n deel vorm, en verduidelik wat die woorde
beteken.
• Verduidelik nou ook die volgende:
1.12 "kwasi-ernstige mense"
1.13 " - om jou daaglikse dosis adrenalien op 'n prettige manier in te kry"
1.14 "mededingend"
1.15 "ekstreem"
1.16 "deursigtige wand"
1.17 "middelpuntvliedende krag"
1.18 "roteer"
1.19 "bisarre gevoel"
1.20 "entrepreneurs"
1.21 " uitsonderlike naam"
1.22 "dis nie te versmaai nie"
LU 6.1.5
Table 1.3
AKTIWITEIT 4
2 Ons lees in die artikel dat die Zorb die opvolger is van ander pretgoed, soos 'n trekkerbinneband of 'n
metaaldrom waarmee kinders maar altyd teen skuinstes of teen duine by die see afry. Veral kinders is baie
vindingryk en kan maklik so 'n pret-speelding maak uit die eenvoudigste, skynbaar onmoontlikste materiaal.
Dink maar aan 'n sinkplaat of ou stuk karton of hardebord waarmee kinders maklik op 'n sandduin ski, of
'n boomstomp en 'n paar dromme waarmee hulle 'n vlot maak om op water te kan speel.
CHAPTER 1. KWARTAAL 1
• BEREI JOU VOOR OM VIR EEN MINUUT LANK VIR JOU KLASMAATS TE VERTEL VAN
SO 'N PRET-DING WAAROP OF WAARMEE JY AL GERY HET, OF WAT JY EN JOU MAATS
"ONTWERP" HET.
LU 2.5
Table 1.4
1.1.5 Assessering
Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne 'n wye verskeidenheid
situasies te reageer.
Assesseringstandaarde ( ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.2 vir spesifieke inligting luister en gepas reageer.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye verskeidenheid situasies
te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.4 'n verskeidenheid basiese interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings deel te neem;
2.5 mondelinge aanbiedings met redelike akkuraatheid en kreatiwiteit doen.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.4 hoofgedagtes identifiseer en 'n opsomming maak;
continued on next page
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan
bydra;
3.6 begrip van 'n teks en die doel daarvan toon deur die intrige tenia., hoofkarakter ens. te bespreek.
Table 1.5
LU 6 Taalstruktuur en -gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste
te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.2 basiese spelreels gebruik om woorde te spel;
6.1.5 'n woordeboek gebruik om woordeskat na te vors;
6.1.9 antonieme en sinonieme gepas binne konteks vind en gebruik;
6.2 werk met sinne: 6.2.7 die aktief en passief verstaan en gebruik;
6.2.10 leestekens doeltreffend gebruik;
6.4 'n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel.
Table 1.6
1.1.6 Memorandum
1.1.7 AKTIWITEIT 1
TEKS A: Reksprong, Absail en nou is daar Zorb
•
MOENIE DIE MODULE AAN DIE LEERDERS UITDEEL VOORDAT U DIE EERSTE ASSESSER-
INGSTAAK GEDOEN HET NIE - DIT IS DIE EERSTE TAAK IN DIE MODULE.
Sorg dat elke leerder 'n vel papier/werkboek voor hom/haar het om op te kan skryf.
Lees die artikel vir die leerders voor met die volgende opdrag:
U gaan na die leesstuk 15 stellings maak waarop hulle WAAR of ONWAAR moet antwoord - skriftelik - en
waarvoor hulle geassesseer gaan word.
• Lees die stuk stadig en duidelik deur, moenie herhaal nie, ook nie die stellings wat u gaan maak waarop
hulle moet antwoord nie.
Antwoord slegs WAAR of ONWAAR op die volgende stellings. (Maak seker dat jy reg nommer.)
1.1 Zorb is 'n verkorting van Zorbonaut, die eintlike naam van die nuwe speelding. [O]
1.2 Nie alle mense dink daar is geld in sulke soort "speelgoed" soos die Zorb nie. [W]
1.3 Die spoed waarteen jy binne-in 'n Zorb stap, bepaal hoe vinnig dit gaan beweeg. [O]
1.4 Zorb is 'n groot bal met 'n bykans ewe groot tweede bal wat los binne-in rondval. [O]
1.5 Die rit in 'n Zorb kan maar redelik stamperig wees en die ryer val behoorlik rond. [O]
1.6 'n Zorb is so groot en roteer so min dat 'n ryer nie sommer naar word binne-in nie. [W]
1.7 Daar is plek vir meer as een mens in 'n Zorb. [W]
1.8 Die rit met 'n Zorb hoef nie in water te eindig nie; dis selfs moontlik dat die hele rit in die water kan
plaasvind. [W]
6 CHAPTER 1. KWARTAAL 1
1.9 Die naam vir die Zorb is deur Leonardo da Vinci voorgestel. [0]
1.10 Een van Leonardo da Vinci se ontwerpe het moontlik aanleiding gegee tot die ontstaan van die Zorb.
[W]
1.11 Die uiteindelike Zorb is 'n samevoeging van verskillende ontwerpe van twee Nieu-Seelandse ingenieurs.
[O]
1.12 Die ontwerpers van die Zorb beplan 'n interessante kompetisie waar deelnemers op verskillende
maniere teen mekaar sal meeding. [W]
1.13 Zorb word al as 'n sportsoort erken in Amerika, Brittanje en Europa. [O]
1.14 Zorb is, soos reksprong, bedoel om jou adrenalienvlak op te jaag. [W]
1.15 'n Zorb kan redelik skadeloos bo-oor mense ry. [W]
• Die leerders rail hulle antwoordblaaie onder mekaar uit en kontroleer die antwoorde, waarna die punt
(uit 15 of uit 30 - 15 x 2) as 'n persentasie uitgedruk word, waarna u 'n punt uit 4 in die eerste
LU/ASS-blok skryf.
• Wanneer die leerders die teks herlees om daarmee te kan werk, kan u 'n vrywilliger (s) vra om 'n bietjie
te gaan navors oor Da Vinci se ontwerpe - op die Internet, in ensiklopediee, ens. is daar nogal heelwat
inligting. U kan dit selfs oorweeg om hierdie vrywilligers hulle bevindings aan die klas te laat kom
voordra sodat die hele groep meer weet, en dit dan te assesseer as 'n mondelinge respons op die teks.
Dan geld 1.2 net vir die res van die klas.
• U kan selfs, afhangende van die samestelling en agtergrond van die leerders in u klas, oorweeg om Da
Vinci en sy uitvindings 'n hele projek te maak.
1.1.8 AKTIWITEIT 2
1. Groepwerk of individueel, u kan 'n punt toeken. Hoofsaak is dat u die leerders moet leer volsinne maak,
korrek aanhaal, ens.
(Moontlike) antwoorde
1.1 Twee deurskynende "plastiekballe," die een binne die ander. Buite-bal het deursnee van net meer as
3 m; binneste een amper 2 m. Tonnel na binneste bal (wat op die een of ander manier "sluit" aangesien Zorb
waterdig is).
1.2 Ryer klim met tonnel in binneste bal. Zorb word teen steilte afgerol; ryer kan aan begin "saamstap",
maar soos bal vinniger rol, beland hy teen kant. Rit eindig (gewoonlik) in water.
1.3 Ryer stap aan begin saam met rol van bal, soos bal vinniger rol, word hy teen kant vasgedruk, ervaar
dus rol saam met bal. Gelukkig stadig genoeg dat hy nie (kan) naar word. Klim uit nadat bal in water tot
stilstand gekom het.
1.4 Lugkussing keer dat jy teen grond stamp/ Zorb is van plastiek/ geen skerp kante/ kan nie uitval.
1.5 metaaldrom en groot trekkerbinneband
1.6 gemakliker rit, professionele ontwerp - (daar is aan ryer se veiligheid gedink)
1.7 eienaardige gevoel (van in die rondte tol, maar nie so erg dat jy wil/kan naar word daarvan
1.8 mense maak geld uit hierdie soort speel-/pretgoed
1.9 van (kleurlose) plastiek gemaak en deursigtig - sal sekerlik blink as son daarop skyn
1.10 "Zorb rol bo-oor mense wat in sy pad le."
1.1.9 AKTIWITEIT 3
Vir die volgende deel van die oefening moet u leerders se gebruik van die woordeboek assesseer, indien u
wel iets wil assesseer. As u nie genoeg VERKLARENDE woordeboeke in die klas/skool het nie, kan u
leerders in groepe laat werk. U kan natuurlik ook vooraf afdrukke van die betrokke bladsye maak sodat elke
leerder/groep die nodige naslaanbron beskikbaar het.
• Die woorde wat nageslaan moet word, is by elke opdraggie onderstreep.
• Maak seker dat die leerders die betekenis kies/aanpas wat wel binne die konteks van die stuk pas.
• INDIEN U WEL DIE LEERDERS HIER GAAN ASSESSEER, MOET U DIT DUIDELIK STEL DAT
U NIE HULLE WQQRDESKAT GAAN TOETS NIE, MAAR WEL IN WATTER MATE HULLE 'n
WOORDEBOEK KAN GEBRUIK.
1.1.10 AKTIWITEIT 4
2. Gee hierdie opdrag vroegtydig aan die leerders deur. Maak asb. gebruik van die tabelle wat u van die
Dept. af ontvang het om punte toe te ken.
• GEBRUIK HIERDIE PUNT VIR DIE LEERDER SE PORTEFEULJE.
1.2 Leestekens 2
1.2.1 AFRIKAANS HUISTAAL
1.2.2 Graad 8
1.2.3 Module 2
1.2.4 LEESTEKENS
AKTIWITEIT 1
Taal
Leestekens
• BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE NAD AT JOU ONDERWYSER DIE RIGLYNE OOR DIE
GEBRUIK VAN DIE KOMMA, DUBBELPUNT, UITROEPTEKEN, AANHALINGSTEKENS EN
VRAAGTEKEN GEGEE HET.
• Verduidelik die gebruik van die onderskeie leestekens in die volgende sinne uit die leesstuk:
1. Dink net: jy staan bo-op 'n hoe bult
2. Die bal rol al vinniger^ en vinnige^ en vinniger.
3. Soos die bal teen die steilte afsnel, hop en bons jy rond binne-in
4. Die idee is dat, soos die bal rol, die persoon aan die binnekant - wat 'n Zorbonaut genoem word -
teen die kant vasgedruk word.
5. Dit word nog nie in Suid-Afrika beoefen nie, maar wie weet, miskien sien jy binnekort ook die blink
strandballe.
6. En Zorbonauts wat dit al gedoen het, belowe die adrenalien-inspuiting is nie te versmaai nie.
7. die rollery is 'n bisarre gevoel, maar dat die stadige rotasie darem verhinder . . .
• Werk ook deur die volgende taak:Jn waiter van die volgende sinne is die vraagteken verkeerd gebruik
en waarom?
8. Hy vra hoe laat dit is?
9. Hoe laat is dit, vra hy?
10. Is dit al laat genoeg? wil hy weet.
• Skryf die volgende sinne oor met die dubbelpunt, aanhalingstekens en kommas op die regte plekke.
2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m23955/l.l/>.
8 CHAPTER 1. KWARTAAL 1
11. Net toe ek by die deur instap vra Oupa Kan ek asseblief nie die Huisgenoot kry want ek moet nog die
blokkiesraaisel invul. En mfire moet ek dit pos voeg hy by toe hy wegstap.
Spelling
• JOU ONDERWYSER GAAN MET ENKELE SPELREELS RONDOM DIE GEBRUIK VAN DIE
DEELTEKEN, AFKAPPINGSTEKEN, KAPPIE EN KOPPELTEKEN HERSIEN/BEHANDEL.
• Beantwoord daarna die volgende vrae:
• Skryf die volgende woorde korrek neer:
12. oumas
13. oribitjie (dis 'n baie klein soort bok in SA)
14. Du Preeztjie
15. A span
16. heldeontvangs
17. garage-e
18. Terblanche-e
19. Du Toits
20. nommer 5 skoen
21. 10 liter melk
22. 10 liter houer
23. Markotter gedenkboek
24. dieet
25. spieel
26. fmansieel
27. fmansiele
1. .Ma'hulle
29. betaal TV
LU 6.1.2
Table 1.7
AKTIWITEIT 2
Skryf 'n DIALOOG tussen jou en enige van die uitvinders van die Zorb waarin julle 'n gesprek voer oor
die uitvinding
OF
Skryf 'n DIALOOG tussen jou en Leonardo da Vinci waarin jy met horn gesels oor enige van sy uitvin-
dings.
LU 4.1
Table 1.8
AKTIWITEIT 3
TEKS B
• Lees die gedig, Skaatsplankryer deur Petra Miiller, uit Senior Keur, 1992:Tafelberg, en werk deur die
vrae en opdragte en skryf die antwoorde neer.
1 Die enigste "vreemde/onbekende woord in die gedig is "gier" in reel 3. In die HAT (Handwoordeboek van
die Afrikaanse Taal) staan by "gier" die volgende:
gierl, (-e) 1. Enigeen van enkele soorte dagroofvoels, nl. die aasvoels en die kraai. 2. Genadelose,
skraapsugtige mens.
gier2, (-e) 1. Sterk begeerte, drang, drif. 2. Onredelike, wispelturige nuk. 3. lets nuuts, 'n nuwigheid.
gier3, I ww. gegier 1. 'n Skril geluid uiter, skree, gil. 2. 'n Skerp en fiuitende, gonsende geluid maak. II
s.nw. (-e) Harde, skril geluid; skreeu, gil.
gier4, ww. (gegier) 1. a. Skuins ry op 'n brander - van 'n boot of 'n swemmer gese. b. Branderplank ry.
2. In 'n skuins rigting afwyk.
• Besluit watter een (of dalk meer!) van die betekenisse in die gedig pas.
2. Watter klere dra die skaatsplankryer (lees die gedig; moenie na die skets kyk nie!)
3. Waar ry hy met sy skaatsplank?
4. Watter woorde in die gedig beskryf die aksies wat hy op die skaatsplank uitvoer om die skaatsplank
te laat beweeg?
5. Se nou in jou eie woorde wat hy maak om die skaatsplank (vinniger) te laat beweeg.
6. Hoekom staan die deel in reel 2-3 tussen aandagstrepe?
7. Daar kom baie min leestekens in die eerste deel van hierdie gedig voor. Wat noem ons die verskynsel?
8. Verduidelik nou deur op die inhoud van die gedig te let, waarom daar feitlik geen leestekens in die
eerste paar reels is nie.
9. Tot waar in die gedig BESKRYF die verteller die skaatsplankryer en wat hy doen?
10. Verduidelik waarom daar 'n dubbelpunt aan die einde van reel 4 voorkom.
11. Kyk na die rymskema van hierdie gedig.
11.1 Wat merk jy op?
11.2 Wat noem ons so 'n gedig waar daar baie min/geen rymwoorde is nie?
12. Wat bedoel die verteller wanneer hy/sy se dat swaartekrag vir die skaatsplankryer "geen swaarte"
het nie?
13. Watter ander woorde in die gedig sluit by hierdie gedagte aan?
14. Watter soort beeldspraak kry ons in die slotreel waar die verteller die skaatsplankryer 'n "windswael"
noem?
15. Waarom gebruik die verteller juis die beeld? Is ons deur die gedig daarop voorberei (kan ons dus se
die res van die gedig motiveer/ondersteun die keuse)? Verduidelik aan die hand van woorde/sinsnedes in die
gedig waarom jy so se.
16. Waarom spesifiseer die verteller na "windswael" "van die aarde"?
17. Slaag die digter na jou mening daarin om die "boodskap" van die gedig, nl. die vryheid wat die
skaatsplankryer ervaar, suksesvol oor te dra? Verduidelik waarom jy so se.
LU3.6
Table 1.9
10 CHAPTER 1. KWARTAAL 1
AKTIWITEIT 4
18. Kreatiewe reaksie op tekste
Ons het sekerlik al almal op, met of in so 'n "pret-ryding" gery of toertjes gedoen, of aan die een of
ander vorm van adrenaliensport deelgeneem. Beskryf in 'n stelwerkstuk die GEVOEL wat jy tydens so 'n
rit/sprong/toertjie ens. ervaar of ervaar het.
LU 4.1
Table 1.10
AKTIWITEIT 5
TEKS C
MOENIE SO PLOETER, KRY 'N SKOETER
Ryplanke (scooters) is die mees nuwerwetse vervoermiddel en beslis die in-ding op twee wiele. Dit is 'n
topverkoper onder speelgoed. Jy kan nou ryplanke op jou eie webtuiste verkoop en 10% kommissie verdien!
'n Ryplank kos $130, en 10% daarvan is dus $13 - vir jou! Die gewilde Razor kos $95,00.
Rits!!! hierheen en Rits!!!!! daarheen - die ryplank is hier en stadig besig om Suid-Afrika oor te
neem!
Volgens mnr Len Bradford bestuurder van Surf Wearhouse in Bellville is ryplanke 'n nuwe gier wat
Amerikaners Australiers en die Britte in vervoering het en waarvan die gewildheid ook in Suid-Afrika aan
die toeneem is.
"Enige mens ouer as drie jaar en jonger as honderd jaar kan die ryplanke ry! Hulle is baie veiliger as
skaatsplanke en jy hoef nie met beskermingsklere aan te ry nie," het hy verlede week vertel.
Van die waaghalse en avontuurlustige ryplank-liefhebbers beoefen van die toertjies van skaatsplankryers.
"Die groot rede waarom mense die ryplank gebruik, is vir pret! Ryplanke is soos 'n fiets of 'n skaatsplank,
net veel veiliger en nog lekkerder!" val hy ons opgewonde in die rede.
Die ryplanke word uit Amerika bestel en deur agente in Suid-Afrika verkoop. Daar is 'n verskeidenheid
make van die rygoed.
Van die make wat daar is, is die SL-1, die JD BUG en die Avalanche. Ryplanke kan enigiets van R400
tot meer as R1000 kos.
Een van die aantrekkingskragte van die gewilde tweewiel-ryding is dat dit heeltemal opvoubaar is. "In
Engeland ry mense met hulle ryplanke na die stasie, vou dit eenvoudig toe en ry dan trein tot by die volgende
stasie. Daar vou hulle weer die ryplank oop en ry verder werk toe!" het Len verduidelik.
In hierdie opsig is ryplanke 'n veilige en handige (en goedkoper) vervoermiddel.
Nog 'n lokaaspunt van die klanklose bromponie sonder enjin is dat meisies nie agteroor hoef te sit nie.
"Meisies kan ook ry. Dis gewoonlik die seuns wat altyd so vinnig soos die hel wil ry," het Len gese.
Seuns wat van spoed hou, kan 'n "redelike" spoed teen 'n afdraand kry.
"Die ryplanke verkoop soos soetkoek. Daar is seker meer as 5 000 ryplanke die afgelope seisoen in
Suid-Afrika verkoop sedert die gier hier posgevat het. Dis die ideale Kersgeskenk," volgens Len.
(Aangepas uit die Bylae tot Die Burger)
1. Beantwoord die volgende vrae oor die gegewe leesstuk streng volgens die opdragte.
• BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE ELK IN EEN GOEIE VOLSIN:
1.1 Noem twee redes waarom mense 'n ryplank aanskaf. (3)
1.2 Waarom is 'n ryplank 'n geskikte vervoermiddel vir werkers in 'n stad? (3)
• DIS NOU NIE MEER NODIG OM VOLSINNE TE SKRYF NIE.
11
1.3 Wat beteken dit om te "ploeter" (die woord staan in die opskrif)? (2)
1.4 Wanneer kan cms se iets is 'n "in-ding" (par. 1)? (2)
1.5 Se in jou eie woorde wat dit beteken as iemand "rits". (2)
1.6 Waarom is die eerste deel van par. 2 donker gedruk met so baie uitroeptekens? (2)
1.7 Haal VIER opeenvolgende woorde uit die leesstuk aan wat 'n ryplank beskryf. (2)
1.8 Waarom plaas die skrywer die woord "redelike" in die tweedelaaste paragraaf in aanhalingstekens?
(2)
1.9 Verduidelik wat "kommissie" (par. 2) is. (1)
1.10 Se wat 'n "agent" doen (par. 7) (1)
[20]
LU 5.2.2
Table 1.11
AKTIWITEIT 6
Opsomming
• LEES WEER DIE LEESSTUK EN MAAK 'N LYS VAN AL DIE VOORDELE VAN RYPLANKE
WAT IN DIE STUK GENOEM WORD. SKRYF ELKE VOORDEEL IN 'N APARTE REEL. DIT IS
NIE NODIG OM VOLSINNE TE MAAK NIE.
LU3.4
Table 1.12
1,2,5 Assessering
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.4 hoofgedagtes identifiseer en 'n opsomming maak;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan
bydra;
continued on next page
12 CHAPTER 1. KWARTAAL 1
3.6 begrip van 'n teks en die doel daarvan toon deur die intrige tenia., hoofkarakter ens. te bespreek.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 verskeidenheid verbeeldingstekste skryf;
4.2 'n verskeidenheid feitelike skriftelike tekste vir verskeie doeleindes lewer;
4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en
gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.2 gebruik taal om te ondersoek:5.2.2 taal gebruik om te ondersoek en opsies te oorweeg.
LU 6 Taalstruktuur en -gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste
te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.2 basiese spelreels gebruik om woorde te spel;
6.1.5 'n woordeboek gebruik om woordeskat na te vors;
6.1.9 antonieme en sinonieme gepas binne konteks vind en gebruik;
6.2 werk met sinne: 6.2.7 die aktief en passief verstaan en gebruik;
6.2.10 leestekens doeltreffend gebruik;
6.4 'n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel.
Table 1.13
1.2.6 Memorandum
1.2.7 AKTIWITEIT 1
3. Behandel die volgende aspekte baie kortliks voor die leerders die vrae by hierdie oefening beantwoord.
Dis ter wille van vaslegging tog sinvol om die opsies te herhaal wanneer u die leerders se werk nagaan.
LEESTEKENS
riglyne by gebruik van komma
tussen gesegdes (werkwoorde wat nie saam een aksie/handeling uitdruk nie)
by lyste wat opgenoem word
voor sekere voegwoorde (maar, want, ens.)
by ingevoegde/parentetiese sinne (toets hiervoor: die inligting verander nie as ek die deel weglaat nie)
voor/na tussenwerpsel
riglyne by gebruik van aanhalingstekens
• direkte rede
13
• titels van publikasies
• woord wat in ander verband gebruik word/betekenis nie die normale
• iemand se direkte woord (e) in stuk aanhaal
enkel-aanhalingstekens
• enkel-aanhalinsgsteken word gebruik binne 'n aanhaling
riglyne by gebruik van uitroepteken
• aan einde van sin waar sekere emosie uitgedruk word - woede, opgewondenheid, harde woorde
riglyne by gebruik van vraagteken
• slegs na direkte vraag
• by retoriese vraag (waar antwoord in vraag opgesluit le: Dink jy ek is onnosel?)
riglyne by gebruik van aandagstreep
• voile sin of sinsnede binne sin
• maak leser dikwels attent op inhoud van deel
riglyne by gebruik van dubbelpunt
• voor lys wat gegee word
• aanduiding dat verduideliking/opsomming volg
• voor direkte rede
1. dui aan dat uitbreiding/verduideliking volg
2. lys woorde/herhaling van die woord
3. tussen twee gesegdes (werkwoorde wat nie na dieselfde handeling verwys nie)
4. weerskante van ingevoegde sinsnede
5. voor maar, asook na tussenwerpsel
6. tussen gesegdes
7. voor maar
8. Moenie? kry; dis nie 'n direkte vraag nie
9. Soos 1.3.9 - dis mos nie sy direkte woorde nie - nie aangehaal
10. Korrek; direkte vraag
11. Net toe ek by die deur instap, vra Oupa:"Kan ek asseblief die 'Huisgenoot' kry, want ek moet nog
die blokkiesraaisel invul. En mfire moet ek dit pos," voeg hy by toe hy wegstap.
SPELLING
Dis sekerlik nie nodig dat u alle spelreels met die leerders behandel nie; die onderstaande klompie is na
my mening voldoende op graad 8-vlak. Lg asseblief klem daarop dat die reels nooit in die eksamen gevra
gaan word nie, maar dat kennis van die reels beteken dat 'n leerder ook in ander gevalle die reel (waarskynlik)
sal kan toepas.
ees (en dus verstaan)
Spelreels by kappie
slegs op enkele vokale: o u, i - om 'n bepaalde klankkarakter uit te druk: bv: more, brue, wie
by e wanneer dit 'n lang klank uitdruk - (bv.: miljoener, sker, ver/ver) NB kom nie voor wanneer
die klank in 'n lettergreep gevolg word deur meer as een konsonant nie: perd, werd, ens. Spelreels by
koppelteken
tussen vokale SLEGS wanneer daar klankverwarring kan wees
by baie lang woorde
14 CHAPTER 1. KWARTAAL 1
• na langer voorvoegsel ("kwasi-ernstige")
• tussen syfer, letter, simbool, letterafkorting in samestelling (gr. 8-klas, A-kandidate) Afkorting/simbool
behou hoofietter wanneer dit aan einde staan: TV-lisensie, aspirant-PUK
• herhalingsvorme: byna-byna, dum-dum-koeel
• by-hulle: Piet-hulle
• ruimtekoppelteken / weglatingsteken om aan te dui dat daar 'n woord(deel) moet wees: kinder- en
mansdrag, Spelreels by afkappingsteken
• aanduiding dat letter(s) weggelaat is: 'n, hy's,
• meervoude en verkleiningsvorme van WOORDE wat op -i, -o, -u eindig wat so uitgespreek word, en
ook op -a wat lank uitgespreek word: balju, okapi, kambro, karba
• meervoude en verkleiningsvorme van woorde op -e wat nie uitgespreek word nie: garage
• meervoude en verkleiningsvorme van VANNE en EIENAME wat op -e -rs en -e eindig wat nie uitge-
spreek word nie [NB 't, -z, en alle ander moontlikhede geld nie]Spelreels by deelteken
• skakel klankverwarring uit wanneer letters TWEELETTERGREPIG gelees kan word: diete, maar NIE
dieet nie; finansiele, maar nie finansieel nie
• dikwels a.g.v. tradisie: spieel
12. oumas
13. oribi'tjie
14. Du Preeztjie
15. A-span
16. heldeontvangs (ook helde-ontvangs) maar dan nie a.g.v. moontlike verkeerde uitspraak nie, eerder
makliker lees
17. garage'e
18. Terblanche'e
19. Du Toits
20. nommer 5-skoen
21. 10 liter melk (hoeveelheid liters word aangedui)
22. 10-liter-houer/10-literhouer (aanduiding van grootte)
23. Markotter-gedenkboek
24. dieet (geen klankverwarring moontlik
25. spieel (tradisioneel so gespel, hoewel ons dit net soos spier uitspreek
26. finansieel (geen klankverwarring moontlik)
27. finansiele
28. Ma-hulle
29. betaal-TV
1.2.8 AKTIWITEIT 2
Bepaal asb. self die lengte van die skryfstuk, puntegewig, datum van inlewering. Laat die leerders die
raamwerk van die dialoog in groepsverband of individueel doen. Dalk 'n nuttige stuk vir die portefeulje.
• PLAAS IN PORTEFEULJE AS KREATIEWE SKRYFWERK: KORTER STUK/DIALOOG
1.2.9 AKTIWITEIT 3
TEKS B: Skaatsplankryer
• Behandel eers die gedig sonder om na die vrae te verwys.
15
Memorandum
1. Betekenis 1.1 - sweef; 2.1 effens buite konteks, maar tog haalbaar 4.1
2. Denimklere (die skets wys valhelm ens., maar dit staan nie in gedig).
3. teen 'n helling "afdraandpad"
4. "knoop" "ontknoop" "maak arms oop" "gier"
5. Beweeg met sy bene/trap kruis en dwars oor skaatsplank, swaai arms voor, agter en aan weerskante
van hom verby (lyk of hy horn vasknoop en dan weer losknoop), sprei arms asof hy wil vlieg, staan dan
laastens doodstil met oop arms op voortsnellende plank.
6. Ingevoegde sinsnede/verteller wil ons aandag vestig op die ekstase, gevoel van die ryer. Terselfdertyd
'n belangrike aanduiding van "rede"/"boodskap" van gedig. (Met hierdie inligting sal u sekerlik moet help.)
7. enjambement
8. Gedig lees vloeiend, sonder stiltes/onderbrekings - versterk beeld van ryer wat vloeiend beweeg.
9. "gier (bevry)" r. 4 (Gesels met die klas - indien u 'n skerp groep het - oor of "bevry" steeds beskryf,
en of dit nie dalk al oorgaan na toepassing nie.)
10. Lei klimaks/toepassing in.
11.1 (feitlik) geen rymende woorde; miskien wel r. 1 en 5
11.2 vrye vers
12. Hy beweeg asof die aarde se AANTREKKINGSkrag (wat mense vashou) nie op hom 'n invloed het
nie.
13. "vaart" en "gier" ook "bevry" en "-windswael"
14. metafoor
15. Wil iets van vry word, beweeg asof niks hom vashou nie, uitlig. Ja - kyk 2.6.2.
16. Die seun word nooit werklik vry, los van die aarde nie, moet die hele tyd op die aarde beweeg en nie
soos swael in die lug nie.
17. Meestal ja, met die antw. van 2.6.2 as motivering. NB ook die woord "bevry" net voor die dubbelpunt
is van belang. Ander siening met motivering moet ook aanvaar word.
1.2.10 AKTIWITEIT 4
18. Ook by hierdie stelwerkstuk moet u self die lengte en puntegewig bepaal, die leerders met die
raamwerk help en 'n datum vir inlewering vasstel. Stel dit duidelik dat u veral soek na beskrywing van
emosie/gevoelservaring. Leerders mag selfs hulle ervaring beskryf die eerste keer toe hulle fiets gery het.
• PLAAS IN PORTEFEULJE AS KREATIEWE WERK: LANGER SKRYFSTUK.
1.2.11 AKTIWITEIT 5
TEKS C: Moenie so ploeter, kry 'n skoeter
1. WANNEER U MET HIERDIE TEKS BEGIN WERK, is die eerste opdrag hier die beantwoording
van die stuk as begripstoets. Die leerders moet dus die stuk individueel
stillees en die gegewe vrae daaroor individueel skriftelik beantwoord. Die antwoorde moet u verkieslik
self aan die hand van die onderstaande memorandum assesseer.
1.1 Ryplanke is groot pret, maar kan ook nuttig gebruik word om mee oor die weg te kom. (3)
1.2 Dis opvoubaar (kan selfs gedra word), gebruik min plek en 'n mens hoef dan nie te loop nie. (3)
1.3 swaarkry, sukkelend oor die weg kom (2)
1.4 iets wat gewild is, wat jy moet he as jy in die tel wil wees (2)
1.5 vinnig rondbeweeg (2)
1.6 druk opwinding uit (2)
1.7 "klanklose bromponie sonder enjin" (2)
1.8 Nie almal verstaan die woord dieselfde nie - wat vir een mens (redelik) vinnig is, is vir 'n ander stadig.
(2)
16 CHAPTER 1. KWARTAAL 1
1.9 'n deel van die verkoopsom wat die verkoper ontvang (1)
1.10 mense wat namens maatskappy produk verkoop (1)
• U KAN OOK HIERDIE STUK IN DIE PORTEFEULJE GEBRUIK: GESKREWE IND. RESPONS
OP TEKS.
1.2.12 AKTIWITEIT 6
2. Behandel met die leerders eers die basiese werkwyse by opsomming. Let daarop dat hierdie opsomming
'n puntsgewyse (en baie basiese soort) opsomming is. Moenie in te veel detail ingaan wat nie hier ter sake
gaan wees nie. ASSESSEER ook hier die leerders individueel.
1.3 Taal 3
1.3.1 AFRIKAANS HUISTAAL
1.3.2 Graad 8
1.3.3 Module 3
1.3.4 TAAL
AKTIWITEIT 1
Taal
Eerstens weer so 'n paar LEESTEKENS.
3.1 Skryf die paragraaf wat begin met: "Die groot rede waarom . . ." oor soos jy Len se woorde (en
stemtoon/houding ens.) aan iemand anders sal oordra.
3.2 Skryf die sin wat begin met: "Volgens mnr. Len Bradford . . ." woord vir woord oor en voeg die
korrekte leestekens in.
Afleidings
• In die woordeskat van Afrikaans kom baie woorde voor wat van dieselfde woord afgelei is, maar 'n heel
ander betekenis het. Julie is bv. leerders, 'n woord wat van LEER afgelei is. Maar ook leraar en
verleer kom van dieselfde woord, wat ons die STAM noem, af. Meer nog: 'n leerder is iemand wat leer,
en daarom se ons dis 'n persoonsvorm.
3.3 Lees nou weer deur die leesstuk en skryf verskillende persoonsvorme sowel as die STAM van elkeen
neer.
3.4 Water ander woorde kan jy maak met die STAM Me wat jy by 3.3 uitgehaal het?
Sinonieme en Antonieme
• In die woordeskat van enige taal (en in ons geval Afrikaans) kan ons sekere woorde met mekaar vervang
of byna vervang sonder dat ons werklik aan die betekenis verander. Woorde waarmee ons ander kan
vervang, noem ons sinonieme.
• Maar dis nie altyd so eenvoudig nie: woorde het betekenis, en ons heg sekere betekeniswaarde aan
woorde, sodat ons baiekeer se 'n woord is beledigend ens. bedoel. Jy gaan bv. nie baie daarvan hou as
jou ma vir gaste se: "Dis my oudste seun; hy is 'n oulike vent" nie, want vent het in die meeste gevalle
'n negatiewe betekenis.
•
GAAN SOEK NOU IN DIE LEESSTUK SINONIEME VIR DIE VOLGENDE WOORDE (DIE LYS
IS NIE IN VOLGORDE SOOS DIT IN DIE LEESSTUK VOORKOM NIE):
3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m23960/l.l/>.
17
3.5 sukkel
3.6 groei
3.7 snelheid
3.8 nuwigheid
3.9 kerjakker
3.10 populariteit
3.11 moderne
• KOM ONS KEER NOU DIE OEFENING OM! DIE VOLGENDE KLOMPIE WOORDE STAAN IN
DIE LEESSTUK. JY MOET NOU (JOU EIE) SINONIEME DAARVOOR GAAN SOEK.
3.12 beslis (par. 1)
3.13 make (par. 7)
3.14 eenvoudig (par. 9)
3.15 handige (par. 10)
3.16 seker (par. 13)
• Net so kry ons in alle tale woorde met 'n teenoorgestelde betekenis, wat ons ANTONIEME noem (anti-
beteken mos TEEN). Antonieme werk op verskillende maniere: so bv. is MAN die enigste antoniem
vir VROU, ROOI kan nie werklik 'n antoniem he nie, maar wanneer 'n ding ROOI is, kan dit nie WIT
of SWART of GEEL of enige ander kleur wees nie. As ek nie KWAAD is nie, kan ek VRIENDELIK
wees, of TEVREDE of RUSTIG, of AFGEKOEL, wat almal 'n ander toestand uitdruk.
• Maar kom ons werk vir eers net met een soort ANTONIEM.
• GAAN WEER NA DIE LEESSTUK TOE EN GEE ANTONIEME VIR DIE VOLGENDE WOORDE
(JY MOET NOU KYK IN WATTER BETEKENIS OF KONTEKS DIE BEPAALDE WOORD GE-
BRUIK WORD SOD AT JY 'N GOEIE ANTONIEM GEE):
3.17 nuwerwetse (par.l)
3.18 toeneem (par. 3)
3.19 veiliger (par. 4)
3.20 waaghalse (par. 5)
3.21 handige (par. 10)
3.22 gewoonlik (par. 11)
• 'n Laaste opmerking oor woorde: Dit gebeur dikwels dat mense nie die presiese betekenis van 'n woord
ken nie of dit met 'n ander woord verwar, met die gevolg dat hulle dan daardie woord verkeerd gebruik
omdat hulle dink dit beteken iets anders as wat dit werklik beteken. Dink maar aan 'n woord soos
OPGESKEEP sit (met iets wat jy nie wil he nie), en OPGESAAL (word met iets - met ander woorde
nog werk bykry) . Mense gebruik dikwels die uitdrukking: Ek sit opgesaal met hierdie nuttelose geskenk.
• Net so gebeur dit dat mense twee woorde ken wat byna dieselfde beteken, en dan daardie woorde
saamvoeg asof dit korrek is so.
• IN DIE LEESSTUK IS DAAR TWEE SULKE WOORDE SOOS WAT IN DIE VORIGE TWEE
PARAGRAWE VERDUIDELIK IS:
3.23 "aantrekkingskragte " in par. 9, wat 'n ander betekenis het as wat die skrywer dink en
3.24 "lokaaspunt" in par. 11, wat 'n samevoeging van twee of dalk meer woorde kan wees wat dalk
dieselfde kan beteken.
• GESELS IN JULLE GROEPE EN VERVANG NOU ALBEI HIERDIE WOORDE MET 'N GOEIE
EN RAAK WOORD SODAT DIE BETEKENIS DUIDELIK OORGEDRA WORD.
18
CHAPTER 1. KWARTAAL 1
LU 6.1.9
Table 1.14
Bedrywende en Lydende vorm (aktief en passief )
• In alle tale word normale sinne op 'n spesifieke manier gebou. In Afrikaans bestaan 'n "normale"
eenvoudige sin gewoonlik uit 'n doener, die handeling (en, indien nodig) die een op wie die handeling
gedoen of toegepas word. Bv. Ek eet (my kos). Ons se so 'n sin staan in die BEDRYWENDE VORM
of AKTIEF, aangesien die doener en die handeling uitgedruk word.
• Maar soms is die doener nie so belangrik nie, of dis nodig om horn so effens weg te steek sodat die
handeling voorop staan, bv. "Die ryplanke word ingevoer" (die doener is dan nie so voorop in die
prentjie nie, of meer PASSIEF, en daarom noem ons die vorm dan ook die LYDENDE VORM of
PASSIEF).
• Enkele riglyne rondom hierdie twee vorme is die volgende:
Die doener in die BV = "deur
" in die LV
Teenwoordige tyd in die BV = "word + ge-" in die LV
Verlede tyd in die BV = "is + ge-" in die LV (ons PRAAT dikwels van "was gedoen" dalk ter wille van
nadruk ens., maar dis steeds verkeerd om so te skryf
Dis dikwels nie nodig om die doener in die BV in die LV te noem nie: "Hulle se dit gaan reen" word
gewoon " Daar word beweer (dat) dit gaan reen."
Dis nie moontlik om alle sinne na die lydende vorm om te skakel nie (of omgekeerd)
• VOER NOU DIE VOLGENDE OPDRAGTE UIT:
• Skryf die volgende sinne in LYDENDE VORM
3.25 Van die waaghalse en avontuurlustige ryplank-liefhebbers beoefen van die toertjies van skaatsplankryers.
(Begin jou antwoord met: "Die toertjies . . .")
3.26 Die groot rede waarom mense die ryplank gebruik . . . (net hierdie deel van die sin)
• En hierdie klompie in die BEDRYWENDE VORM
3.27 Die ryplanke word uit Amerika bestel en deur agente in Suid-Afrika verkoop.
3.28 Daar is seker meer as 5 000 ryplanke die afgelope seisoen in Suid-Afrika verkoop.
3.29 . . . dat dit heeltemal opvoubaar is (weer net hierdie deel van die sin).
LU 6.2.7
Table 1.15
AKTIWITEIT 2
4. Skryf 'n amptelike brief aan die stadsraad/munisipaliteit (Die Munisipale Bestuurder) waarin jy 'n
versoek rig dat 'n terrein ontwikkel word waar kinders van die omgewing met hulle skaatsplanke, rollemme
en wat ook nog, veilig en ongesteurd kan kom speel, toertjies uitvoer ens. Onthou dat jy die Bestuurder
moet oortuig met argumente. Gebruik jou eie papier.
19
LU 4.2
Table 1.16
TEKS D
('n Fragment uit "Nader kennismaking 1" in Patrys hulle deur EB Grosskopf (JL van Schaik, 1965)
'n Ander slag het Patrys besluit om 'n vliegtuig te maak. Toe hy alles mooi agtermekaar het, het daar
nog een katrolwiel makeer. Waar kan 'n mens horn vandaan kry? Eindelik skiet 'n pragtige gedagte hom te
binne: die groot wiel van Ma se naaimasjien! Dadelik word die skroewedraaier uit sy pa se gereedskapkas
gehaal, en fiuks aan die werk. Die oumense was gelukkig albei weg en sou nie voor sononder terug wees nie,
want hulle was weg met die kar om te gaan kuier by oom Bartel, wat 'n uur buite die dorp woon.
Die ding het moeilik gegaan, want die skroewe was baie vas, en dan gly die ellendige skroewedraaier
ook ewig af. Die verf van die masjien ly wel 'n bietjie skade; maar wat is dit vergeleke met die vername
onderneming? Eindelik is die wiel losgeruk; nou aan die groot werk! Die spul is na 'n bietjie sukkel mooi
agtermekaar: die vlerke staan deftig uit aan weerskante, die skroef (of "propeller," soos hy dit genoem het)
lyk glad nie te sleg nie, al is hy maar uit 'n ou sinkplaat gekap met die houtbyl en sommer met die hand reg
gedraai. Die vlerke is gemaak van ou stukke goiingsak, met 'n raamwerk van dik draad van 'n agste duim;
die hele spul lyk wel 'n bietjie swaar vir die perdekrag wat 'n paar hande kan produseer, maar Patrys het
gehoor dat die lug in die onderveld baie dunner is as die lug langs die seekus. Nou wel, as die lug hierlangs
ligter is, moet dit mos makliker gaan om deur so 'n lug te kom, nie waar nie? Veiligheidshalwe het hy ook
Hans se opinie gevra oor die saak, en die het dadelik die waarheid van hierdie wetenskaplike feit ingesien.
En nou die groot proefneming. Patrys het alles al haarfyn uitgedink. Klim hy op die kombuisdak en trek
hy van daar af weg, dan vang die vlerke van sy vliegtuig maklik 'n tak van die vrugtebome wat daar naby
staan, en dan beskadig hy miskien 'n boom - en hy onthou die strop nog goed. Van die koeistal af is dit ook
nie wenslik nie, want moontlik skrik die kalf en verwurg - dus sal hy maar van die spits dak van die huis self
af wegvlie. Maar hoe kom hy daar met sy masjien? Na beraad besluit hy om outa Moos se hulp in te roep.
Dadelik hardloop hy na die ou se kamer. Hy is nie daar nie - dus sal hy natuurlik in die tuin rondvroetel.
Ja, daar staan hy ook en krap 'n onkruidjie uit.
"Outa Moos, is jy baie besig?"
"A ja, my basie, ekke werk vandag weer banja hard."
Nou, Outa moet my asseblief eers help, toe, Outa?"
"Waarmee, my kleinbasie?"
"Ek wil he jy moet my help om 'n ding op die dak te sit."
Outa Moos kyk agterdogtig op. Die vabondse kleingoed het somtyds 'n lelike onhebbelikheid om die ou
vir die gek te hou. "Dis mos nie pampoentyd nie," sg hy.
"Nee, Outa, ek wil nie pampoene op die dak pak nie; ek wil 'n ander ding daar bring. Jy weet mos
daardie ding wat ek die afgelope paar dae daar in die pakkamer gemaak het, ne?"
"Ja, my basie?" en die ou lyk belangstellend, want hy was al baie nuuskierig om te weet wat op aarde
daardie ding moet wees; 'n nuwe soort planter, of iets om vrugte op te droog.
"Nou ja, outa Moos, ek gaan met hom vlie."
"He, my kleinbasie?" Die ou kan sy ore nie glo nie.
"Ja, vlie soos 'n voel," se Patrys.
"Hegge-hegge-hegge-hegge," lag ou Moos sy snaakse hoeslaggie. "My kleinbaas wil al weer grap maak met
ou Moos, ne?"
Patrys word ongeduldig. "Nou ja, kom help gou, dan sal jy self sien."
Kopskuddend volg Moos. Sowat het hy nog nie gehoor nie. (Hierdie gebeurtenis dateer uit die dae toe
daar nog nie bra vliegtuie in die land was nie, en toe Suid-Afrika se vliegpionier, Weston, net begin het
met sy proefnemings. Patrys gaan gereeld na die klein plaaslike biblioteek en deursnuffel die geillustreerde
20 CHAPTER 1. KWARTAAL 1
blaaie, en daar het hy eendag 'n model van 'n vliegtuig gesien; ook het die meester al 'n paar slae daaroor
gepraat. Maar ou Moos wis natuurlik niks van moderne tegniese vooruitgang nie, behalwe miskien iets van
nuwe landbougereedskap.)
Hulle staan en bekyk die masjien; en Patrys stoot onbewus sy bors uit by die gedagte: "Dis my werk
die!"
"Kyk, outa, hierdie goed is die vlerke."
"Nou ja, my kleinbasie; laat hulle dan 'n bietjie klap," s6 die ou.
"Nee, ou Moos, hulle kan mos nie klap nie; hulle staan maar al die tyd doodstil."
"Haikona," se ou Moos. "As die vlerk hy nie klap nie, die voel hy bly op die grond."
"Nee, ou Moos, jy verstaan die ding nie. Jy sien, ek maak die vlerke onder my arms vas, en dan draai ek
hierdie stuk sinkplaat wat so 'n swaai in horn het, en dis hy wat my sal laat trek deur die lug."
Ou Moos kyk ongelowig. "Daardie ding? Ek glo horn nie."
"Ag, kan jy dan nie sien hoe die ding werk nie?" vra Patrys ongeduldig. "Ek draai hierdie wiel wat ek
van die nooi se masjien afgehaal het; sy riem draai daardie klein wiel waar die propeller aan vas is, en hy
draai horn so vinnig dat ek in die lug sal intrek. Wag maar, jy sal sien."
Kopskuddend staan ou Moos nog die ding en bekyk. "Daardie prekant in die lokasie hy se as ek nie steel
nie en ek doen nie kwaad nie, dan kry ek vlerke as ek dood is. Ek sal maar wag vir daardie vlerke, want dan
kan ek my nie meer doodval nie."
Patrys lag oor hierdie teologiese opvatting. "En wat sal jy dan wees?" vra hy, net om verder wysheid uit
te lok, '"n mens of 'n voel?"
"Kleinbasie, ek weet nog nie. Maar die moroetie se so, en hy is 'n banja slim man, en hy dra swart klere
op Sondag, net soos oubaas Freek."
Oom Freek Visasie is 'n ouderling met 'n manel wat amper op sy voete hang.
"Nou, vat aan, outa," se Patrys.
Maar Moos wil nog iets weet. "Waar gaan my kleinbasie weer afkom uit die lug?" vra hy.
"Ek weet nog nie, outa; die beste sal seker wees om hier voor die huis in die straat te land. Maar kom
nou!"
Die leer staan al klaar teen die huis, en sukkel-sukkel kry hulle die affere op die dak. Daar bo bind Patrys
die masjien aan sy bolyf vas met stukkies tou en rieme - en nou is alles agtermekaar. Hy staan versigtig op,
want dis op die beste tyd moeilik om op so 'n dak se nok te staan. Net toe hy staan, kom daar 'n windjie
wat horn byna vooroor gooi op die druiweprieel. Gou gaan hy weer sit.
"He!" se ou Moos wat vol verwagting daar staan. "Hy lig horn stert al! Hy mik al! Auk, my kleinbasie!"
Daar bo-op die dak voel Patrys skielik effens kleingelowig; die wereld is tog maar taamlik ver onder horn
as daar miskien 'n riem losgaan! Maar hy voel die ou voortrekkersbloed in horn bruis, en met 'n harde
"Hoere!" begin hy die wiel te draai. Die "propeller" gee naderhand al 'n klank soos 'n sieklike woer-woer.
"Bulperd, bulperd!" se ou Moos met innige bewondering.
"Totsiens, outa!" roep Patrys, en hy gee 'n geweldige sprong vorentoe. Net op die oomblik kom daar ook
skielik weer 'n rukwindjie wat die masjien onder sy vlerke vat en skoon oor die prieel dra. Pardoems! val
Patrys in die heining voor die huis. "Auk!" se outa Moos, "maar hy vlieg gou klaar!" En hy stap so vinnig
as wat sy ou gebeente dit toelaat, om te kyk wat die vlieer nou gaan doen.
In die straat aangekom, sien hy die gevaarte in 'n ontredderde toestand in die heining hang, en af en
toe kom daar 'n steun uit die verwarde hoop. Kan daar miskien iets verkeerd gegaan het? Maar nee, sy
kleinbasie het mos gese hy sal hier voor die huis land. Tog probeer hy 'n draffie aan te slaan om gouer by
die hand te wees in geval sy hulp tog nodig mag wees.
"Ou Moos, ou Moos," kom daar 'n swak stemmetjie uit die heining, "maak my los."
"Is die kleinbaas dan al klaar?" vra die ou teleurgesteld.
"Maak my los, maak my los!" is al antwoord wat hy kry.
"Die basie het bang geword," se Moos binnensmonds, en hy haal sy knipmes uit. "Moet ek die rieme maar
sny, my kleinbasie?" Hy is nie meer 'n kind nie, en hy weet dat dit die veiligste is om duidelikheid in sulke
sake te kry.
"Ja, sny, breek, skeur - maar maak my los!"
21
"Goed, my kleinbasie." En 'n minuut of wat daarna staan Patrys weer op die vaste grond, taamlik gekneus
en gekrap, maar verder onbeskadig.
Met melktyd die aand was daar weer 'n groot lawaai, want twee spantoue was stukkend gesny; en oom Piet
het weer so 'n regte, veragtelike remskoen-gedragslyn gevolg en sy seun bo-oor al die kneusings afgeransel, al
het hy probeer duidelik maak dat hy 'n proefneming in die belange van die welvaart van die wereld gemaak
het.
"Welvaart van die wereld se voet! Vooruitgang van die wetenskap se voet!" het hy uitgeroep, terwyl hy
die een stukkend gesnyde spantou sag brei op Patrys se broek. "Van nou af dink jy eers aan die welvaart
van my spantoue!"
So 'n ongevoelige barbaar! En hoekom moet hy ook drie spantoue he as hy tog maar net een koei melk?
Daardie aand was daar droefheid en verbittering in oorvloed in die De Bruyns se huis. Selfs Meraai se
heimlike simpatie was onvoldoende om die angel uit Patrys se siel te verwyder. Maar toe tant Hannie laat
die aand na sy kamer kom en vir horn 'n lekker stukkie biltong bring, was die wereld weer 'n bietjie beter.
Sy het vir hom wel by dieselfde geleentheid 'n les gelees, maar dit kon hy verdra; die biltong was goed.
AKTIWITEIT 3
1. Onderstreep (eers elkeen op sy eie) ongewone/ou/verouderde woorde en uitdrukkings wat ons nie meer
vandag gebruik nie.
• GESELS DAN IN GROEPE OOR DIE VOLGENDE VRAE:
•
Hoekom dink jy word die woorde nie meer gebruik nie?
Ken jy ander woorde wat ons in die plek daarvan gebruik?
En die uitdrukkings?
BESLUIT IN JULLE GROEP OOR EEN OF TWEE GEVOLGTREKKINGS OOR TAALON-
TWIKKELING.
2 Identifiseer 'n stuk van drie tot vier sinne wat in 'n verouderde vorm geskryf is, uit die leesstuk en skryf
die sinne oor soos jy dink dit in die 21ste eeu in 'n Afrikaanse jeugboek sal verskyn. Gebruik jou verbeelding
en wees kreatief!
LU 6.4
Table 1.17
AKTIWITEIT 4
3 Vrae gerig op die letterkundige aspek van die verhaal.
3.1 Gee die inhoud van die verhaal weer in 'n paragraaf van 4-5 sinne.
3.2 Beskryf in jou eie woorde hoe die "vliegtuig" lyk wat Patrys ontwerp het, en hoe hy daarmee gaan
vlieg/ dit gaan aandryf.
3.3 Wat is die uiteinde van sy poging om te vlieg?
3.4 Wie is die HOOFKARAKTER in hierdie kortverhaal?
3.5 Waarom se jy so?
3.6 Watter soort verteller is aan die woord in die verhaal?
3.7 Noem enkele eienskappe/kenmerke van hierdie soort verteller soos hy in hierdie verhaal na vore kom.
3.8 Uit watter oogpunt word die verhaal vertel? (Met ander woorde: deur wie se oe kyk die verteller
wanneer hy die verhaal vertel?)
3.9 Wat is die HOOGTEPUNT/KLIMAKS van die verhaal?
3.10 Waarom "draai" die verteller so lank om hierby uit te kom? Verskaf minstens drie redes.
22
CHAPTER 1. KWARTAAL 1
• Waarom word die laaste deel van die verhaal - die gebeure die aand na die
vliegpoging - ook hier gegee?
1,3.5 Assessering
LU3.5
Table 1.18
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.4 hoofgedagtes identifiseer en 'n opsomming maak;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan
bydra;
3.6 begrip van 'n teks en die doel daarvan toon deur die intrige tenia., hoofkarakter ens. te bespreek.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 verskeidenheid verbeeldingstekste skryf;
4.2 'n verskeidenheid feitelike skriftelike tekste vir verskeie doeleindes lewer;
4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep.
LU 6 Taalstruktuur en -gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste
te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.2 basiese spelreels gebruik om woorde te spel;
continued on next page
23
6.1.5 'n woordeboek gebruik om woordeskat na te vors;
6.1.9 antonieme en sinonieme gepas binne konteks vind en gebruik;
6.2 werk met sinne: 6.2.7 die aktief en passief verstaan en gebruik;
6.2.10 leestekens doeltreffend gebruik;
6.4 'n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel.
Table 1.19
1.3.6 Memorandum
1.3.7 AKTIWITEIT 1
3.1 Len het ons opgewonde vertel/meegedeel dat die groot rede waarom mense die ryplank koop, vir die pret
is. Hy het gese ryplanke is nes fietse of skaatsplanke, net baie veiliger.
3.2 Volgens mnr. Len Bradford, bestuurder van Surf Waterhouse in Bellville, is ryplanke 'n nuwe gier
wat Amerikaners, Australiers en die Britte in vervoering het en waarvan die gewildheid ook in Suid-Afrika
aan die toeneem is.
• Behandel sinonieme, antonieme, homonieme, homofone met leerders.
• Besluit self of u die leerders in groepe gaan laat werk met terugvoering, en dan die antwoorde gebruik
om uit te brei oor daardie bepaalde aspek van taal.
• Dis egter belangrik dat u die basiese werk behandel voordat die leerders die vrae beantwoord.
• 3.3 en 3.4 Laat u lei deur die leesstuk; daar is baie voorbeelde. Luister ook fyn na die leerders se respons
by 3.4 en maak seker dat hulle nie 'n stam met 'n ander betekenis gebruik by die afleidingsvorme nie.
3.5 ploeter
3.6 toeneem
3.7 spoed
3.8 gier
3.9 rits
3.10 gewildheid
3.11 nuwerwetse
3.12 net/seker
3.13 handelsmerke/fabrikate
3.14 gewoon
3.15 nuttige
3.16 waarskynlik
3.17 outydse/oudmodiese
3.18 afneem
3.19 onveiliger/riskanter(?)
3.20 lafaards/bangbroeke
3.21 nuttelose (onhandige pas nie binne die konteks nie)
3.22 selde/nooit
3.23 aanloklikhede/attraksies/pluspunte/voordele
3.24 aanloklikheid/voordeel/pluspunt (die twee woorde in die leesstuk is feitlik sinoniem gebruik)
3.25 Die toertjies van skaatsplankryers word deur waaghalsige en avontuurlustige ryplank-liefhebbers
beoefen.
24 CHAPTER 1. KWARTAAL 1
3.26 Die groot rede waarom ryplanke gebruik word . . .
3.27 Agente bestel die ryplanke uit Amerika en verkoop dit/hulle.
3.28 Handelaars / Agente / Winkels het seker meer as 5000 skaatsplanke die afgelope seisoen in Suid-
Afrika verkoop.
3.29 . . . dat dit heeltemal kan opvou/opgevou kan word.
1.3.8 AKTIWITEIT 2
4. NB Behandel met die leerders die VORM, UITEENSETTING, TRANT en TAALGEBRUIK van so 'n
amptelike brief. Wie weet, dalk is daar in u omgewing werklik
so 'n behoefte en kan u die leerders motiveer met die onderneming dat u die beste brief wel aan die
Munisipale Bestuurder sal voorle vir oorweging van die versoek!
•
•
Ook by hierdie stelwerkstuk moet u self die lengte en puntegewig bepaal, die leerders met die raamwerk
help en 'n datum vir inlewering vasstel.
PLAAS IN PORTEFEULJE AS FUNKSIONLE SKRYFWERK.
1.3.9 AKTIWITEIT 3
TEKS D: Nader kennismaking 1
• By die lees van die teks:
• U kan u leerders die geleentheid gee om die teks hardop te lees sodat u sommer kan weet hoe leesvaardig
hulle is. Dit kan lei tot 'n les in voorlees-tegnieke, (en selfs stillees-, vluglees- en ander leestegnieke). In
die volgende modules is daar ook soortgelyke langer tekste wat u vir dieselfde doel kan gebruik, sodat
u deur die jaar u goeie lesers kan identifiseer en die swakkeres help en begelei om beter te lees.
1. Die aangehaalde gedeelte - in wese is dit feitlik die hele kortverhaal - kom uit Patrys-hulle wat reeds in
1926 verskyn het, een van die eerste jeugverhale in Afrikaans. As sodanig kan dit nuttig gebruik word om iets
oor ontwikkeling van die taal, woorde en woordeskat, veranderde sosiale milieu, "tegniese" vooruitgang en dies
meer met die leerlinge te behandel. Die gegewe werkwyse in die module dien hoogstens as aansporing/prikkel.
2. Kies 'n aantal stukke van so 3 - 4 sinne wat in verouderde styl geskryf is, of laat die leerders sulke stukke
kies; daar is heel wat. Laat verskillende groepe die stukke redigeer/oorskryf en dan aan klas terugvoering
gee, wat die assessering doen. Laat ruimte vir hulle 21ste-eeuse taalgebruik sonder om darem te ver van die
norm af te wyk!
1.3.10 AKTIWITEIT 4
3. Behandel baie basies met die leerders aspekte soos: hoofkarakter, mede- / newe-karakters, karakterbeeld-
ing, bou van die verhaal (eksposiesie, motoriese moment, verhaalplan, klimaks, afloop), verteller, spanning
voordat u die enkele vragies laat doen (weereens u keuse of dit in groepsverband of individueel moet wees).
NB U moet wel hier die uitkoms assesseer.
• Behandel ook opsommingstegnieke (langer paragrawe) aangesien die eerste twee vrae wat volg, hierop
ingest el is.
3.1 Leerders gee terugvoering, maak seker dat hulle wel die kernfeite van die verhaalinhoud uitlig.
3.2 Draadraam met (goiing)sak oorgetrek vir vlerke; skroef van sinkplaat wat in vorm gesny en daarna
gedraai is; katrolwiel wat met rieme aan skroef verbind is.
Vlerke met spantou/rieme onder arms vasgemaak, skroef aan bolyf vas. Patrys moet wiel draai om skroef
te laat draai sodat hy kan vlieg.
25
3.3 ontnugtering en 'n pak slae
3.4 Patrys
3.5 Die verhaal handel hoofsaaklik oor sy optrede, gevoelens, handelinge, ens.
3.6 (alomteenwoordige) derdepersoonsverteller
3.7 Die verteller is self nie betrokke by verhaal, maar weet wat albei karakters dink, hoe hulle voel, weet
wat buite die betrokke toneel ook gebeur, kan in die tyd rondbeweeg. (Leerders kan maar bewyse uit teks
gee ter stawing.)
3.8 Patrys s'n (Moos is die ondergeskikte, die mindere)
3.9 wanneer Patrys wel vlieg
3.10 Stel uit t.w.v. spanning. Gee verdere inligting ter agtergrond (eksposisie) .Karakters word vollediger
geteken/uitgebeeld.
3.11 Vorm AFLOOP van verhaal (verhaal kan tog nie sommer net ophou wanneer hoogtepunt/klimaks
plaasgevind het nie; dis soos 'n opstel sonder 'n slotparagraaf ) .
1.4 Sosiale geregtigheid 4
1.4.1 AFRIKAANS HUISTAAL
1.4.2 Graad 8
1.4.3 Module 4
1.4.4 SOSIALE GEREGTIGHEID
AKTIWITEIT 1
Sosiale geregtigheid
Hierdie verhaal is meer as 75 jaar gelede geskryf, toe omstandighede baie anders as vandag was. Waarna
ons nou gaan kyk, is die twee karakters: 'n wit seun, Patrys, en 'n bruin volwasse man, Moos. Die tema van
hierdie oefening is SOSIALE GEREGTIGHEID, en ons gaan kyk na die verhouding tussen hulle en hoe die
letterkunde van daardie tyd wit en bruin uitgebeeld het. Sjoe, klink darem hoog en moeilik, ne? Maar ons
gaan dit op so 'n manier doen dat jy uiteindelik by 'n antwoord sal kan uitkom.
• JULLE GAAN IN GROEPE WERK, EN JULLE GAAN MET DIE TEKS WERK.
• Die bedoeling is dat julle in julle groep na sekere aspekte gaan kyk en daaroor gesels en argumenteer
en op die ou end by 'n siening (ons noem dit 'n gemotiveerde siening) uitkom.
Lekker werk!
• GEBRUIK DIE TEKS - VERWYS DUS NA DIE INHOUD EN WOORDE/SINSNEDE AS BEWYSE
- EN KYK NA DIE VOLGENDE:
• Hoe word Patrys voorgestel? Bv.: Wat weet hy alles? Wat kan hy alles doen? en so meer.
• Hoe word Moos voorgestel? Wat weet hy alles? Wat kan hy alles doen? ens.
• Hoe is die verhouding tussen die twee? Hoe praat hulle met mekaar? Wat dink hulle van mekaar? Wie
is die meerdere en hoekom, en wie is die mindere, en hoekom?
• Hoe behandel Patrys vir Moos, en omgekeerd?
(Onthou dat die skrywer - ons moet eintlik mos se die VERTELLER - die twee karakters so teken.)
• NOU MOET JULLE 'N BELANGRIKE STANDPUNT INNEEM:
4 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m23962/l.l/>.
26
CHAPTER 1. KWARTAAL 1
• Het die letterkunde (en dan nou spesifiek hierdie verhaaltjie) teen bruin mense gediskrimineer/bruin
mense as minder menswaardig voorgestel? Motiveer jou antwoord.
• Dink jy dit was doelbewus so?
LU 2.4
Table 1.20
AKTIWITEIT 2
• Lees die volgenge gedig: Lied van die fietsers deur Antjie Krog. Dit verskyn in Senior Keur, Tafelberg
1992.
• BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE OOR DIE GEDIG:
1 Wat noem ons 'n gedig wat geen vaste struktuur of rymskema het nie? (1)
2 As ons se dat die gewone dinge wat 'n gedig bymekaar hou, soos 'n vaste struktuur en rym, in hierdie
gedig ontbreek, moet die digter tog iets anders gebruik om die gedig sy eenheid te laat behou. Noem minstens
TWEE (verstegniese) middele wat die digter in hierdie gedig gebruik om dit te doen. (2)
3 Beskryf kortliks hoe die fietsers lyk. (3)
4 Noem minstens drie verskille tussen die vyfde fietser en die ander. (3)
5 Haal enige twee vergelykings uit die gedig aan. (2)
6 S& nou wat by elk van hierdie twee vergelykings met mekaar vergelyk word. (4)
7 Skryf enige twee metafore uit strofes 2 en 3 neer. (2)
8 Verduidelik wat die volgende twee sinsnedes beteken: (4)
• "konakwaberge al langs sy rug af"
• '"n roeispaan in sy lag"
9 Is hierdie metafore geslaag (pas hulle m.a.w. binne die konteks van die gedig)? Motiveer waarom jy so
se.
10 Wat se str. 2 en 3, waar ons lees van berge, baaie, pampano's en riviere, vir ons van die vyfde fietser
se omswerwinge? (2)
11 Haal 'n bewys uit die gedig aan dat die fietsers 'n ruk lank vertoef het waar die verteller was. (1)
12 Verduidelik die volgende sinsnedes: (4)
• "sy skadu ontbind in die verte"
• "ek verloor horn"
13 Se wat die laaste reel van die gedig beteken. (1)
14 Verduidelik waarom hierdie reel alleen staan. (1)
[30]
LU3.5
27
Table 1.21
TEKS A
En nou: die waterfiets!
(a) gedink jy kan met 'n fiets OP water ry? In water, ja, en (b) moet jy dan seker
maar (c) neem met die feit dat jy gaan nat word, ja. Maar 6p die water? Aikona!
En tog is dit presies wat 'n Thailandse ontwerper, mnr. Pravit Yongvanoch, se jongste ontwerp
(d) : 'n fiets waarmee jy op water ry. En nie sommer vir die pret nie, o nee. Pravit het van-
deesweek sy (e) bekend (f) en gese dis 'n goedkoop en omgewingsvriendelike manier
om verkeersknope te (g) . Dis boonop goeie oefening.
Hy wil die fiets op groot skaal (h) en in Thailand en moontlik ook Amerika verkoop.
Of Suid-Afrika hierdie ontwerp ooit sal sien of gebruik, is te betwyfel, aangesien ons land geen riviere as
waterwee gebruik nie. Maar wie weet, met die mens se onbeperkte (i) is dit dalk net moontlik
dat ons (j) 'n nuwe sportsoort: waterfietsrenne, gaan aanskou.
AKTIWITEIT 3
• VIR HIERDIE OEFENING GAAN ONS GEWOON DIE ONTBREKENDE WOORDE UIT DIE
PARE IN DIE LYS HIERONDER KIES. KIES BY ELKE NOMMER DIE WOORD WAT JY DINK
DIE BESTE PAS EN SKRYF JOU ANTWOORD IN DIE BETROKKE SPASIE NEER.
WOORDELYS
(a) ooit / al / nog
(b) sekerlik / boonop / beslis
(c) genee / genoee / verlief
(d) behels / beteken
(e) vonds / ontdekking / uitvinding
(f) gestel / gemaak / geword
(g) ontwyk / voorkom / ontduik
(h) patenteer / vervaardig / fabriseer
(i) lewenslus / kreatiwiteit / vindingrykheid
(a) huidig / eersdaags / aanstons
•
KEN JULLE DIE BETEKENIS VAN DIE WOORDE WAT JULLE NIE GEBRUIK HET NIE?
SLAAN DIE WOORDE WAT JULLE GLAD NIE KEN NIE, IN 'N WOORDEBOEK NA EN MAAK
'N KORT VERKLARENDE SINNETJIE MET ELKEEN SODAT JULLE DIE WOORD KEN EN IN
DIE TOEKOMS KAN GEBRUIK.
LU 6.1.9
Table 1.22
AKTIWITEIT 4
• STEL 'N STROOIBILJET SAAM WAARIN JULLE DIE OPENING VAN 'N NUWE TERREIN VIR
SULKE PRETGOED IN JULLE DORP ADVERTEER OF SO 'N NUWEGIER BEKENDSTEL.
• Werk eers in 'n groep saam om die volgende te bepaal
28
CHAPTER 1. KWARTAAL 1
• Wat julle gaan adverteer
• Wie die teikengehoor is
• Hoe julle die gehoor gaan bereik (taalgebruik, program vir die dag ens.)
• Die stelwyse van die stuk sodat die leser die opening/bekendstelling sal wil bywoon
Stel nou elkeen 'n strooibiljet saam.
LU 4.4
Table 1.23
1.4.5 Assessering
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye verskeidenheid situasies
te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.4 'n verskeidenheid basiese interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings deel te neem;
2.5 mondelinge aanbiedings met redelike akkuraatheid en kreatiwiteit doen.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.4 hoofgedagtes identifiseer en 'n opsomming maak;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan
bydra;
3.6 begrip van 'n teks en die doel daarvan toon deur die intrige tenia., hoofkarakter ens. te bespreek.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes te skryf.
continued on next page
29
Dit word bewys as die leerder:
4.1 verskeidenheid verbeeldingstekste skryf;
4.2 'n verskeidenheid feitelike skriftelike tekste vir verskeie doeleindes lewer;
4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep.
LU 6 Taalstruktuur en -gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste
te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.2 basiese spelreels gebruik om woorde te spel;
6.1.5 'n woordeboek gebruik om woordeskat na te vors;
6.1.9 antonieme en sinonieme gepas binne konteks vind en gebruik;
6.2 werk met sinne: 6.2.7 die aktief en passief verstaan en gebruik;
6.2.10 leestekens doeltreffend gebruik;
6.4 'n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel.
Table 1.24
1.4.6 Memorandum
1.4.7 AKTIWITEIT 1
Hier haal ons die tema van sosiale geregtigheid op. Leerders moet dit in groepe bespreek deur na die teks
te verwys en te argumenteer en op die ou end met 'n standpunt na vore te kom. U sal baie duidelike
riglyne moet gee oor sake waarop hulle moet let, in aansluiting by wat in die module gegee word. Tydens
die groepbesprekings moet u in die klas rondbeweeg en individuele bydrae in die groep assesseer met behulp
van departementele assesseringstabelle. Gee genoeg tyd [m.i. maklik 2-3 lesure] vir (1) bespreking in die
groep, en (2) terugvoering en verdere argumente tussen groepe.
1.4.8 AKTIWITEIT 2
Lied van die fietsers
Behandel die gedig as vrye vers. Verwys na enjambement, alliterasie, herhaling (refrein), beelde, beeld-
spraak (vergelyking en metafoor en die geslaagdheid daarvan), reellengtes, oop spasies in reels ens. MOENIE
te diep op die gedig ingaan nie, aangesien die leerders net vergelykings, metafore en aanhalings ter motivering
van INHOUD uit die gedig moet kan haal.
• Laat leerders daarna die gegewe vrae individueel beantwoord en bepunt dit vir hul portefeulje.
1. vrye vers (1)
2. enige twee van: ritme, herhaling, beelde, tipografie (oneweredige vorm van reels) (2)
3. moulose hemde/grandpa vests, skewe pette, rugsakke op rug, bry soos Swartlanders (?) (3)
4. bruin; swart, dromerige oe; mooier as ander; kom lank na hulle daar aan (enige drie) (3)
5. "vreemd soos sigeuners met 'n swartlandse bry""rugsakke wat klou soos ape""skaduwee . . . delikaat
soos 'n web""skaduwee oor sy . . . fiets . . . soos 'n alarm om juwele" (enige twee korrek aangehaal) (2)
6. Fietsers vgl. met sigeuners wat vreemd is/praat. Rugsakke word met ape vgl. wat vasklou.Skaduwee
vgl. met 'n fyn spinnerak.Sy skaduwee wat oor fiets is, vgl. met 'n alarm om juwele (bv. in kluis). (2x2 =
4)
30 CHAPTER 1. KWARTAAL 1
7. "konakwaberge al langs sy rug af""baaie in sy hande""pampano's in sy swart oe""'n roeispaan in sy lag"
(enige 2 korrek aangehaal) (2)
8. Rugwerwel met werwelpunte laat dink aan berg(reeks)/ loop soos 'n bergreeks teen sy rug af.Lag klink
soos water wat kabbel. (2x2 = 4)
9. Geslaag - beelde wat gebruik word, skakel met reis/geografiese verskynsels/dinge wat binne die
RUIMTE (milieu) van die gedig 16.
10. Het al baie gereis/baie plekke gesien of besoek. (2)
11. "in 'n paar uur" (1)
12. Verteller kan nie meer die fietser of sy skaduwee sien nie.Hy ry weg (saam met die ander). (2x2 =
4)
13. staan alleen (1) met . . .
14. Se (beklemtoon) dat verteller hom nooit weer gesien het nie. (1) (2)
[30]
• PLAAS IN PORTEFEULJE AS INDIVIDUELE GESKREWE RESPONS OP EMOTIEWE TEKS
1.4.9 AKTIWITEIT 3
TEKS A: Die waterfiets
Sekerlik selfverduidelikend
• (a) ooit (b) boonop (c) genoee (d) behels (e) uitvinding (f) gestel (g) ontduik (h) vervaardig (i)
vindingrykheid (j) eersdaags
Laat leerlinge hier mondelings terugvoering gee.
1.4.10 AKTIWITEIT 4
Groepwerk aanvanklik nadat u die strooibiljet behandel het - dalk is dit raadsaam om enkele voorbeeld van
sulke biljette bymekaar te maak en as leerstof te gebruik. NB in die behandeling: teikengehoor, taal wat by
gehoor pas, genoeg inligting om nuuskierig te maak, inligting oor tyd, plek, ens. Baie belangrik: oorredend
van aard - lesers moet oorreed/oortuig word om te gaan. Help asseblief met die raamwerk.
• Kom ooreen oor datum, formaat, puntegewig ens.
PLAAS IN PORTEFEULJE AS FUNKSIONELE / KREATIEWE SKRYFSTUK
Chapter 2
Kwartaal 2
2.1 Luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes 1
2.1.1
2.1.2 AFRIKAANS HUISTAAL
2.1.3 Graad 8
2.1.4 Module 5
2.1.5 LUISTER VIR SPESIFIEKE INLIGTING EN KERNGEDAGTES
AKTIWITEIT 1
Om vir spesifieke inligting en kerngedagtes te luister
• Luister terwyl die onderwyser die onderstaande stuk hardop lees.
Teks A
Studente omtower papierpulp tot kunstige meubels (aangepas uit "Die Burger")
Die Ruth Prowse Kollege vir Kuns en Ontwerp in Woodstock span herwonne papier in om sy deel te
doen teen die toenemende werkloosheidsprobleem wat groot kommer in die land se stedelike en plattelandse
gebiede wek.
Vir minstens 25 studente van die Kaapse Vlakte, en selfs so ver as Montagu, wat 'n paar jaar gelede nog
werkloos en moedeloos was, het die woord "bemagtiging" 'n werklikheid geword toe hulle by die kollege se
deure ingestap het. Geen eise behalwe 'n gewilligheid om hard te werk en 'n visie om bo hul omstandighede
uit te styg, is aan die studente, wie se ouderdom van 16 tot 60 wissel, gestel nie.
Potte van papier
Die projek, genaamd Appropriate Paper Technology, behels die maak van voorwerpe soos stoele, potte
en krale met papiermache. Enige soort papier, van koerant tot karton, word verpulp, gevorm en dan geverf.
Dit is maklik verwerkbaar en is volgens die skool se direkteur, Edwine Simon, van dieselfde gehalte as
soortgelyke voorwerpe wat volgens konvensionele metodes gemaak word. Dit is selfs reenbestand. Die helder
kleure van die voorwerpe, met tipies Afrika- en Suid-Afrikaans gei'nspireerde patrone, dra daartoe by om
hierdie produkte in kunswerke te omtower. Dit neem sowat 180 uur om so 'n stoel te maak.
Die produkte gaan moontlik aanstaande jaar op 'n veiling verkoop word om 'n prys te bepaal, het Simon
ges§. Volgens haar het die studente, wat bo verwagting goed gepresteer het in die kursus, self besluit hoe
die eindproduk moet lyk.
Ten toon gestel
lr This content is available online at <http://cnx.Org/content/m23965/l.l/>.
31
32
CHAPTER 2. KWARTAAL 2
Die werke word tans ten toon gestel en kan deur die publiek by die kollege in Birkdalestraat, Woodstock,
besigtig word.
Die interkulturele projek is deur Simon en 'n dosent by die kollege, me. Simone de Villiers, gei'nisieer as
'n uitreikaksie na minder bevoorregte gemeenskappe. Die program strek oor 'n jaar en word deur die Kaapse
Stadsraad gefinansier. Studente is in Julie verlede jaar betrek. Van hulle is reeds so bedrewe dat hulle na
hulle gemeenskap kan teruggaan en hulle nuwe vaardighede daar oordra.
Die sukses van hierdie besonderse projek het daartoe gelei dat grafiese ontwerp-studente in hulle eerste
jaar by die Kollege ook die kursus oor ses maande volg.
• Beantwoord die volgende vrae elke keer in 'n netjiese volsin. Gebruik asb. sover moontlik jou eie
woorde.
1. Op watter twee maniere help die papier-kunsprojek van die Ruth Prowse Kollege die mense en die
omgewing?
2. Hoe word studente deur hierdie projek "bemagtig"?
3. Waarom word die stoele as "kunswerke" beskryf?
4. Wat moet die uiteenlopende groep studente uiteindelik met die kennis maak wat hulle in die kursus
opgedoen het?
5. Watter gevolg het die sukses van hierdie projek vir ander studente aan die Kollege?
LU 1.2
Table 2.1
Aktiwiteit 2
Om die impak van spesifieke woorde, frases en sinne te verduidelik en taalvarieteite te herken en te
aanvaar
Wanneer ons taal gebruik, wend ons dit aan om by die omstandighede te pas. Ons kies soms spesifieke
woorde, frases of sinne om die luisteraar (of leser) te bei'nvloed. Ons wil miskien die ontvanger van die
boodskap oorreed om soos ons te dink. Daarom gebruik ons eerder emotiewe taal (oorredende taal) as
feitelike taal. Kyk byvoorbeeld na die verskil in impak wat die volgende sinne het:
• Jan het 125 kilometer per uur gery.
• Jan het heeltemal te vinnig gery.
Die eerste sin stel bloot die feit, terwyl daar duidelik vooroordeel in die tweede sin uitgespreek word. In die
tweede sin word die spreker se mening uitgespreek. (Die spreker in die eerste sin is objektief, terwyl die
spreker in die tweede sin subjektief is.)
1. Vorm klein groepies (4 of 5 leerders) en kyk fyn na die leesstuk hierbo. Identifiseer 'n paar voorbeelde
wat die verskil tussen feitelike en oorredende taal illustreer (m.a.w. objektiewe taal teenoor subjektiewe
taal). Gesels oor hierdie verskynsel en gee voorbeelde uit Jul alledaagse taalgebruik.
2. Skryf twee voorbeelde van elke tipe uit die teks neer:
• oorredend / mening / subjektief:
feit / objektief:
33
3. Bly nog steeds in Jul groepies. Julie moet nou 'n situasie uitspeel. Verbeel julle dat julle ook voorheen
benadeelde, werklose mense is wat nou aan die Ruth Prowse Kollege studeer. Julle sit in die werklokaal waar
julle besig is om kunstige voorwerpe te maak. Julle sit sommer oor koeitjies en kalfies en gesels terwyl julle
werk. Hoe sal julle taal klink? Met watter aksent en dialek praat julle? Hou die inligting in gedagte wat in
die voorafgaande teks verskaf is. Gebruik jou verbeelding en probeer so oortuigend optree as wat jy kan.
4. Maak nou 'n lys van ten minste vyf sleng- of dialekwoorde wat julle gebruik het, en verduidelik in
"gewone" (Standaard-) Afrikaans wat die woorde beteken.
5. Hoe sou dit geklink het as hierdie studente in "Standaard-Afrikaans" gesit en gesels het? Sou dit
lewensgetrou wees? Gee ten minste twee redes vir jou antwoord.
LU 1.5
LU 1.6
Table 2.2
Aktiwiteit 3
Om bewustheid en gebruik van styl te ontwikkel
• Gaan nou terug na die leesstuk hierbo (teks A) vir 'n klompie taaloefeninge.
Idiomatiese Taalgebruik
Idiomatiese taal beteken nie die idiome wat in 'n taal voorkom nie, maar die korrekte manier waarop
woorde saam gebruik word in vaste uitdrukkings. Dis idiomatiese taalgebruik wat aan elke taal sy unieke
karakter gee, en op grond waarvan 'n mens kan se iemand praat "reg" of "verkeerd". So se 'n mens bv. in
Engels "take steps," maar in Afrikaans "stappe doen." In die leesstuk kry ons bv: "Sy deel . . . doen."
1. Haal nou uit die leesstuk nog moontlike vaste (idiomatiese) uitdrukkings wat jy kan raaksien en skryf
hulle neer.
2. Gebruik hierdie vaste uitdrukkings in sinne.
LU 6.4.3
Table 2.3
Aktiwiteit 4
Om met woorde te werk (afleidings)
Afgeleide Woorde
In alle tale kry ons dit dat woorde aan mekaar verwant is omdat hulle van dieselfde woord (genoem die
STAM) afgelei word/is. So is MAGtig, MAGteloos en onMAG bv. almal van een woord, nl. MAG, afgelei).
1. Gaan soek nou in die leesstuk woorde wat van die volgende woorde/stamme afgelei is:
1.1 wen/herwin
1.2 toeneem
1.3 werk
1.4 moed
1.5 mag
1.6 kultuur
1.7 inisiatief
1.8 vaardig
2. Kan jy nog ander woorde (jou eie) van bogenoemde stamme aflei?Skryf hulle by bogenoemde, maar
in 'n ander kleur.
34
CHAPTER 2. KWARTAAL 2
LU6.6
Table 2.4
2,1,6 Assessering
Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne 'n wye verskeidenheid
situasies te reageer.
Assesseringstandaarde ( ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.2 vir spesifieke inligting luister en gepas reageer;
1.5 die impak van spesifieke woorde, frases en sinne verduidelik;
1.6 taalvarieteite herken en aanvaar.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye verskeidenheid situasies
te kommunikeer.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en
gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.2 inligting uit 'n wye verskeidenheid bronne vind;
5.3 inligting uit 'n wye verskeidenheid bronne verkry en verwerk.
LU 6 Taalstruktuur en -gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste
te skep en te interpreteer.
continued on next page
35
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.9 verstaan en gebruik algemene sinonieme, antonieme, homonieme, homofone,
paronieme, een woord vir 'n omskrywing en klanknabootsende woorde gepas binne konteks;
6.2 werk met sinne:6.2.7 gebruik die aktief (bedrywende vorm) en passief (lydende vorm) en verstaan
wanneer elkeen gepas is;
6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en anders om, met die korrekte
gebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde;
6.4 'n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel:
6.6 met woorde werk (afieidings) .
Table 2.5
2.1.7 Memorandum
AKTIWITEIT 1
1. Leerder se eie volsinne.
a) Afvalmateriaal word benut. / Werk word geskep deurdat hulle as potensiele entrepreneurs bemagtig
word.
b) Hulle leer nuwe vaardighede aan.
c) Elke stoel is uniek en kunstig versier (Afrikaans).
d) Hulle moet hul verworwe vaardighede in hul gemeenskap aanwend en werk skep.
e) Selfs studente in grafiese ontwerp volg die kursus - dit het dus 'n nuwe dimensie geskep.
AKTIWITEIT 2
1. objektiewe / subjektiewe taal
a) groepwerk - bespreking - onderwyser moet leiding gee met paar eie voorbeelde.
b) ... bo verwagting goed gepresteer ... / ... hierdie besonderse projek ... (opinie) Enige ander aanvaarbare
voorbeelde, bv. Selfs so ver as Montagu
Talle voorbeelde - moet feitlik wees.
2. Tipies Kaapse, Bolandse of bv. Swartlandse aksent asook eiesoortige woordeskat - beklemtoon die
variasie wat bestaan t.o.v. Afrikaans. Register: waar pas 'n spesifieke soort taal. Die onderwyser kan
verskynsels soos sleng, jargon en Standaard- Afrikaans bespreek en voorbeelde van leerders kry.
3. Voorbeelde van sleng met Standaardafrikaanse" verduidelikings.
4. Dit sou nie eg wees nie, want hierdie sprekers het waarskynlik nie 'n sterk akademiese agtergrond nie,
en hulle is in 'n informele situasie.
AKTIWITEIT 3
1. Eie voorbeelde, bv. "span herwonne papier in" ... talle voorbeelde.
2. Eie sinne.
AKTIWITEIT 4
1. Afieidings
a) herwonne
b) toenemende
c) werkloos(heidsprobleem)
d) moedeloos
e) bemagtiging
f) (inter) kulturele
36
CHAPTER 2. KWARTAAL 2
g) (ge)inisieer
h) vaardighede
2. Eie woorde in ander kleur.
AKTIWITEIT 5
1. Bedrywende vorm
a) Hulle verpulp, vorm en verf enige soort papier.
b) Hulle gaan dit moontlik aanstaande jaar op 'n veiling verkoop om 'n prys te bepaal.
c) Die publiek kan die werke by die Kollege besigtig.
d) Hulle het in Julie verlede jaar studente betrek.
2. 'n Mens gebruik dit as jy die klem wil verskuif van die persoon na die aksie, m.a.w. as jy dit minder
persoonlik wil maak.
2.2 Verkryging van inligting uit 'n wye verskeidenheid bronne 2
2.2.1 AFRIKAANS HUISTAAL
2.2.2 Graad 8
2.2.3 Module 6
2.2.4 VERKRYGING VAN INLIGTING UIT 'N WYE VERSKEIDENHEID
BRONNE
Aktiwiteit 1
Om inligting uit 'n wye verskeidenheid bronne te vind en verkry
• Vorm 'n groepie van nie meer nie as vyf leerders. Beplan 'n navorsingprojek oor een van die volgende
onderwerpe:
• Die herwinning en kreatiewe gebruik van afvalmateriaal om die lewenspeil van voorheen benadeelde
gemeenskappe te verhoog
• Kulturele toerisme waar die klem val op die benutting van eenvoudige materiaal uit die omgewing (bv.
die maak van kleipotte, rietmandjies, ens.)
• Elke groeplid het 'n spesifieke rol om te vervul en moet sy/haar deel bydra t.o.v. die insameling van
inligting uit verskeie bronne. Skryf jou voorlopige aantekeninge op 'n aparte vel neer en voeg dit hierby
in.
• Skep nou as groep 'n samehangende produk. Onthou om gepaste verwysingstegnieke en -konvensies te
gebruik wanneer inligting uit bronne aangehaal of gebruik word. Jou onderwyser sal hier leiding gee.
• Illustreer Jul projek sodat dit 'n aantreklike uitstalstuk en waardevolle bron in Jul klaskamer sal wees.
LU 5.2
LU 5.3
Table 2.6
2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m23967/l.l/>.
37
Aktiwiteit 2
Om idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe duidelik en akkuraat oor te dra, om basiese
praatvaardighede te toon en om idees en gevoelens op 'n kreatiewe en doeltreffende wyse oor te dra
Teks a
Suid-Afrika se unieke blikkitare nou wereldwyd gewild (aangepas uit Die Burger)
Elf maande gelede het die bekende jazzmusikant Jimmy Dludlu die ramkie die eerste keer in die Waterfront
gesien. Hy het dit opgetel, gespeel en wou onmiddellik self een he. Nou, ses maande na die geboorte van
Afri-Can, word die tradisie van egte Afrikamusiek voortgesit en die elektriese blikkitaar selfs na Amerika en
Kanada uitgevoer.
David Kramer was erg bekommerd toe sy instrument een jaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees
op Oudtshoorn 'n paar uur soek was. Die ramkie was immers deel van sy aanbieding van Karoo Kitaar Blues.
Danksy 'n oplettende sekerheidswag is die kitaar met sy bierdoppies vir knoppies buite die Burgersentrum
opgetel en kon die vertonings voortgaan. Kramer was 'n tevrede man.
Valiant Swart kan nie uitgepraat raak oor sy Blikkies nie. "My BP Super Turps met Windhoek-bierdoppies
(vir klank) gaan oral saam met my."
Volgens mnr. Graeme Wells van Afri-Can in Bellville stroom bestellings vir die eg Suid-Afrikaanse produk
in. "Veral buitelanders is gek daarna. Dis 'n tradisie wat al die laaste honderd jaar gewild is onder veral die
swart bevolking. Die blikkitaar het 'n unieke klank, van akoesties-elektries tot staalsnaar-elektries."
Wells het gese die ramkies word gemaak om in elkeen se individuele smaak te val. "Kramer wou 'n blik
he met 'n erg gebruikte voorkoms, en Dozi het een met die Suid-Afrikaanse vlag daarop."
Klante kan ook hulle eie blikke verskaf. Die prys van die eindproduk wissel tussen R899 en R3 500.
Besoek ook die webwerf www.africanguitars 3 .com
• Lees deur die leesstuk. Kies 'n maat en voer die volgende opdragte saam met hom/haar uit:
1. Bespreek die kenmerke van blikkitare soos in die leesstuk aangebied. Bespreek ook hoe 'n blikkitaar van
'n gewone kitaar verskil.
2. Noem die inligting wat die leesstuk gee op grond waarvan 'n mens kan se die blikkitare is uniek.
3. Rolspel en onderhoudvoering: Verbeel julle dat een van julle 'n radiojoernalis is wat 'n onderhoud
met 'n bekende musikant soos Jimmy Dludlu, Valiant Swart of Karen Zoid moet voer. Die onderhoud word
op 'n tienerprogram uitgesaai. Stel gepaste vrae aan die musikant (jou maat). Wanneer jy die vrae opstel,
kan jy aan kwessies dink soos vroueregte, kritiek, die kwaliteit van Afrikaanse musiek, die kwistige gebruik
van Engelse woorde op musiekprogramme soos Geraas! en popsterre as rolmodelle. Skryf jou vrae hier neer,
maar moenie na jou notas kyk terwyl jy die onderhoud voer nie. Jy moet goed voorbereid wees.
4. Kies een van die volgende onderwerpe en reel onder leiding van Jul onderwyser 'n debatsbespreking
daaroor:
• Afrikaanse musiek is vervelig en alles klink eenders.
• Woorde soos "show", "nice", "stunning" en "great" behoort nie in Afrikaanse programme / deur
Afrikaanse kunstenaars gebruik te word nie.
• Daar is plek vir kwaito en hip-hop in Afrikaanse musiek.
• Ou Afrikaanse liedjies soos "Ou Ryperd" is net vir plaasjapies.
Skryf basiese aantekeninge hier neer:
5. Identifiseer kenmerke wat tot die sukses van jou eie kommunikasie bydra. Skryf alles neer wat jy as
goeie eienskappe van jou kommunikasievermoe in die aktiwiteite hierbo beskou.
5 http:// www.africanguitars/
38
CHAPTER 2. KWARTAAL 2
LI
2.:
i
>
LU
2.3
LU
2.4
LU
2.!i
LU
2.6
Table 2.7
Aktiwiteit 3
Om met sinne te werk (direkte en indirekte rede)
Wanneer ons wil neerskryf presies wat iemand se (sy DIREKTE woorde dus) , noem cms dit die DIREKTE
REDE, en wanneer ons deur 'n (derde) persoon die strekking van iemand se woorde weergee, staan dit bekend
as die INDIREKTE REDE.
Die sigbaarste verskil tussen die twee maniere van woorde weergee sien ons aan die aanhalingstekens (in
die direkte rede) en die gebrek aan aanhalingstekens (indirekte rede).
Ander verskille kom voor in
• die persoonsvorme : "ek" word bv. "hy" of "sy," met die ooreenkomstige aanpassings in die vorm: "My":
"sy"/ "haar," "myne": "syne"/ "hare", ens.
• die tydsvorme: "vandag"/ "gister" ens. word "daardie dag"/ "die vorige dag" ens.
• Skryf nou die volgende sinne/gedeeltes oor in die DIREKTE of INDIREKTE REDE, na gelang van
die konteks.
1. Valiant Swart kan nie uitgepraat raak oor sy Blikkies nie. "My BP Super Turps met Windhoek-bierdoppies
(vir klank) gaan oral saam met my."
2. Volgens mnr. Graeme Wells van Afri-Can in Bellville stroom bestellings vir die eg Suid-Afrikaanse
produk in.
3. Wells het gese die ramkies word gemaak om in elkeen se individuele smaak te val.
LU 6.2.8
Table 2.8
Aktiwiteit 4
Om met woorde te werk (sinonieme, antonieme en homonieme)
1. Gee ander woorde (sinonieme) vir die volgende woorde in die leesstuk. Jy kan ook in 'n woordeboek
of tesourus naslaan as jy wil. Onthou, dit moet binne die konteks van die leesstuk pas.
1.1 knap
1.2 gelief
1.3 opteken
1.4 gegewens
1.5 wyle
1.6 treintrajek
1.7 verwyl
1.8 skeppende
2. Verskaf nou woorde wat die teenoorgestelde beteken as die volgende woorde uit die leesstuk
(antonieme).
2.1 knap
39
2.2 latere
2.3 gewoonlik
2.4 fantasiewereld
2.5 versier
2.6 kosbare
2.6 eenvoudige
• Homonieme is die term wat ons gebruik wanneer ons verwys na verskillende woorde wat eenders lyk
(soos die ander "lyk" wat "dooie mens" beteken).
3. Maak nou sinne met die volgende woorde uit die leesstuk (maar met 'n ander betekenis as in die leesstuk)
3.1 knap
3.2 skaal
3.3 modelle
3.4 wyle
3.5 ware
3.6 sin
LU 6.1.9
Table 2.9
Aktiwiteit 5
Om 'n wye verskeidenheid tekssoorte vir genot en inligting te lees
• Lees die volgende tekste - eers stil en dan hardop.
Teks b:
Op my ou ramkietjie C Louis Leipoldt
Op my ou ramkietjie
Met nog net een snaar
Speel ek in die maanskyn,
Deurmekaar.
Ek sing van Adam
En Eva se val,
Van die ou paradys.
"Halfpad mal!"
So se die mense
Wat my hoor speel
As die skemer my wang soen
Soos ferweel.
As die maan my aanhoor,
En die sterre knik,
Dan speel ek kordaat voort, In my skik.
Wat gee ek om mense Wat se ek's mal, As die varings my aanhoor
By die wal?
Wat om my vrinde -
Wat nooit nie verstaan -
As die sterre my toeknik,
40 CHAPTER 2. KWARTAAL 2
En die maan?
Op my ou ramkietjie
Met nog net een snaar
Speel ek in die maanskyn,
Deurmekaar.
Teks c
• Lees die gedig Denneboom deur D.J. Opperman voor. Dit verskyn in Pret met poesie, wat uitgegee is
deur Human en Rousseau.
Teks d
Honiball knap met sy hande (aangepas uit "Die Burger")
Die strokieskunstenaar T. O. Honiball, wat wyd onder veral die ouer geslag bekend en gelief was vir
sy strokieskarakters Jakkals en Wolf, Oom Kaspaas en Adoons-hulle, was ook knap met die maak van
miniatuurvoorwerpe.
In die voortuin van mnr. N. Krumm by Negende Laan 64, Boston, Bellville, staan 'n windpomp van so
2 m hoog, met die naam Poegaai op sy stert, wat Honiball vir sy eie voortuin gemaak het toe hy en sy vrou,
Essie, nog in die huis op die hoek van Agste Laan en Gladstonestraat in Boston gewoon het. Krumm het
die windpomp by 'n latere eienaar van die eiendom gekry. Dit is volgens skaal gemaak en geen onderdeel is
vasgesweis nie; alles is met klinknaels vasgeheg.
Krumm wil meer oor Honiball se handewerk uitvind en dit opteken. Hy wil ook 'n geelkoperplaat aan
die windpomp aanbring waarop die nodige gegewens gegraveer is.
Fred Mouton, spotprenttekenaar van Die Burger, wat ook in Boston woon, vertel dat hy wyle Honiball
baie goed geken het. Honiball het 'n werkwinkel gehad waarin hy allerlei miniatuurvoorwerpe gemaak het.
Hy het dit gewoonlik as geskenke weggegee. Hy het 'n hele kamer met 'n Duitse miniatuurtreintrajek ingerig
nadat hy eers die landskap gebou het. Dit was 'n ware fantasiewereld in die kleine waar Honiball ure kon
verwyl.
Toe hy en Essie later aan die Valsbaaise kus gewoon het, het Honiball ook daar 'n werkkamer gehad waar
hy modelle gebou het wanneer hy nie geteken het nie. Selfs die talle briewe wat hy aan bewonderaars geskryf
het, is met sy strokieskarakters versier. Dit is vandag kosbare Africana as die mense dit bewaar, se Mouton.
Honiball het ook sy eie rolprente met 'n eenvoudige Cine-kamera gemaak en dit met sy kunswerke aangevul
tot wonderbaarlike kykmateriaal. Hy was 'n wonderlike mens met soveel skeppende kunstalent en 'n fyn sin
vir humor, volgens Mouton.
Teks e
'n Fragment uit "Tot lof van ons hande" - Chris Barnard
JY MAAK 'N STOEL
Om mee te begin, is die keuse van hout nogal belangrik. Inheemse dennehout is te sag en kleurloos om
'n uitdaging te wees. Stinkhout is te duur vir 'n arm skrynwerker. Kiaat is dus my keuse. Moeilik om mee
te werk, ja: die grein is geneig om plek-plek lelik te verander, maar as jy dit versigtig en met die nodige
geduld en respek hanteer, is jou loon soveel groter.
As jy nou klaar besluit het oor die afmetings van jou stoel, mnr. Retief, begin jy die hout in die gewenste
diktes en lengtes saag. 'n Skerp saag is 'n voorvereiste. Enige regdenkende mens werk eerder in 'n kantoor
voordat hy met 'n stomp saag aan 'n ordentlike stuk kiaat begin saag.
Nadat jy 'n rukkie gesaag het, begin jy jou kiaat ruik - warm en duur en ryk soos net kiaat kan. Jy saag
ritmies en sonder om te forseer, al op die merklyn langs, vorentoe en terug, vorentoe en terug, terwyl die
soetbruin saagsels inreen na jou toe, en wegreen, en inreen na jou toe, en weg.
Klaar gesaag, elke balkie, elke poot, elke sportjie na sy maat, begin die skaafwerk. Dis byna onnodig om
te se: daardie skaaflem moet insgelyks skerp wees, 'n Stomp skaaf, soos 'n stomp saag, is 'n skrynwerker se
ondergang.
Jy skil die vlamrooi hout in papierdun stroke af. Die skaafsels peul om jou hande uit - met elke leunslag
vorentoe nog 'n soet kiaatlok wat uitkrul uit jou regterhand en afval na jou voete toe - totdat jy enkeldiep
daarin staan en die balkie glad en vierkantig in jou hande le.
41
Jy hou dit vas, jy ruik daaraan, en saam met die geur van die hout ruik jy soveel ander geure: van
vroeer hout, van ou lym, van olie en politoer. Jy ruik tot jy vol is daarvan, vol van die geure wat net 'n
houtwerkkamer kan he, mnr. Retief.
Dan begin jy weer van voor af meet, beplan en pas, meet, tot elke tap akkuraat geteken is, en jou beitel
- jou vlymskerp beitel - presies weet waar hy moet inbyt in die grein. En klaar getap, kook jy jou lym en
smeer in en voeg; klamp die stoel stuk vir stuk vas.
Na 'n dag of twee kan jy gaan losskroef, afskuur, en die olie loop uithaal - oplaas, salig, die lappie in die
olie doop en die rooibruin hout begin insmeer, en kyk hoe die vlamme opstaan uit die hout, en gloei.
Dan, uiteindelik, is die stoel klaar. En joue. Jou eie. En meer nog: jou eie handewerk. En wanneer jy
die eerste keer daarop gaan sit, onthou jy elke afsonderlike stuk hout - hoe dit aanvanklik gelyk het, hoe dit
nou lyk; en jy onthou elke tap, hoe elkeen gepas het, met watter een jy die meeste gesukkel het, watter een
sommer dadelik gepas het. Jy ken daardie stoel soos jy net jou eie hart ken. En die stoel weet dit.
Uit-.Chriskras, Tafelberg 1972.
LU3.1
Table 2.10
Aktiwiteit 6
Om te verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan
bydra
• Vergelyk die twee gedigte.
1. Noem drie opvallende verskille tussen die twee gedigte.
2. Skryf kortliks in jou eie woorde hoe die hoofkenmerke en struktuur van elke gedig by die inhoud
daarvan aanpas. Dis nie so moeilik soos dit lyk nie - kyk na wat jy in a) gese het en bou daarop.
3. Watter een van die twee gedigte is meer op stemming en atmosfeer gerig? Gee redes vir jou antwoord.
4. Watter een fokus meer op die "boodskap"?
5. Wat word 'n gedig wat uit vier versreels bestaan (soos teks D), genoem?
LU3.5
Table 2.11
2,2,5 Assessering
LU 2 PRAAT
continued on next page
42 CHAPTER 2. KWARTAAL 2
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye verskeidenheid situasies
te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 idees en gevoelens op 'n kreatiewe en ekspressiewe manier gebruik;
2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe duidelik en akkuraat oordra;
2.3 basiese praatvaardighede toon;
2.4 om basiese interaksievaardighede te toon;
2.5 om idees en gevoelens op 'n kreatiewe en doeltreffende wyse oor te dra;
2.6 om kenmerke te identifiseer en te bespreek wat tot die sukses van eie kommunikasie bydra.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.1 'n wye verskeidenheid tekssoorte vir genot en inligting lees;
3.4 begrip toon van informatiewe tekste;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan
bydra;
3.6 begrip toon van 'n teks;
3.7 tegnieke ontleed wat in geskrewe tekste gebruik word om 'n spesifieke effek te bereik.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en
gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.2 inligting uit 'n wye verskeidenheid bronne vind;
5.3 inligting uit 'n wye verskeidenheid bronne verkry en verwerk.
LU 6 Taalstruktuur en -gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste
te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.9 verstaan en gebruik algemene sinonieme, antonieme, homonieme, homofone,
paronieme, een woord vir 'n omskrywing en klanknabootsende woorde gepas binne konteks;
continued on next page
43
6.2 werk met sinne:6.2.7 gebruik die aktief (bedrywende vorm) en passief (lydende vorm) en verstaan
wanneer elkeen gepas is;
6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en anders om, met die korrekte
gebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde;
6.4 'n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel:
6.6 met woorde werk (afieidings) .
Table 2.12
2.2.6 Memorandum
AKTIWITEIT 1
1. Groepwerk - beplanning van navorsingsonderwerp. Die rol van die onderwyser is kardinaal in terme
van leiding gee. Daar moet struktuur wees.
2. Elke lid van groep het sekere rol. Raamwerk moet sinvol wees.
3. Verwysingstegnieke en -konsensies: die verkorte Harvardmetode word baie algemeen gebruik en dit
kan nuttig wees om dit aan hulle bekend te stel (basies; nie te veel nie). 'n Baie nuttige nuwe publikasie om
te gebruik is Miiller, Dalene. 2003. Skryf Afrikaans van A tot Z. Kaapstad: Pharos Woordeboeke.
4. Stal projekte uit.
AKTIWITEIT 2
1. Praatvaardighede. Onderwyser gee leiding, veral tydens debatvoering - struktuur en prosedure is
belangrik.
Die woord "uniek" is prominent hier. Gebruik die geleentheid om oor "absolute" te gesels: kan iets "baie
uniek" wees? Soek nog voorbeelde van hierdie soort woorde.
1. Leerders word aangemoedig om selfrefleksie te doen.
AKTIWITEIT 3
1. Direkte en indirekte rede. LW: Verskeie moontlikhede antwoorde.
a) Valiant Swart, wat nie uitgepraat kon raak oor sy blikkies nie, het gese dat sy BP Super Turps met
Windhoek-bierdoppies (vir klank) oral saam met horn gaan.
b) Mnr. Graeme Wells van Afri-Can in Bellville se; "Bestellings vir die eg Suid-Afrikaanse produk stroom
in."
c) Wells se: "Die ramkies word gemaak om in elkeen se individuele smaak te val."
'n Mens kan hier 'n bietjie oor inleidende woorde gesels, bv. in sin b) kan 'n mens die woord "entoesiasties"
na "se" invoeg, ens.
AKTIWITEIT 4
1. Sinonieme
2. Antonieme
3. Homonieme
Eie sinne.
AKTIWITEIT 5
1. Lees vir genot en inligting.
a) Verskille: lank / kort (kompak)
B= Meer musikaal
B= "ouer" - kyk woordgebruik (bv. ferweel, vriende)
B= meer opvallende beeldspraak (bv. die skemer my wang soen, die man my aanhoor - personifikasie)
b) Eie insigte
44
CHAPTER 2. KWARTAAL 2
a) B is meer op stemming / atmosfeer gerig
b) C fokus meer op die "boodskap"
c) 'n kwatryn
2.3 Tegnieke in geskrewe tekste om spesifieke effekte te verkry 4
2.3.1 AFRIKAANS HUISTAAL
2.3.2 Graad 8
2.3.3 Module 7
2.3.4 TEGNIEKE IN GESKREWE TEKSTE OM SPESIFIEKE EFFEKTE TE
VERKRY
Aktiwiteit 1
Om tegnieke te ontleed wat in geskrewe tekste gebruik word om 'n spesifieke effek te bereik
• Kyk na die Leipoldt-gedig , Op my ou Ramkietjie.
1. Aan die einde van strofe 2 lees ons dat die verteller/musiekmaker se die mense beskou horn as "halfpad
mal". Is daar enige gedeeltes in die gedig wat vir ons 'n aanduiding gee of die mense reg of verkeerd is? Haal
hulle aan.
2. Wat bedoel die verteller met "as die skemer my wang soen" in strofe 3?
3. Wat se die woorde "soos ferweel" van sy ervaring van die buitelug?
4. Watter soort ATMOSFEER word in die gedig opgeroep?
5. Watter MIDDELE het die digter gebruik om die atmosfeer te skep?
6. Hierdie gedig is reeds lank gelede getoonset (van musiek voorsien) en is een van die bekendste Afrikaanse
gedigte wat gereeld deur ernstiger kunstenaars gesing word. Probeer vasstel waarin die SANGERIGHEID
van die gedig le.
7. Die laaste strofe is 'n presiese herhaling van die eerste. Ons se dit gee aan die gedig 'n "SIKLIESE
GANG" (siklus = sirkel); dit rond die gedig af. Watter ander bydrae lewer die slotstrofe tot die geheel van
die gedig (die inhoud, die atmosfeer, die boodskap, ens.)?
8. Wat beteken "kordaat" in strofe 4?
9. Haal woorde uit die gedig aan wat aandui hoe die verteller oor sy eie musiek voel. Kyk nou na die
Opperman-gedig (teks D).
1. Wie is aan die woord in die gedig?
2. Hoe weet jy dit? (Motiveer jou antwoord uit die gedig.)
3. Hoe noem ons die soort beeldspraak (waar 'n "lewelose" ding byna "menslike" eienskappe kry, en bv.
kan praat)?
4. Waarom maak die digter van hierdie tegniek gebruik in die gedig?
5. Verduidelik wat reel 1 beteken.
6. Wat probeer die verteller by ons tuisbring wanneer hy verwys na "die sterre, wolke, kolle van die son"?
7. Wat is die "vogte van die aarde"?
8. Wat is "harpuis"?
9. Dink jy hierdie beeld is toepaslik in die gedig? Motiveer jou antwoord. (Vind uit wat die doel van
harpuis is by 'n boom.)
10. Wat gebeur op die ou end met hierdie denneboom, volgens die gedig?
11. Is dit 'n waardige of vernederende einde vir die boom? Verduidelik jou antwoord uit die gegewens
wat in die gedig voorkom.
12. Wat, dink jy, probeer die digter by die leser tuisbring met hierdie gedig?
4 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m23968/l.l/>.
45
LU3.7
Table 2.13
Aktiwiteit 2
Om begrip te toon van informatiewe tekste
• Kyk na teks E (oor T.O. Honiball).
• Die doel van hierdie teks is om inligting te gee, m.a.w. dit is 'n informatiewe teks.
Identifiseer die hoofgedagtes en skryf hulle puntsgewys, maar in volsinne, neer. Daar moet nie meer as ses
kort sinne wees nie.
LU3.4
Table 2.14
Aktiwiteit 3
Om begrip te toon van 'n teks en om tegnieke te ontleed wat in geskrewe tekste gebruik word om 'n
spesifieke effek te bereik
Volgens die Letterkundige Sakwoordeboek is 'n essay '"n korter prosageskrif waarin 'n literere, godsdien-
stige, estetiese, politieke of sosiale probleem op persoonlike en pittige wyse behandel word."
By "Skets" lees ons: '"n kort prosastuk wat van 'n staties-beskrywende aard is ('n persoon, toneel of
situasie) en waarin ontwikkeling nie ter sake is nie."
Dit beteken dat 'n essay/skets 'n kort stukkie prosa is, maar nie 'n storie vertel nie. Belangrik by 'n
essay/skets is die knap en fyn taalgebruik vir die oordra van gewaarwording/ effek. Sommige sketse/essays
is byna in dieselfde sterk beeldende taal as 'n gedig geskryf, dus baie "mooier" (meer poeties) as wat 'n mens
normaalweg sal skrywe.
Enkele voorbeelde uit die fragment is die volgende:
• Jy skil die vlamrooi hout in papierdun stroke af
• Jy saag ritmies al op die merklyn langs, vorentoe en terug, vorentoe en terug.
• ... terwyl die soetbruin saagsels inreen na jou toe, en wegreen, en inreen na jou toe, en weg.
1. Skryf hierdie drie sinne in gewone Afrikaans oor.
2. In hierdie gedeelte uit die langer skets beskryf die skrywer hoe om 'n stoel te maak.
2.1 Skryf die dele neer waarin hy beskryf hoe jy 'n stoel maak.
2.2 Verander nou hierdie sinne in instruksies soos wat jy vir iemand sal verduidelik hoe om 'n stoel te
maak.
2.3 Deur gebruik te maak van een of twee voorbeelde uit 2.1 en 2.2, dui aan hoe die taal van die skets
meer poeties is as die taal waarin jy instruksies gee.
LU3.6
LU3.7
46
CHAPTER 2. KWARTAAL 2
Table 2.15
Aktiwiteit 4
Om 'n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste vir verskeie doeleindes te lewer
• Jy ontwerp 'n musiekinstrument deur van weggooigoed of onkonvensionele materiaal gebruik te maak.
1. Verduidelik stap vir stap hoe jy die instrument gemaak het (skryf dit neer).
2. Teken die ontwerp daarvan (om die tegniese aspekte uiteen te sit).
3. Maak 'n pamfiet met relevante maar bondige bewoording waarin jy die nuwe instrument bekendstel
en adverteer.
HIERDIE OEFENING MOET OP APARTE VELLE GEDOEN WORD EN DAN INGEVOEG WORD.
DIT KAN VIR JOU PORTEFEULJE GEBRUIK WORD.
LU 4.2
Table 2.16
Aktiwiteit 5
Om basiese vaardighede in spesifieke skryftegnieke gepas vir 'n tekssoort te toon
Skryf 'n kort gediggie oor jou nuwe instrument. Probeer om eenvoudige beeldspraak te gebruik.
LU 4.1
Table 2.17
Aktiwiteit 6
Om taal te gebruik om te ondersoek, inligting te verwerk en kreatief te dink
Navorsingsprojek
• Werk in groepe aan die volgende projek:
Uit die leesstukke in hierdie module is dit duidelik dat 'n mens met redelik min moeite tog die omgewing
kan help koester en bewaar eerder as om net nog afval en rommel by te voeg. Ons het gelees dat jy selfs
kuns kan skep uit afval en rommel.
1. Gaan bepaal in jou omgewing watter probleem daar bestaan met afval en rommel wat mense soms
skep.
2. Beplan saam in die groep wat gedoen kan word dat hierdie een produk nie meer 'n probleem is nie.
Gaan besluit saam oor 'n oplossing, iets waarvoor hierdie produk gebruik kan word sodat dit op 'n ander
manier tot sy reg kan kom (die studente van die Ruth Prowse Kollege het bv. papier herwin en daarvan
kunswerke gemaak).
3. Beplan hoe jy hierdie oplossing gaan gebruik om werk vir mense te skep. Skryf jou konsepweergawe
neer.
4. Op die ou end moet jy die produk bemark. Dit beteken dat jy mense moet gaan oortuig om die
produk te koop. Daarvoor moet jy met iemand by 'n afsetpunt gaan gesels. Skryf kort aantekeninge neer
ter voorbereiding (bv. wat jy die persoon gaan vra).
47
LU 4.4
LU 5.3
Table 2.18
Aktiwiteit 7
Om 'n verbeeldingsteks te skryf
• Skryf 'n brief waarin jy 'n afspraak met die betrokke amptenaar maak om hom/haar te spreek oor die
bemarking.
LU 4.1
Table 2.19
Aktiwiteit 8
Om idees en gevoelens op 'n kreatiewe en ekspressiewe manier te gebruik en om 'n verskeidenheid mul-
timodale tekste te gebruik
1. Rolspeel die onderhoud met die amptenaar.
2. Stel 'n plakkaat saam waarin jy jou produk adverteer.
DIE BRIEF KAN VIR JOU PORTEFEULJE GEBRUIK WORD EN DIE PLAKKAAT KAN DIE
KLASKAMER VERSIER.
LU 2.1
LU 4.2
Table 2.20
2,3.5 Assessering
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat
te kommunikeer.
om
vrymoedig
en
doeltreffend
in
gesproke
taal binne
'n wye
verskeidenheid situasies
continued on next page
48 CHAPTER 2. KWARTAAL 2
Dit word bewys as die leerder:
2.1 idees en gevoelens op 'n kreatiewe en ekspressiewe manier gebruik;
2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe duidelik en akkuraat oordra;
2.3 basiese praatvaardighede toon;
2.4 om basiese interaksievaardighede te toon;
2.5 om idees en gevoelens op 'n kreatiewe en doeltreffende wyse oor te dra;
2.6 om kenmerke te identifiseer en te bespreek wat tot die sukses van eie kommunikasie bydra.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.1 'n wye verskeidenheid tekssoorte vir genot en inligting lees;
3.4 begrip toon van informatiewe tekste;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan
bydra;
3.6 begrip toon van 'n teks;
3.7 tegnieke ontleed wat in geskrewe tekste gebruik word om 'n spesifieke effek te bereik.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 'n verbeeldingsteks skryf;
4.2 'n verskeidenheid feitelike skriftelike tekste vir verskeie doeleindes lewer;
4.4 taal gebruik om te ondersoek.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en
gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.2 inligting uit 'n wye verskeidenheid bronne vind;
5.3 inligting uit 'n wye verskeidenheid bronne verkry en verwerk.
Table 2.21
2.3.6 Memorandum
AKTIWITEIT 1
1. Teks C
a) Eie insigte - aanhalings moet hul interpretasie staaf.
b) As die skemer horn omvou.
c) Hy vind dit aangenaam en koesterend.
49
d) Enige aanvaarbare antwoord, bv. Speels, rustig, ens.
e) Rym, herhalende patrone, ritme, sangerigheid
f ) Kyk f )
g) Die boodskap is dat dit so sal voortduur; slepende gang,
h) Braaf, toegewyd, vreesloos, ongestoord
i) "in my skik"
2. Teks D
a) die denneboom
b) Ek ... word ... opgesaag
c) Personifikasie
d) Dit gee aan die boom menslike eienskappe soos gevoelens van vernedering, sodat die leser met die boom
kan identifiseer en bv. simpatie he.
e) Die boom moes staande bly teen die aanslag van die wind.
f) Die boom is deel van die natuur (dus, deel van die totale skepping).
g) Water (in die grond, maar ook dou, wolke, mis, ens.)
h) Dit is 'n taai gom wat uit die bas loop.
i) Ja, dit is. Harpuis verskyn by 'n wond aan die boom - dit vorm 'n beskermende laag. Die implikasie is
dat die boom uiteindelik uitgelewer is aan die mens wat horn vernietig vir sy eie gewin. Hy kan staande
bly teen die elemente en homself met harpuis beskerm, maar uiteindelik moet hy swig teen die mens.
j) Die boom word opgesaag sodat die hout gebruik kan word vir tamatiekissies.
k) Dit is vernederend. Eie verduideliking.
1) Hy lewer kommentaar op die mens se vernietiging van die natuur ter wille van homself (fmansiele
gewin?).
AKTIWITEIT 2
1. Hoofgedagtes: Eie woorde
• Toe Honiball was knap met die maak van miniatuurvoorwerpe.
• Toe hy in Bellville gewoon het, het hy 'n windpomp genaamd Poegaai gemaak wat nog steeds daar
staan
• Mnr. Krumm, wat later daar gaan woon het, wil erkenning gee aan Honiball.
• Fred Mouton, het Honiball ook goed geken en onthou wat hy alles gemaak het.
• Toe Honiball Valsbaai toe getrek het, het hy sy stokperdjie bly bedryf. Dit is vandag Africana.
• Honiball het ook tuis rolprente vervaardig. Hy was 'n interessante mens met 'n fyn humorsin.
AKTIWITEIT 3
1. Eie sinne
2. a) en b) - eie keuse uit stuk en eie sinne (instruksies) in feitelike taal - nie poeties.
AKTIWITEIT 4
Eie aanbieding. Duidelike aanwysings is belangrik.
AKTIWITEIT 5
Eie gediggie: rym, beeldspraak ens. Noodsaaklik om aan te dui dat leerder weet wat die verskil tussen
'n gedig en gewone prosa is.
AKTIWITEIT 6
Navorsingsprojek
AKTIWITEIT 7
Vorm van brief - amptelik - bondig en duidelik. Geen oorbodige inligting nie. Toon: saaklik.
AKTIWITEIT 8
Eie rolspel en plakkaat.
50 CHAPTER 2. KWARTAAL 2
Chapter 3
Kwartaal 3
3.1 Om met taal te werk 1
3.1.1 AFRIKAANS HUISTAAL
3.1.2 Graad 8
3.1.3 Module 8
3.1.4 Om met taal te werk
AKTIWITEIT 1
Om met taal te werk, korrekte vorme en afleidings te gee, die gebruik van lees- en skryftekens te demon-
streer, woordeskat uit te brei en omskrywings in een woord raak te vat
LU 6.1.2
LU 6.1.3
LU 6.1.6
LU 6.1.7
LU 6.2.1
LU 6.2.10
Table 3.1
• Lees die volgende teks deur en beantwoord die taalvragies daaroor. Die betrokke wo-
orde/leestekens/skryftekens is telkens onderstreep en vet gedruk om jou te help om hulle raak te
sien en ons werk die teks van bo af deur. Die paragrawe is van 1-9 genommer.
Teks A
Gestremde stap ver vir SA kankerpasient (uit Die Burger)
1) LONDEN - Mnr. Peter (Buddy) Geldenhuys, wat oor die hele wereld bekendheid
het as "Suid-Afrika se gestremde langafstandman," het pas hier aangekom nadat hy 'n staptog van
sowat 5 000 km deur Europa vir 'n Suid-Afrikaanse kanker(ly/lei)ertjie geld het.
1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m23975/l.l/>.
51
52 CHAPTER 3. KWARTAAL 3
2) Geldenhuys (59), wat die vyf jaar sowat 17 000 km op wereldstaptog afgele het, het
sy (waarmee hy pas klaargemaak het) tog op 29 Maart 2002 in Napels, Italie begin en deur
Switserland, Oostenryk, Duitsland, Belgie, Luxemburg en Frankryk gestap.
3) Hy het verlede Saterdag veerboot die Engelse Kanaal na Dover, waar DieBurger
horn in die hande gekryhet. Die naweek het hy tot by Canterbury gestap en hoop om more
Londen aan te kom. Dit sal beteken hy sal die tog van 5 000 km 225 dae voltooi.
4) Geldenhuys het elke dag 30 km met 'n Bybel, 'n rugsak van 35 kg, die Suid-Afrika vlag
omhoog, 'n ekstra stel krukke en water, gestap om geld in te samel vir jong Lauren Banfield, 'n leukemie-
pasientvan Benoni.
5) Fanconi anemie — 'n vorm van beenkanker —is op drie jaarouderdom by Lauren diagnose. Die siekte
veroorsaak dat die beenmurg (so dat dit nie meer sy doel dien nie)raak en nie meer die noodsaaklike
bloedsel-elemente wat in die bloedstroom vrygestel moet word, produknie. Die gevolg is dat het die
pasient 'n gevaarlik lae bloed plaatjie- en witbloedliggaamtelling.
6) Lauren het 'n tydjie gelede 'n beenmurgskenker in Duitsland gekry. Operasies op haar het reeds
sowat R500 000 . Die laaste vyf jaar het Geldenhuys sowat R220 000 vir leukemie-pasiente ingesamel
en hy raam dat hy op sy Europese tog sowat R70 000 vir Lauren ingesamel het. Sy leuse is: "Dit kan gedoen
word."
7) Geldenhuys kan net met krukke loop nadat 'n rugoperasie sowat tien jaar gelede skeefgeloop het en
hy permanent verlam en deel gestrem is.
8) Geldenhuys van Orange Grove, Johannesburg, het in 1998 van Chicago in die noorde van Amerika na
New York en Washington aan die ooskus en toe na Los Angeles en San Francisco aan die weskus gestap. Dit
het horn ses maande geneem om die afstand af te le.
9) "Ek wil mense motiveer. Daar is mense wat nie 'n fisiese gestrem het nie, maar 'n gees een.
Ek wil beklemtoon dat 'n mens (enigeiets/enige iets/enigiets/enig iets kan as jy besluit jy
gaan," se hy.
Opskrif
1. Hoe kan ons aandui dat ver in die opskrif "baie ver" beteken?
Paragraaf 1
2. Waarom staan die naam (Buddy) tussen hakies?
3. Verskaf een woord wat dieselfde beteken as oor die hele wereld.
4. Voltooi die vaste/idiomatiese uitdrukking: hy het bekendheid
5. Verduidelik waarom die woorde "Suid-Afrika se gestremde langafstandman" in aanhalingstekens
voorkom.
6. Waar is hier waarna hierdie woord verwys?
7. Vul die korrekte voorsetsel in: hy het 'n staptog (iets gedoen).
8. Gee die korrekte spelling wat hier pas: kankerlyertjie/kankerleiertjie. Weet jy wanneer om watter
een van die twee woorde te gebruik?
9. Voltooi die vaste/idiomatiese uitdrukking: hy het geld
Paragraaf 2
10. Gee een woord wat hier pas en dieselfde beteken as: die laaste vyf jaar.
11. Gee die meervoud van wereldstaptog.
12. Verskaf een woord vir die hele omskrywing: (waarmee hy pas klaargemaak het).
Paragraaf 3
13. Vul die ontbrekende voorsetsel (een woord!) in: hy het veerboot (gereis).
14. Voltooi die vaste/idiomatiese uitdrukking: hy het die kanaal (van die een kant na
die ander kant gereis/gevaar).
15. Gee een woord vir in die hande gekry wat hier gaan pas.
16. Wat beteken diesoos dit hier gebruik word?
17. Skryf die ontbrekende voorsetsel neer: hy hoop om more Londen aan te kom.
18. Vul die ontbrekende woord in: hy het die staptog 225dae afgele.
Paragraaf 4
53
19. Vul 'n woord hier in wat dieselfde beteken as: sowat/omtrent:
20. Gee die korrekte vorm van Suid-Afrika wat hier gaan pas:
21. Verduidelik waarom daar so baie kommas in hierdie paragraaf is.
22. Skryf die verkleinwoord van pasient neer.:
Paragraaf 5
23. Wat is die doel/nut/funksie van die aandagstrepe in die eerste sin?
24. Skryf een woord neer waarmee ons drie jaar hier kan vervang:
25. Gee die korrekte (werkwoord) vorm van diagnose:
26. Verskaf een woord waarmee ons die omskrywingso dat dit nie meer sy doel dien nie hier kan
vervang.
27. Gee die korrekte (werkwoord) vorm van produk om hierdie sin te voltooi.
28. Verskaf een woord wat dieselfde beteken as die gevolg is dat.
29. Watter woord moet in die plek van die koppelteken by bloedplaatjie- staan?
Paragraaf 6
30. Skryf een woord neer wat ons in die plek van 'n tydjie gelede kan gebruik.
31. Voltooi die tweede sin deur die korrekte (idiomatiese) werkwoord in te skryf: haar operasies het al
by die R500 000 .
32. Skryf 'n ander woord neer wat ons hier ken gebruik wat dieselfde as raam beteken.
33. Verduidelik waarom daar 'n dubbelpunt na is:gebruik word.
34. Watter verskil is daar tussen Dit kan gedoen word en Dit kan gedoen word?
Paragraaf 7
35. Skryf die korrekte vorm van deel neer wat hier sal pas:
Paragraaf 8
36. Skryf een woord neer wat hier gaan pas en wat beteken: min of meer.
Paragraaf 9
37. Skryf die korrekte vorm van gestrem, wat na die toestand verwys, neer.
38. Gee die korrekte vorm van gees wat hier sal pas.
39. Watter van die volgende vier voorbeelde is korrek gespel enigeiets / enige iets / enigiets / enig
iets? Omkring die korrekte(s).
40. Vul die ontbrekende vaste (idiomatiese) werkwoord neer wat hier gebruik word en wat beteken: om
te oorwin.
AKTIWITEIT 2
Om homonieme te gebruik
LU 6.1.9
Table 3.2
• Onthou julle nog wat HOMONIEME is? Dis mos woorde wat eenders lyk, maar verskillende betekenisse
het (die ander lyk beteken byvoorbeeld "dooie mens").
• In die bostaande leesstuk is daar heelwat sulke woorde.
• Gaan soek die volgende woorde en gebruik dan hulle homonieme in sinne. Kyk maar mooi en dink
verder; van die woorde het selfs meer as een ander betekenis:
54 CHAPTER 3. KWARTAAL 3
oor :
as :
pas :
geld :
van :
hoop :
tog :
stel :
om :
Jong :
vorm :
gevolg :
lae :
kan :
net :
3.1.5 Assessering
LU 6 Taalstruktuur en -gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste
te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:
6.1.2 gebruik basiese spelreels en 'n verskeidenheid spelstrategiee om onbekende woorde te spel;
6.1.3 gebruik hoofietters en skryftekens korrek en doeltreffend (kappie, koppelteken, deelteken, afkapping-
steken en aksentteken) ;
6.1.6 met woorde werk (korrekte vorme en afieidings)
6.1.7 woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat in konteks te ontwikkel;
6.1.9 algemene sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme, een woord vir 'n omskrywing
verstaan en gebruik;
6.2 werk met sinne:
6.2.1 met sinne werk en woordsoorte in konteks identifiseer en gebruik;
6.2.7 die aktief en passief gebruik en verstaan wanneer elkeen gepas is;
6.2.8 sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede verander en omgekeerd;
6.2.10 gebruik punktuasie doeltreffend (punt, komma, dubbelpunt, kommapunt, vraagteken, uitroepteken,
aandagstreep, hakies, aanhalingstekens, skuinsstreep);
continued on next page
55
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel.
Table 3.3
3.1.6 Memorandum
AKTIWITEIT 1
Hierdie eerste twee aktiwiteite is 'n lywige taaloefening, waarin hersiening gedoen word, maar ook enkele
nuwe dinge geleer word - een woord i.p.v. omskrywing, korrekte voorsetsels ens.
1. ver (Die woord kan natuurlik doodgewoon ook met 'n kappie gespel word, maar dit het dan nog steeds
nie die betekenis van "baie ver" nie.)
2. nie sy regte/doopnaam nie, maar 'n bynaam
3. wereldwyd
4. verwerf
5. word so genoem/ waarskynlik verwys koerante reeds lankal na horn op hierdie manier
6. Londen
7. op/tydens
8. Iyer - ly het met seerkry/swaarkry te doen; ander lei beteken voorloop
9. ingesamel
10. afgelope
11. wereldstaptogte
12. jongste
13. per
14. oorgesteek
15. opgespoor
16. hierdie
17. in
18. binne/in
19. ongeveer
20. Suid-Afrikaanse
21. lys dinge word gegee
22. pasientjie
23. lig inligting uit/belangrike inligting staan tussen
24. driejarige
25. gediagnoseer
26. ondoeltreffend
27. produseer
28. gevolglik
29. telling
30. onlangs
31. gekos
32. skat/bereken
33. direkte rede /inligting volg
34. eerste een: gewone stelling; tweede beklemtoon (selfs bo verwagting)
35. gedeeltelik
36. naastenby
37. gestremdheid
38. geestelike
39. enigiets
40. baasraak/regkry
AKTIWITEIT 2
56
CHAPTER 3. KWARTAAL 3
Laat u lei deur die leerders se antwoorde, maak seker dat hulle verstaan en help met ander moontlikhede
as die gewoon voor-die-hand-liggendes.
3.2 Om geskrewe taal in digvorm te verstaan en waardeer 2
3.2.1 AFRIKAANS HUISTAAL
3.2.2 Graad 8
3.2.3 Module 9
3.2.4 Om geskrewe taal in digvorm te verstaan en te waardeer
AKTIWITEIT 1
Om geskrewe taal in digvorm te verstaan en te waardeer
LU 1.1
LU 1.5
LU3.1
LU3.5
LU3.6
Table 3.4
• Nou verskuif ons na 'n ander dapper poging. Lees die onderstaande gedig deur en beantwoord die vrae
wat daaroor gestel word.
Teks A
Lees Klara Majola deur D J Opperman. Dit verskyn in Engel uit die klip uitgegee deur TAFELBERG.
1. Vertel in een sin wat Klara Majola gedoen het en wat sy oorgekom het.
2. 'n Mens se darem nie gewoonlik: iemand vergader hout nie, maar veel eerder: iemand maak hout
bymekaar. Waarom het die digter dan hier vergader gebruik?
3. Watter woord in strofe 1 berei ons voor dat iets buite ons verwagting gebeur het?
4. Tot dusver (strofe 1) het die verteller twee keer die naam Klara Majola net so gebruik, maar nou, in
strofe 2 voeg hy "klein" by. Watter effek bereik hy/probeer hy oordra met die woord?
5. Wat beteken bros (kapok)? Waarom, dink jy, gebruik die verteller die woord, en se hy nie maar net
"kapok" nie?
6. Hoewel die gebeure in die Bokkeveld afspeel (die gebied agter Ceres), kry "Bokkeveld" in die gedig 'n
ander betekenis ook. [Ons se die woord roep 'n ander betekenis op]. Wat kan die woord nog hier beteken?
7. In strofe 2 gebruik die verteller 'n pragtige beeld wanneer hy na Klara verwys. Watter soort beeldspraak
gebruik hy?
8. Bespreek die beeld in die laaste twee reels van strofe 2 en besluit veral oor die volgende:
• Is dit gepas (pas die beeld by die omgewing waarin die gedig afspeel)?
• Is dit 'n goeie beeld (se dit iets van hoe Klara lyk)?
• Se dit meer as wat net 'n gewone beskrywing sou se?
2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m23981/l.l/>.
57
As cms by so 'n vraag antwoord dat dit werk, se ons dis 'n GESLAAGDE VERGELYKING (of metafoor, of
watter beeldspraak dit ook al is) .
9. Lees nou weer die hele gedig en kyk dan spesifiek na strofe 3.
• Hoe verskil strofe 3 se inhoud (plek/ruimte en tyd) van die vorige twee strofes?
10. Waarna verwys "koue geweld" hier binne die konteks van die gedig, en spesifiek in hierdie strofe?
11. In strofe 2 gebruik die verteller die woorde "bros kapok". Waarom verander hy dan nou en gebruik
"koue geweld"? (Se dit meer?)
12. Waar is die verteller nou?
13. Het "Bokkeveld" hier nog dieselfde twee betekenismoontlikhede as in strofe 2? Verduidelik jou
antwoord.
14. In die laaste reel kry ons 'n pragtige TEENSTRYDIGHEID/PARADOKS wanneer die verteller se
Klara het "warm . . . verkluim."
• (KONTRAS/TEENSTELLING/TEENSTRYDIGHEID is baie dikwels 'n TEGNIEK wat 'n
digter/skrywer gebruik om meer trefkrag te gee aan wat hy wil oordra.)
• Wat bedoel hy met hierdie paradoks?
15. Ons kry in hierdie strofe ook 'n woord waarmee die verteller homself teenoor Klara stel. Skryf die
woord neer.
16. Die verteller kom tot 'n sekere ontdekking oor homself in die slotstrofe. Skryf dit in een sin neer.
17. Verduidelik nou waarom die verteller die naam "Klara Majola" so baie in die gedig herhaal.
18. Skryf die rymskema van die gedig neer.
19. Wat noem ons die soort rympatroon?
AKTIWITEIT 2
Om taal in verskillende kontekste met mekaar te vergelyk en begrip te toon vir die onderskeie aanwendings
daarvan
• Vergelyk Teks A en Teks B. Die een is meer feitelik en word as 'n artikel/berig aangebied, terwyl die
ander 'n gedig (oor 'n ware gebeurtenis) is. Soek die ooreenkomste en verskille in die volgende (jy kan
jou gerus laat lei deur die antwoorde wat jy op "Klara Majola" verskaf het):
1. die aanbieding
2. die inhoud
3. die gevolg
AKTIWITEIT 3
Om 'n ervaring in die vorm van 'n gedig, met gepaste aanwending van die korrekte styl en woordkeuse,
weer te gee
LU 4.1
LU4.3
Table 3.5
Kom ons waag nou self ons hand aan 'n gedig.
58
CHAPTER 3. KWARTAAL 3
• Skryf 'n kort gediggie (jy kan selfs "Klara Majola" as model gebruik) oor 'n onbaatsugtige of dapper
daad waarvan jy weet en wat 'n groot indruk op jou gemaak het. Oefen eers op jou eie papier en skryf
die finale poging hieronder.
• AKTIWITEIT 4
Om die tipiese taal en styl van 'n bepaalde soort teks waar te neem en in 'n eie skryfstuk toe te pas
LU 4.1
LU 4.4
Table 3.6
• Lees die volgende drie tekste deur en voer die opdragte daaroor uit
Teks B
Inbreker sit elf uur vas in skoorsteen — van dollee huis (uit Die Burger)
'n Aspirant-inbreker op Citrusdal het met die nagtelike gebeier van die kerkklok op die agtergrond oor
sy sondes besin terwyl hy bykans elf uur lank in 'n skoorsteen vasgesit het.
Die man het glo Maandagaand by die NG Kerk se pastorie probeer inbreek, maar nadat hy feitlik al die
ruite met 'n baksteen stukkend geslaan het, en horn telkens teen stewige diefwering vasgeloop het, het ta 'n
plan gemaak.
Hy het die saak uit 'n ander hoek benader en besluit om, soos wolf in die sprokie van die drie varkies,
die baksteenhuis deur die skoorsteen binne te glip.
Volgens kapt. Hilda Conradie van die plaaslike polisiekantoor was daar die keer nie net 'n kinkel in die
kabel nie, maar ook een in die skoorsteen. "Of sy hand gegly het en of hy laat los het, is nie duidelik nie,
maar hy het afgegly in die skoorsteen tot waar dit 'n draai na links maak, en daar het hy bly sit."
Die man het later aan die polisie vertel hy het gehoor hoe die kerkklok die ure aftel. "Hy was teen agtuur
al daar en het om hulp geroep, maar niemand het gehoor nie. Hy het moed opgegee omdat hy nie kon asem
kry nie. Hy kon elke uur die klok hoor slaan en teen vieruur die oggend het hy weer begin skreeu."
Volgens Conradie het mense horn douvoordag op pad werk toe gehoor. "Hulle het van die pad af gevra
wie hulle moet roep. Hy was so verlig dat hy dadelik gese het hulle moet die polisie ontbied."
Hy is teen sewe-uur bevry - en moes hoor die huis staan al lank leeg.
Ds. Dirk Burger, wat in die huis gewoon het, het verlede jaar afgetree en die huis staan al sedert November
leeg.
Teks C
Pasient word glo in lykshuis wakker(uit Die Burger)
Mnr. George Melanie, ook bekend as oom George, was onlangs baie koud toe hy na behandeling vir 'n
beroerte tot sy ontsteltenis in die hospitaal se lykshuis wakker word.
Melanie het vertel sy seun het op 'n hete dag met horn na 'n Bolandse hospitaal gejaag het nadat
hy skielik siek begin voel het. By die hospitaal is hy glo vir beroerte behandel en het hy sy bewussyn verloor.
"Toe ek wakker skrik, was ek kaal en het in 'n laai in die hospitaal se lykshuis gele.
"Ek het verpleegsters daar naby oor my dood hoor praat. My hele lyf was styf en my bene het koud
gekry. Toe ek hulle beweeg, het een dit gesien en van die skrik het hulle uitgehardloop.
"Ek het geroep en daar was mense wat my kom help het en gesorg het dat ek behandeling kry," het hy
gister aan Die Burger vertel.
Hy was baie dankbaar dat hy darem sy tagtigste verjaardag vroeer vandeesmaand kon vier. Sy seun het
bevestig dat hy sy pa die dag hospitaal toe geneem en vier dae later weer gaan haal het.
59
Die betrokke hospitaal het gister op versoek van Die Burger Melanie se leer uitgehaal. Niks word van sy
beroerte en behandeling vermeld nie. Die superintendent het gese die leer wys hy is die vorige jaar laas daar
behandel.
Teks D
Slang se kind laat man groot skrik (Uit Die Burger)
Mnr. Petrus Seling het 'n skrikaanjaende ondervinding gehad toe hy eers op 'n boomslang getrap en die
slang daarna om sy bene gekrul het. Hy het horn glo lam geskrik.
Volgens Seling was die slang langer as hyself.
Seling, wat slegs drie maande gelede na die riooluitvalwerke oorgeplaas is, vertel toe hy by die sifdeur van
die kantoorgebou op die terrein uitstap, het hy 'n geluid gehoor en die volgende oomblik bo-op die boomslang
getrap.
Soos blits het die slang om sy bene gekrul. Seling het die slang losgeskop, waarna dit deur die kantoor is
en in die stoorkamer tussen die sakke gaan skuiling soek het.
Die polisie het 'n natuurbewaarder ontbied, wat saam met 'n helper die slang met twee stokke gevang en
in die veld gaan vrylaat het.
• Gaan weer deur die drie berigte en haal woorde uit wat tipies van koeranttaal is. Onderstreep die
woorde. Kyk ook na die bou van die berigte - waar die meeste inligting voorkom, wat alles gese word,
hoe aangedui word dat daar onsekerheid/twyfel/vermoede bestaan.
• Noudat jy hierdie klompie leesstukke onder die knie het, is dit tyd om self so iets aan te pak.
• Skryf 'n KOERANTBERIG waarin jy vertel van 'n soortgelyke penarie. Dit kan iets wees waarvan jy
weet of 'n denkbeeldige ervaring. Oefen op jou eie papier en skryf die finale poging hier onder.
3.2,5 Assessering
Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne 'n wye verskeidenheid
situasies te reageer.
Assesseringstandaarde ( ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.1 na uitdagende verbeeldings- en informatiewe mondelinge tekste luister en dit waardeer;
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer;
continued on next page
60 CHAPTER 3. KWARTAAL 3
1.3 verstaan hoe bekende mondelinge tekste gestruktureer is en die kenmerkende eienskappe daarvan
beskryf;
1.5 die spreker se redes vir die keuse van spesifieke woorde, frases en sinne identifiseer om die luisteraar
te bei'nvloed en die impak daarvan verduidelik;
1.6 verskillende taalvarieteite, soos verskillende aksente en dialekte, herken en aanvaar en die taal van
verskillende groepe bespreek.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.1 'n wye verskeidenheid tekssoorte spontaan en dikwels vir genot en inligting lees en persoonlike reaksie
op die tekssoorte bespreek;
3.2 lees hardop en stil vir verskillende doeleindes deur gepaste leesstrategiee te gebruik;
3.3 die doel, teikengroepe en konteks van tekste bespreek;
3.4 begrip van informatiewe tekste toon;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan
bydra;
3.6 toon begrip van 'n teks, die doel daarvan en hoe dit met eie leefwereld skakel deur die intrige, temas,
waardes, karakters en ruimte/agtergrond te bespreek;
3.8 krities op tekste reageer.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 'n verskeidenheid verbeeldingstekste skryf;
4.2 'n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste lewer;
4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryf-tegnieke gepas vir 'n tekssoort toon;
4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep.
Table 3.7
3.2.6 Memorandum
AKTIWITEIT 1
• Behandel eers die gedig met die leerders sonder om na die vrae te verwys. U kan ook daarop klem le
dat die gedig 'n reaksie op 'n ware gebeurtenis is - wat iewers in 1958 afgespeel het. Die heldinnetjie
was 'n skrale agt jaar oud.
1. Klara het een koue skemeraand uitgegaan om haar blinde pa te gaan haal wat heeldag houtjies bymekaarge-
maak het, maar het in die donkerte verdwaal en het daardie nag verkluim.
2. pas binne die rym en ritme van die gedig
3. "maar"
4. wys op haar fisiese kleinheid, maar ook haar broosheid/druk bejammering uit
61
5. sag/breekbaarwil op die verskriklikheid wys dat iets so sag die dood kan veroorsaak/sou ook kon sg
die woord is 'n verdere projeksie van Klara se weerloosheid
6. "Bokveld toe" beteken ook doodgaan.
7. vergelyking: Klara se (bruin) lyk wat inmekaargetrek is, word vergelyk met 'n wingerdstok (wat ook
mos nooit reguit is nie)
8. Ja - daardie streek is o.m. bekend vir vrugtreboerdery, waaronder druiwe.Ja - kyk by 7Ja - ons kan
byna sien hoe Klara lyk.
9. nou nie meer waar dit gebeur het nie, vertel ook nie meer nie (maar pas toe), kan enige tyd wees, nie
noodwendig tydens of kort na gebeure nie
10. steeds na verkluim/koue/feit dat koue die mens kan doodmaak, maar wyer ook - na enige vorm van
onnatuurlike dood
11. Ja - kyk ook antwoord by 10.
12. enige plek - nie gebind aan streek (die Bokkeveld)
13. nee - slegs betekenis van "dood"
14. met 'n hart vol (warm van) liefde in die koue gesterf
15. "maar"
16. Besit nie so 'n opofferende liefde soos Klara nie.
17. Wil die naam laat insink.Noem van naam roep telkens die heldedaad op.Daar is sekere sangerigheid
in naam wat by ritme van gedig pas.
18. abab cdcd efef
19. kruisrym/gekruisde rym
AKTIWITEIT 2
Laat u lei deur wat die leerders se. NB dat hulle tog uitkom by: feitelike teenoor emotiewe gegewens,
sinne en paragrawe teenoor reels en strofes met bepaalde rym, bou en ritme; berig gee niks meer, terwyl
gedig ook met toepassing van gegewens werk
U sou selfs met 'n wakker klas die gedig in berigvorm kon laat skryf (of van die berig 'n gedig laat maak)
as kontrole om te sien of hulle die verskille in aanbieding raakvat.
AKTIWITEIT 3
U moet asb. self die lengte van die gedig en enige ander vereistes wat u wil stel, bepaal, ook die
puntetoekenning en datum van inlewering.
Sien na en gebruik vir portefeulje.
AKTIWITEIT 4
Laat u lei deur leerders se bespreking.
• Behandel tipiese vorm van berig: Omgekeerde piramiede, eerste par: wie waar, wat, wanneer, waar en
hoe? verdere uitbreiding logies in paragrawe
• Tipiese koeranttaal/woorde: glo/ vermoedelik/bevestig, ens.
Ook hier besluit u self oor die lengte van die skryfstuk, verleen vooraf hulp en gee leiding in die klas. Bepaal
ook die puntegewig wat die skryfstuk gaan dra en gebruik dit vir die leereder se portefeulje.
• As alternatief kan 'n langer SKRYFSTUK i.p.v./naas die berig hier gegee word - al drie die berigte
vertel van 'n penarie, maar daar is in al drie ook elemente van die "ander partye" se groot skrik - die
werkers op pad wat 'n stem uit die lee huis hoor, die verpleegsters wat 'n dooie sien ontwaak, die slang
wat horn sekerlik net so morsdood skrik en vir sy lewe vlug.
• Dit kan 'n heel prettige lang skryfstuk tot gevolg he as 'n mens die leerders die saak van die ander kant
af laat vertel!
62 CHAPTER 3. KWARTAAL 3
3.3 Om met woorde te werk en woordeskat uit te brei 3
3.3.1 AFRIKAANS HUISTAAL
3.3.2 Graad 8
3.3.3 Module 10
3.3.4 Om met woorde te werk en woordeskat uit te brei
AKTIWITEIT 1
Om met woorde te werk en woordeskat uit te brei
LU 6.1.7
Table 3.8
• Gaan nou weer terug na die drie berigte in Module 9. Stel spanne saam in julle klas en hou 'n vasvra
oor woorde wat vir julle "vreemd" of "onbekend" is. (Wenk: moenie vra dat iemand moet verduidelik
wat 'n woord beteken nie; vra liewer hoe 'n mens dit in 'n sin gebruik, of 'n teenoorgestelde, ens.) Laat
die onderwyser as skeidsregter optree. Teken al die woorde aan wat jy nie ken nie, en gaan slaan die
betekenis daarvan in 'n woordeboek na.
Intensiewe vorme
• In Teks C staan daar in die opskrif: "dollee"/dolleeg. So 'n vorm van 'n woord noem ons 'n INTEN-
SIEWE VORM, en dis dikwels nie moontlik om te verstaan wat die eerste deel beteken nie, omdat
hierdie verskynsel 'n baie ou verskynsel is in die tale waarvan Afrikaans familie is. Maar dis nogtans
interessant om hierdie vorme te ken en te gebruik - dis 'n manier om jou taal kleurvol te maak.
• Skryf intensiewe vorme vir die volgende woorde neer (die woorde kom uit die tekste):
verlig
koud
heet (warm - teks D)
wakker
kaal
styf
lam
• Baie van die woorde het meer as een intensiewe vorm en word by verskillende betekenisse van die woord
gebruik.
• Kom ons keer die speletjie om:
Gee woorde waarvan die intensiewe vorm met die volgende deel begin:
3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m23984/l.l/>.
63
skreeu
blits
dood (baie meer as net een)
AKTIWITEIT 2
Om met sinne te werk en direkte en indirekte rede, aktief en passief te oefen
LU 6.2.7
LU 6.2.8
Table 3.9
• Nou gaan ons weer met sinne werk. Julie onthou mos nog die Direkte en Indirekte rede en Aktief
en Passief, of hoe?
1. Skryf nou die volgende sinne in die Aktief (bedrywende vorm) of Passief (lydende vorm):
1.1. Hy is teen sewe-uur bevry.
1.2. By die hospitaal is hy glo vir beroerte behandel.
1.3. Niks word van sy beroerte en behandeling vermeld nie.
1.4. Seling het die slang losgeskop, waarna dit deur die kantoor is.
1.5. Die man het glo Maandagaand by die NG Kerk se pastorie probeer inbreek. (Die polisie gebruik
hierdie sin dikwels in die Passief wanneer hulle nog nie weet wie die skuldige is nie.)
1.6. Die betrokke hospitaal het gister op versoek van Die Burger Melanie se leer uitgehaal.
1.7. Die polisie het 'n natuurbewaarder ontbied.
2. Die volgende sinne uit die drie tekste is in die Direkte of Indirekte Rede. Skryf elkeen in die ander
vorm oor.
2.1 "Toe ek wakker skrik, was ek kaal en het in 'n laai in die hospitaal se lykshuis gele."
2.2 Sy seun het bevestig dat hy sy pa die dag hospitaal toe geneem en vier dae later weer gaan haal het.
2.3 Die superintendent het gese die leer wys hy is die vorige jaar laas daar behandel.
AKTIWITEIT 3
Om 'n teks te ondersoek en die styltegnieke, tema, intrige, karakterbeelding en ander elemente te verstaan
LU 1.3
LU 1.5
LU 2.2
LU 2.5
LU3.1
LU 3.2
LU3.3
LU3.5
Table 3.10
• Lees die verhaal Die Wors deur Hennie Aucamp wat verskyn in sy debuutbundel, Een Somermiddag en
uitgegee is deur Tafelberg-uitgewers en reageer op die letterkundige en ander vrae wat daaroor gestel
word.
• Beantwoord nou die vrae nadat jy die bespreking/inligting bokant elke vraag deeglik deurgelees en
verstaan het.
64
CHAPTER 3. KWARTAAL 3
1. Wie, dink jy, is die teikengehoor van hierdie verhaal (op watter ouderdomsgroep as leser is hierdie verhaal
gemik)?
2. Verduidelik of en hoe die taal, inhoud en karakters by die teikenlesers aanpas.
• Hierdie verhaal bestaan uit vier dele, wat van mekaar geskei word in die teks. In elk van die dele, buiten
in die derde deel, wat handel oor die seuns wat vir Danie en Pen weghardloop, is daar verskillende
karakters/groepe karakters wat in KONFLIK met mekaar verkeer (soms meer as een soort konflik binne
dieselfde deel).
3. Die eerste deel handel oor Wimpie, Tatties (Flossie) en hulle konflik met Bet.
3.1 Hoe word Bet voorgestel? (Haal bewyse uit die teks.)
3.2 Noem al die redes waarom die twee seuns nie van hulle taak en van die sog hou nie.
3.3 Is daar ooit sprake van 'n ander konflik in hierdie deel buiten tussen die twee seuns en Bet? Verduidelik
jou antwoord.
3.4 Wat leer ons van Wimpie se karakter in hierdie deel?
3.5 En van Tatties s'n?
4. Die tweede deel: die aankoms van die Sagies
4.1 Kan jy uit die teks bewyse kry dat ons op konflik voorberei word wanneer ons lees van die Sagies se
aankoms? Verduidelik.
4.2 Lees weer mooi die paragrawe in hierdie deel waar vertel word van die Sagies se aankoms. Uit wie se
oog kyk die verteller wanneer hy die aankoms beskryf: Wimpie se mense of die Sagies? Waarom dink jy is
dit so?
5. Die seuns
• Die hoofmoment / belangrikste konflik in die verhaal is die tussen Wimpie en Tatties (en dalk nog een)
aan die een kant, en Danie en Pen aan die ander kant.
5.1 Hoe word die leser voorberei dat daar 'n konflik tussen hierdie karakters gaan ontstaan? (Hier moet jy
weer vroeer in die verhaal gaan lees.)
5.2 Hoe verskil die twee groepe karakters van mekaar?
5.3 Reeds vroeer in die verhaal word die leser voorberei dat Wimpie met 'n plan vorendag gaan kom om
sy regmatige deel op te eis. Waaruit kan ons dit aflei?
5.4 Hoe oud is hierdie seuns omtrent? Kyk of jy jou antwoord uit die verhaal kan motiveer.
5.5 Wat verwag die leser gaan gebeur wanneer Wimpie en Tatties vir Danie en Pen probeer ontglip?
6. Aan die einde gebeur iets wat die leser hoegenaamd nie verwag nie: een van die karakters "draai" teen
die ander in sy groep Hierdie verskynsel noem ons IRONIE - wanneer iets gebeur wat ons juis nie verwag
nie.
• Verduidelik nou in een kort paragrafie (drie tot vier sinne) die ironie in die slot van die verhaal.
7. Kan jy nou volledig verduidelik waarom die titel van die verhaal Die wors is, en of dit 'n gepaste titel is?
AKTIWITEIT 4
Om op sinvolle en akkurate wyse inligting mondeling oor te dra
• Jy het sekerlik al self in jou lewe iemand probeer uitoorle/was self die "slagoffer" van so 'n spulletjie.
Gaan berei nou 'n kort mondelinge stuk voor en kom vertel die klas van jou ervaring. (Jy kan selfs
saam met 'n maat of twee hierdie episode mondeling rolspeel.)
LU 2.1
LU 2.2
LU 2.3
LU 2.5
65
Table 3.11
AKTIWITEIT 5
Om taal te lees vir die waardering van die estetiese daarin
LU 1.6
LU 2.1
LU3.1
LU3.3
LU3.5
LU3.8
Table 3.12
• Voer die opdragte daaroor uit.
• Lees die gedig Ek is oek important deur Peter Snyders, dit kom voor in 'n Ordinary mens.
Dit is
uitgegee deur TAFELBERG.
1. Hierdie gedig bestaan uit een enkele sin in dialektiese Afrikaans geskryf. Skryf die sin waaruit die gedig
bestaan, in Standaardafrikaans neer.
2. Gesels in groepe oor watter woorde/uitdrukkings nie-standaard is nie.
3. Sal die gedig dieselfde trefkrag he indien dit in Standaardafrikaans geskryf is?Waarom nie?
4. Wie is die verteller in die gedig? Motiveer jou antwoord uit die gedig self.
5. Ons kan uit die vorm van die gedig agterkom/aflei dat die verteller kwaad is (kyk maar hoe elke reel
as 't ware 'n kort, driftige veeg met 'n besem voorstel). Watter woord(e) se verder dat die verteller kwaad
is?
• Hierdie gedig, anders as byvoorbeeld Klara Majola, het geen rymskema of strofes nie. Ons noem so 'n
gedig 'n VRYE VERS. Tog is daar baie ander tegnieke wat die gedig aanmekaar hou.
6. Hoe maak die digter van herhaling gebruik om die gedig te bind?
7. Skryf neer wat die mense alles rondgegooi het. Het dit nou nog enige nut vir iemand?
8. Kyk 'n bietjie na die wyse waarop "rondgegooi" geskryf is. Is daar 'n bepaalde rede hiervoor?
[Ons kan ook vra: pas dit binne die konteks van die gedig?]
9. Tot watter gevolgtrekking kom die verteller aan die einde van die gedig?
10. Wie is in sy oe die belangrikste: "julle" of "ek"? Waarom se jy so - en motiveer uit die konteks en nie
uit jou eie gevoel nie.
AKTIWITEIT 6
Om vir spesifieke inligting en kerngedagtes te luister
LU 1.2
LU 5.3
Table 3.13
• Luister terwyl die onderwyser die onderstaande stuk hardop lees.
66 CHAPTER 3. KWARTAAL 3
Teks A
Kinders skryf eie handves op internasionale beraad oor kinderregte op Somerset- Wes
Die toekoms van en besluite oor die kind kan net deur die kind self bepaal en geneem word! Dis die
boodskap wat meer as 200 kinders in een stem uitgebring het op die Internasionale Spitsberaad oor die
Regte van Kinders in Suid-Afrika.
Volgens mnr. David Fortune, woordvoerder van Molo Songololo, sal die handves van kinderregte wat hier
deur die kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 self geskryf word, aan die Konferensie vir Volwassenes
oor Kinderregte voorgele word.
Mnr. Thabo Mbeki het op die amptelike opening van die beraad gese kinders se belange moet aan die
bopunt van die politieke agenda geplaas word, 'n Kinderverteenwoordiger is gister tydens die afsluiting van
die beraad deur die kinders self aangewys. Caroline Kryne (17) van Suid-Gauteng het gese die doel van die
beraad was nie net vir kinders om hul stemme te laat hoor nie, maar ook om veral ouers se oe oop te maak.
"Ek sal hierop voortbou en die beskerming van die kind beklemtoon," het Caroline gister aan JIP gese.
Caroline het ook haar gevoel oor die behandeling van straatkinders sterk uitgespreek. Sy het gese hoewel
daar regte vir die straatkind moet wees, moet daar ook voorsiening gemaak word vir die "toekomstige straat-
kind."
Vir Sindokuhle Zondi (12) en Nokuthuno Cebekhulu (13) van Pietermaritzburg word die kind die meeste
op opvoedkundige gebied afgeskeep. "Van ons skole het nie eens 'n biblioteek of 'n enkele rekenaar nie. Dalk
sal die handves hierdie probleme oplos."
Mev. Scholastica Kimaryo van Unicef het gister die versekering gegee dat die handves 'n werklikheid sal
word en "ek sal persoonlik die boodskap hier aan die Verenigde Nasies oordra."
Die handves is opgestel uit die verslae van die onderskeie werkwinkels wat die afgelope paar dae vir die
kinders gehou is. Die kinders het ten tyde hiervan hulle idees en oplossings oor onder meer opvoeding,
straatkinders, gesinslewe, mishandeling en kinderarbeid in die handves saamgevat. Die idees is oorgedra in
verstaanbare mediums soos musiek, opvoerings en gedigte.
Die handves, wat vandag amptelik aangeneem word, bestaan uit 'n voorrede en afdelings wat handel oor
die oortreding van kinderregte, die basiese regte van die kind, alle vorms van geweld, die kind in gesinsver-
band, gesondheid en welsyn, die reg op opvoeding, kinderarbeid en straatkinders.
(aangepas uit Die Burger)
• Beantwoord nou die volgende vrae in jou eie woorde en in volsinne, tensy anders gevra.
1. Haal drie woorde aan wat aandui dat die konferensiegangers waarskynlik almal saamgestem het dat net
kinders alleen oor die regte en toekoms van die kind kan besluit.
2. Wat gaan gebeur met die Handves van Kinderregte wat saamgestel is?
3. Wat beteken dit as iets "aan die bopunt van die (politieke) agenda" geplaas word?
4. Waar, dink jy, gaan die kinderverteenwoordiger haar stem laat hoor?
5. Se in jou eie woorde waaroor Caroline baie sterk voel.
6. Wat, dink jy, bedoel sy met haar verwysing na "die toekomstige straatkind"?
7. Watter aanduiding kry ons uit die inhoud van die leesstuk (buiten die naam "Internasionale . . ." in
par. 1) dat dit nie 'n spitsberaad vir Suid- Afrikaners alleenlik was nie?
8. Verduidelik die proses wat by die spitsberaad plaasgevind het totdat die finale verslag opgestel is.
9. Wat is 'n "voorrede"?
10. Daar word in die artikel veral na drie terreine verwys waaroor van die konferensiegangers wat in die
koerant aangehaal word, baie sterk voel. Skryf slegs hierdie drie terreine neer.
11. Watter ander afdelings kom nog in die Handves voor?
AKTIWITEIT 7
Om te debatteer en saam te besin oor die regte van kinders in 'n skool
67
LI
2.
I
LI
24
i
>
LIJ
2.;;
LIJ
2.4
LIJ
2.!i
LI
5.
I
LI
5.:
i
>
LIJ
5.;;
LIJ
5.4
LIJ
5.!i
Table 3.14
• Hoewel cms nie by hierdie spitsberaad oor kinderregte kon wees nie, sit cms tog almal saam as graad
8-leerders van een skool. Elkeen het 'n bepaalde siening oor watter regte hy/sy en ander rolspelers in
die skool en klaskamer het of behoort te he.
• Vorm groepe van ses tot sewe leerders en doen die volgende:
• identifiseer die rolspelers in die skool wat by opvoeding betrokke is;
• identifiseer die verskillende terreine waarin julle opgevoed word.
• Gesels nou oor die regte wat elke rolspeler/groep rolspelers op elke terrein het en watter regte hulle
behoort te he.
• Kyk na sake soos:
• Het alle leerders dieselfde regte (binne julle skool)?
• Moet alle leerders dieselfde regte he?
• Wat is die verskil tussen "regte" en "voorregte"?
• Moet leerders wat nie wil saamwerk om aan ander hulle regte te gee nie, steeds dieselfde regte hg, of
moet daar anders teen hulle opgetree word?
• Hoe word daar opgetree teen oortreders van regte in julle skool?
• Hoe kan daar opgetree word teen sulke oortreders?
AKTIWITEIT 8
Om 'n eie Handves van die Regte van Leerders binne die skool saam te stel
LU 4.2
LU 4.4
Table 3.15
• Elke groep werk nou, nadat die hele klas se menings oor die onderskeie sake aangehoor is, aan 'n
plakkaat met die titel: Handves van die Regte van Leerders aan . . . (Skool se naam).
• Onthou om al die terreine en regte waaroor julle in julle groep/die klas gesels het, in die dokument te
vervat.
• Hierdie plakkate kan uiteindelik teen die aanplakbord in die klas/kennisgewingbord van die skool
aangebring word.
68 CHAPTER 3. KWARTAAL 3
3.3.5 Assessering
69
Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne 'n wye verskeidenheid
situasies te reageer.
Assesseringstandaarde ( ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.1 na uitdagende verbeeldings- en informatiewe mondelinge tekste luister en dit waardeer;
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer;
1.3 verstaan hoe bekende mondelinge tekste gestruktureer is en die kenmerkende eienskappe daarvan
beskryf;
1.5 die spreker se redes vir die keuse van spesifieke woorde, frases en sinne identifiseer om die luisteraar
te bei'nvloed en die impak daarvan verduidelik;
1.6 verskillende taalvarieteite, soos verskillende aksente en dialekte, herken en aanvaar en die taal van
verskillende groepe bespreek.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye verskeidenheid situasies
te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 idees en gevoelens op 'n kreatiewe en ekspressiewe manier met 'n groot mate van selfvertroue en met
beperkte ondersteuning oordra deur 'n verskeidenheid mondelinge tekssoorte te gebruik;
2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe duidelik en akkuraat en met groter samehang
oordra deur 'n verskeidenheid feitelike, mondelinge tekssoorte te gebruik;
2.3 basiese praatvaardighede in 'n verskeidenheid tekssoorte toon;
2.4 'n verskeidenheid basiese interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke,
debatte en ondersoeke deel te neem;
2.5 mondelinge aanbiedings met redelike akkuraatheid en kreatiwiteit doen.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer.
continued on next page
70 CHAPTER 3. KWARTAAL 3
Dit word bewys as die leerder:
3.1 'n wye verskeidenheid tekssoorte spontaan en dikwels vir genot en inligting lees en persoonlike reaksie
op die tekssoorte bespreek;
3.2 lees hardop en stil vir verskillende doeleindes deur gepaste leesstrategiee te gebruik;
3.3 die doel, teikengroepe en konteks van tekste bespreek;
3.4 begrip van informatiewe tekste toon;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan
bydra;
3.6 toon begrip van 'n teks, die doel daarvan en hoe dit met eie leefwereld skakel deur die intrige, temas,
waardes, karakters en ruimte/agtergrond te bespreek;
3.8 krities op tekste reageer.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 'n verskeidenheid verbeeldingstekste skryf;
4.2 'n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste lewer;
4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryf-tegnieke gepas vir 'n tekssoort toon;
4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en
gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik;
5.2 taal gebruik om te ondersoek;
5.3 inligting verwerk;
5.4 kreatief dink;
5.5 taal gebruik om te besin.
Table 3.16
LU 6 Taalstruktuur en
-gebruik
Die leerder ken en is in staat om
te skep en te interpreteer.
die klanke,
woordeskat
en
grammatika
van
die taal te
gebruik
om tekste
continued on
next page
71
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:
6.1.2 gebruik basiese spelreels en 'n verskeidenheid spelstrategiee om onbekende woorde te spel;
6.1.3 gebruik hoofietters en skryftekens korrek en doeltreffend (kappie, koppelteken, deelteken, afkapping-
steken en aksentteken) ;
6.1.6 met woorde werk (korrekte vorme en afieidings);
6.1.7 woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat in konteks te ontwikkel;
6.1.9 algemene sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme, een woord vir 'n omskrywing
verstaan en gebruik;
6.2 werk met sinne:
6.2.1 met sinne werk en woordsoorte in konteks identifiseer en gebruik;
6.2.7 die aktief en passief gebruik en verstaan wanneer elkeen gepas is;
6.2.8 sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede verander en omgekeerd;
6.2.10 gebruik punktuasie doeltreffend (punt, komma, dubbelpunt, kommapunt, vraagteken, uitroepteken,
aandagstreep, hakies, aanhalingstekens, skuinsstreep);
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel.
Table 3.17
3.3.6 Memorandum
AKTIWITEIT 1
• Behandel intensiewe vorme, wys op die enkele gevalle waar die vorme twee woorde is, ens. Met 'n sterk
klas kan u dalk die leerders 'n bietjie laat navorsing doen oor die oorspronklike betekenis van baie van
die eerste dele van die vorme.
• doodverlig, yskoud, snikheet/snikhete, wawyd wakker, poedelkaal, stokstyf, boeglam
• skreeulelik, blitsvinnig, doodbang/-benoud/-verlig ens.
AKTIWITEIT 2
Bloot hersieningsoefening
Aktief/passief
1. Hulle/Die polisie het horn teen sewe-uur bevry.
2. Hulle/die hospitaal/verpleegpersoneel/dokter het horn glo vir beroerte behandel.
3. Die leer meld/noem/se niks van sy beroerte en behandeling nie.
4. Seling het die slang mos geskop, waarna dit deur die kantoor geseil/weggeseil/weggekom/ gevlug het.
5. Daar is glo Maandagaand by die NG Kerk se pastorie probeer inbreek.
6. Die leer is gister op versoek van Die Burger deur die betrokke hospitaal uitgehaal.
7. 'n Natuurbewaarder is deur die polisie ontbied.
Direkte/Indirekte rede
8. Hy se hy het kaal in 'n laai in die lykshuis van die hospitaal wakker geskrik.
9. Sy seun het gese: "Ja, ek het beslis/definitief my pa daardie dag hospitaal toe geneem en hom vier
dae later/daarna weer gaan haal.
10. Die superintendent het gese: "Die leer wys die man is verlede jaar laas hier behandel."
AKTIWITEIT 3
72 CHAPTER 3. KWARTAAL 3
• Lees die verhaal aan die klas voor/laat leerders self hardop lees (vir punte) of u kan selfs 'n rolverdeling
he met die verskillende karakters en 'n verteller. Laat dele van die verhaal dramatiseer vir meer effek.
1. Sekerlik hoofsaaklik jong tieners
2. eenvoudige taal, leefwereld van tienerseuns opgeroep, karakters self is om en by daardie ouderdom
3.1 lelik/gevaarlik/besete (varke van Gadara) skelm, log "homp vleis"
3.2 koud/ver om te stap/doen dit al te lank/, sog is vir hulle iets vreesliks, wreed/slinks
3.3 Ja - wanneer Wimpie vir Tatties die laaste keer die dikmelk laat gooi - effense weerstand by Tatties,
maar Wimpie praat dit goed met sy gladde mond.
3.4 oorheersend/leier/vinnig met plannetjies/probeer altyd loskom
3.5 onderdanig/doen maar mee
4.1 Ja - Willemses hou nie van Sagies - gedurige verwysings na hulle sukkelende bestaan en asery, gaste
onwelkom, veral die Sagies.
4.2 Wimpie-hulle s'n - leser moet die Sagies sien soos hulle hulle sien sodat ons simpatie met Wimpie
hulle het.
5. Sluit aan by voorafgaande, "nie dat hulle oorloop van liefde vir mekaar nieP'ook die inleiding tot die
gesels - minagtende verwysing na Tatties. twee plaasseuns en maats op hulle plaas, teenoor twee broers,
een ouer en een jongerOuer broer baie baasspelerig (amper soos Wimpie), dus verwag ons 'n soort "leier-
skapstryd".Jongste boetie onderdanig, byna soos Tatties - dus eerder passiewe karakters in konflikVerwys
weer na hoe hy Tatties uitoorle het met die gee van die laaste dikmelki 13, 14 - Wimpie nog op plaasskool
(seker tot st 5, 6 - gr 7/8) terwyl Danie 'n bietjie ouer is - reeds in dorpskool, en Pen natuurlik effens
jonger.dat die seuns tog maar op hulle gaan afkom/die wors in die hande gaan kry wat Wimpie weggesteek
het toe hulle gaan hout soek het
6. Flossie was die hele tyd een van die bondgenote - saamgegaan as hulle Bet versorg, is daar om Tatties
te "troos" toe Danie minagtend na horn verwys, maar noudat die maats hulle regmatige deel van die wors
kry en kan geniet, is dit juis hy wat die wors opgeeet het sodat die seuns niks kry nie - en hulle het juis van
die Sagie-broers af weggevlug sodat hulle nie van die wors moet kry nie.
7. Die hele verhaal en konflik tussen die verskillende karakters draai eintlik om die wors, wie se reg dit is
om daarvan te eet en al die planne om juis daardie reg te kan uitoefen. Ja, beslis 'n gepaste titel, want dit
verklap niks van die verrassende slot nie.
AKTIWITEIT 5
• Behandel eers die gedig sonder om na die vrae te verwys. Laat leerders die gedig voorlees. Dit kan
selfs 'n projek wees waar groepe die gedig kan dramatiseer/rolspeel. Hierdie gedig lei horn ook tot
'n bespreking of twee, drie: Wie is belangrik (er): die ryk morsjorse of die arm (e) straatveers en
skoonmakers en karweiers van huisvullis?
1. As al julle rykaards julle geld uitgegee en julle piesangskille in die slootjie gegooi het, julle buskaartjies
stukkend geskeur en op die grond laat val het, julle wyn en koeldrank gedrink het en die lee bottels en
blikkies sommer in die stegies neergesit het en julle visgrate en (halfgeete vrugte en stukkende boksies oral
neergegooi het, kom ek en maak alles skoon. Daarom is ek ook belangrik.
2. Leerders verskaf self antwoorde.
3. Beslis nie - kyk maar net na die sin en woorde: die ritme, atmosfeer en hele stemming van die gedig
sal verander.
4. straatveer - "dan kom ek en maakie wereld weer skoon"
5. "geldgatte", "bustikkets soes confetti gestrooi", "vrot vrugte"
6. Noem alles byna gelyk op "en julle . . ." "en julle . . ."Hierdie woorde staan ook elke keer op dieselfde
plek in die reel.
7. piesangskille, gebruikte buskaartjies, lee bottels en blikkies, halfgeete vrugte, lee boksiesNee, geen nut
vir enigeen - is net maar rommel
8. Nie teen mekaar soos normaalweg nie - wil dalk iets wys/visualiseer hoe die rommel gestrooi is.
9. Hy is belangrik omdat hy ander mense se gemors opruim.
73
10. "Ek" - hy maak agter "belangrike/ryk" mense skoon.
AKTIWITEIT 6
Kinders se eie volsinne moet die volgende inhoud oordra:
1. "in een stem"
2. Gaan aan die Konferensie vir Volwassenes oor Kinderregte oorhandig word, ook in die parlement en
die VN bespreek word.
3. een van die belangrikste dinge waaraan die parlement aandag moet gee / Parlement moet heel eerste
hieraan aandag gee
4. by die Konferensie vir Volwassenes oor Kinderregte en waarskynlik ook in die parlement
5. mishandeling van kinders ("beskerming van die kind") en die lot van straatkinders, getal straatkinders
van die toekoms
6. Wil waarskynlik he daar moet iets gedoen word sodat daar minder/geen straatkinders is.
7. Verteenwoordiger van Unicef/ VN was daar (Unicef - VN se arm wat met opvoeding van kinders werk) .
8. Kinders het in groepe oor aspekte van kinderregte gepraat, hulle idees / sieninge oorgedra met musiek
/ deur gedigte en dramatisering, waarna die verslae van die onderskeie groepe gebruik is om die finale verslag
saam te stel.
9. inleidende hoofstuk
10. kindermishandeling, straatkinders, opvoeding
11. oortreding van kinderregte, die kind in die gesin, gesondheid, welsyn, kinderarbeid(Dis belangrik dat
leerders nie weer al die afdelings noem nie, maar die vraag is juis daarop gerig om te kyk of hulle verstaan
dat "beskerming van kinders" met kindermishaneling, en dus geweld te doen het.)
AKTIWITEIT 7
• Hierdie aktiwiteit kan 'n verfrissende en selfs insiggewende gesprek word en u en die leerders met nuwe
oe na mekaar, ander onderwysers en skoolpersoneel laat kyk en waardeer. Dalk is die tyd ryp dat
leerders mekaar aanspreek oor lasposte, moeilikheidmakers ens. wat dissipline ondermyn ens. Hierdie
soort besprekings kom meesal by oplossings uit en bly nie vassteek by beskuldigings nie. Dis o.m. u
taak om die leerders te begelei na oplossings en om verder te gaan as net ander die skuld te gee. So
maak ons van hulle "groter" mense.
74 CHAPTER 3. KWARTAAL 3
Chapter 4
Kwartaal 4
4.1 Skriftelike weergawe van hoofpunte in 'n teks 1
4.1.1 AFRIKAANS HUISTAAL
4.1.2 Graad 8
4.1.3 Module 11
4.1.4 SKRIFTELIKE WEERGAWE VAN HOOFPUNTE IN 'N TEKS
AKTIWITEIT 1
Om hoofpunte uit 'n teks te haal en skriftelik weer te gee
LU 3.4.1
LU 5.3.2
Table 4.1
Teks A
KORT(liks oor) SPORT (Eie artikel)
Reeds eeue lank al hou die mens horn op die een of ander manier besig met ontspanning waarby mededing-
ing betrokke is. Ons weet uit antieke geskrifte dat die volke van lank gelede teen mekaar meegeding het op
'n georganiseerde wyse - die moderne Olimpiese Spele is immers 'n voortvloeisel uit en voortsetting van 'n
soortgelyke spele wat in die antieke Griekse stadstate voorgekom het.
Maar georganiseerde sport is nie al vorme van sport wat bestaan nie; meer mense is sekerlik bekend met
ongeorganiseerde sport - sport wat plaasvind sonder dat 'n byeenkoms gereel is of word. Dink maar aan
twee mense wat besluit om 'n potjie skaak te speel om die lang winteraand voor die kaggelvuur te verwyl,
'n groep kinders wat pouse besluit om 'n tennisbal rond te skop of te gooi en op die manier kragte te meet;
twee motorbestuurders wat by 'n rooi verkeerslig die motors se enjins aanjaag as teken dat hulle hulle motors
met die wegtrek teen mekaar wil opweeg, of 'n groep laerskoolmeisies wat heen en weer oor 'n rek spring
wat twee van hulle maats wydsbeen styf trek - ook om te kyk wie die langste kan spring en die minste foute
maak.
Wat is sport dan nou eintlik? Wanneer is iets sport en wanneer nie? Die meeste woordeboeke is dit eens
dat sport veral met fisiese oefening of liggaamsbeweging te doen het, maar tog ook emosionele, geestelike
1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m23987/l.l/>.
75
76
CHAPTER 4. KWARTAAL 4
en verstandelike mededinging behels, dat dit volgens bepaalde (geskrewe of ongeskrewe) reels plaasvind, dat
dit iets is wat mense vir hulle ontspanning of tydverdryf doen (deesdae natuurlik ook vir geld!), dat daar
toeskouers betrokke is/kan wees, en dat daar uiteindelik 'n wenner kan of behoort te wees.
'n Mens hoor tog te dikwels dat ons Suid-Afrikaners sportmal is, dat rugby (of krieket of sokker,
afhangende van die seisoen en die aanhangers) byna soos 'n godsdiens vir ons is. En as ons kyk na al
die terreine van die lewe waarop mense met mekaar kan meeding, verbaas so 'n siening ons glad nie.
Is alles in die lewe dan sport? Twee leerders wat hard werk en nie-amptelik in 'n toets of eksamen
(intellektueel) meeding om te kyk wie die meeste weet, iemand wat jou nader roep en vra om 'n swaar kas
te dra, want "jy is mos sterker as jou broer," selfs twee kleuters wat spog oor wie se pa die beste is?
Een ding staan egter vas: solank daar mense op hierdie aarde is, sal daar sport wees.
• Lees die gegewe TEKS A deur en maak 'n opsomming van die inhoud deur die volgende opdragte uit
te voer:
1. In die teks word 'n baie ruwe definisie van sport gegee, waarin verskillende fasette uitgelig word.
Skryf hierdie fasette elkeen in 'n aparte reel en in 'n kort volsin in jou eie woorde neer. (Jy moet darem
minstens vyf gee.) Dis ook gebruiklik om aan te dui hoeveel woorde jy by elke antwoord gebruik het.
2. In die teks word 'n hele aantal voorbeelde genoem wat sport kan wees (of dalk ook nie). Skryf hierdie
voorbeelde elkeen in 'n aparte reel neer en dui langsaan aan of jy dink dit kan as sport geklassifiseer word of
nie. Probeer by elkeen jou keuse motiveer (verduidelik).
3. In die leesstuk word 'n hele aantal redes genoem en gei'mpliseer (ons moet dit dus aflei) waarom mense
aan sport deelneem. Skryf vier redes neer wat jy kan raak lees of aflei.
Aktiwiteit 2
Om 'n gedig te lees en te ontleed om die wonder van die gebruik van woord en beeld te ervaar
LU 1.1
LU 1.3
LU 1.5
LU3.1
LU3.3
LU3.5
Table 4.2
Teks B
• Lees Die Gewigopteller deur Ernst van Heerden.
1. In hierdie gedig word die optel van die gewig as 'n stryd tussen twee kragte gesien wat elkeen op 'n unieke
manier uitgeBEELD word. Soek in die gedig na woorde wat verwys na die krag waarmee die aarde die gewig
vashou (swaartekrag) .
2. Waarmee word hierdie krag vergelyk? (So 'n vergelyking waar die woorde "soos" of "as" nie gebruik
word nie, noem ons 'n METAFOOR en ons se "in 'n metafoor word die beeld direk in die plek van die
werklikheid genoem.")
3. Watter woorde beskryf die gewigopteller? (Kyk mooi; daar is op meer plekke as net een 'n verwysing
na horn.)
4. Waarmee word die gewigopteller dus vergelyk?
5. Watter woord kan ons as die heel BELANGRIKSTE woord in die gedig beskou?
6. Hoe word hierdie woord uitgelig? (Watter tegnieke gebruik die digter dat ons hierdie woord raaksien?
7. Wat beteken die woord?
77
8. Wat druk die woord in die gedig uit?
9. Kyk na die leestekens in die gedig. Vanaf reel 3 is daar geen leestekens aan die einde van die reels nie,
wat aandui dat ons die reels aaneen moet lees sonder pousering. Wat noem ons hierdie verskynsel?
10. Wat is die funksie hiervan in hierdie gedig?
11. Lewer kommentaar oor die kort KLANKE, WOORDE, REELS en STROFES in die gedig. Besluit
of dit enigsins bydra tot die hele inhoud van die gedig, en ook hoe.
12. Wat noem ons die soort strofes waaruit die gedig bestaan?
13. En die rymskema?
Aktiwiteit 3
Om begrip van die inhoud van 'n gegewe teks weer te gee
LU 3.2
LU 5.3.2
LU 5.5.1
Table 4.3
Teks C
Stokgeveg dalk as SA sport bereken (uit "Die Burger")
Stokgevegte, een van Suid-Afrika se gunsteling- inheemse tydverdrywe, gaan dalk eersdaags as amptelike
sport erken word.
As alles volgens plan verloop, kan die land se voorste stokslaners mekaar reeds in September vanjaar
amptelik te lyf gaan by Suid-Afrika se eerste inheemse sportspele in die provinsie Limpopo. Die voorsitter
van die Suid-Afrikaanse Sportkommissie, dr. Joe Phahla, het gister aan die portefeuljekommissie oor sport
gese inheemse sportsoorte en speletjies sal uitsterf as die jeug dit nie aanleer nie. Daar word dus in September
'n inheemse spele gehou om sportsoorte soos stokgevegte amptelik op die sportkalender te plaas.
"Ons is besig om stokgevegte veiliger te maak met behulp van elektroniese stokke wat 'n hou sal registreer
wanneer 'n deelnemer 'n ander tref," het Phahla gese. "Ons hoop om ook 'n span van die parlement daar in
aksie te sien," het hy geskerts.
Tans word die tradisionele speletjie ncuva, wat met klippies in 'n sirkel op die grond gespeel word,
gerekenariseer sodat mededingers uit die nege provinsies mekaar elektronies die stryd kan aanse.
Volgens Phahla begin die spele met 'n klein begroting, maar daar is landwyd reeds 230 fasiliteerders
opgelei om deelnemers in tradisionele sport af te rig. 'n Handleiding word ook saamgestel waarin die reels
vir die sport gestandaardiseer word.
Suid-Afrika sal ook in Julie in Toronto, Kanada, aan 'n internasionale byeenkoms vir inheemse sport
deelneem.
• Beantwoord die volgende vrae oor die leesstuk elke keer in een volsin en in jou eie woorde:
1. Watter gevaar bestaan daar volgens mnr. Pahla oor die toekoms van inheemse sport?
2. Noem twee maniere waarop inheemse sportsoorte gemoderniseer word.
3. Hoe weet ons dat die voorgenome spele nie iets is waarom sommer so skielik besluit is nie?
4. Waaruit kan ons aflei dat mnr. Phahla nie regtig verwag dat 'n span parlementslede ook aan die spele
gaan deelneem nie?
5. Noem drie maatreels wat reeds in werking is om te verseker dat die deelnemers aan die inheemse spele
wel aan bepaalde standaarde sal voldoen en volgens sekere reels sal optree.
4,1,5 Assessering
78 CHAPTER 4. KWARTAAL 4
Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne 'n wye verskeidenheid
situasies te reageer.
Assesseringstandaarde ( ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.1 na uitdagende verbeeldings- en informatiewe mondelinge tekste luister en dit waardeer;
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer;
1.3 verstaan hoe bekende mondelinge tekste gestruktureer is en die kenmerkende eienskappe daarvan
beskryf;
1.5 die spreker se redes vir die keuse van spesifieke woorde, frases en sinne identifiseer om die luisteraar
te bei'nvloed en die impak daarvan verduidelik;
1.6 verskillende taalvarieteite, soos verskillende aksente en dialekte, herken en aanvaar en die taal van
verskillende groepe bespreek.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.1 'n wye verskeidenheid tekssoorte spontaan en dikwels vir genot en inligting lees en persoonlike reaksie
op die tekssoorte bespreek;
3.2 lees hardop en stil vir verskillende doeleindes deur gepaste leesstrategiee te gebruik;
3.3 die doel, teikengroepe en konteks van tekste bespreek;
3.4 begrip van informatiewe tekste toon;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan
bydra;
3.6 toon begrip van 'n teks, die doel daarvan en hoe dit met eie leefwereld skakel deur die intrige, temas,
waardes, karakters en ruimte/agtergrond te bespreek;
continued on next page
79
3.8 krities op tekste reageer.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en
gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik;
5.2 taal gebruik om te ondersoek;
5.3 inligting verwerk;
5.4 kreatief dink;
5.5 taal gebruik om te besin.
Table 4.4
4.1.6 Memorandum
AKTIWITEIT 1
Behandel die verskillende soorte opsommings met u leerders - verkorting van geheel, selektiewe uitkenning
van gegewens, parafrasering van woorde van teks ASOOK die metodes wat hulle kan gebruik om opsommings
te bemeester / onder die knie te kry.
Laat leerders in groepies werk, die teks 'n paar keer deeglik deurlees, die eerste keer sonder dat hulle na
die opdragte gekyk het, en daarna met inagneming van die opdragte.
Verduidelik dan die werkwyse weer: onderstreping van betrokke feite / inligting; weergee van die feite in
sinvolle volsinne in eie woorde; moontlike verkorting van stelwyse (sonder om inligting verlore te laat gaan);
die aanduiding van die aantal woorde vir die antwoord.
Laat elke leerder dan indiviueel sy / haar finale antwoord neerskryf.
1. (fisiese) oefening of liggaamsbeweging; ook emosionele, geestelike, verstandelike kompetisie;
mededinging/kompetisie-element belangrik; volgens bepaalde reels; georganiseer; mense doen dit veral vir
ontspanning/tydverdryf; daar is gewoonlik 'n wenner. [Opdrag vra elkeen in 'n volsin in 'n reel.]
2. Die leerder moet hier op grond van sekere aspekte van die definisie by 1 onderskei: in par. 2,4 en 5
word die volgende genoem:
• twee mense wat by kaggelvuur 'n potjie skaak speel
• 'n groep kinders wat pouse tennisbal rondskop of rondgooi
• twee motorbestuurders wat "dice" by 'n verkeerslig
• laerskoolmeisies wat rekspring
• rugby
• krieket
• sokker
• twee leerders wat nie-amptelik kompeteer vir die hoogste punte
• jy wat kas moet help dra omdat jy sterker as jou broer is
• twee kleuters wat spog oor wie se pa die beste is
• NB: Hier is nie noodwettig korrekte of verkeerde antwoorde nie; die motivering van die leerders bevat
meestal iets van kompetisie, reels, 'n wenner, fisiese aktiwiteit. Hier kan u die oefening gebruik om
leerders se logika en vermoe om toepassings te maak, heerlik aanwakker.
3. om met ander kragte te meet
vir (mededingende) ontspanning/tydverdryf
vir geld
80 CHAPTER 4. KWARTAAL 4
om fiiks en gesond te bly
AKTIWITEIT 2
• Lees die gedig met die leerders deur / laat hulle dit self stil lees en na enkele aspekte daarvan kyk, bv.
lengte van woorde, klanke, enjambement.
• Vra die leerders se respons - ons wil immers he dat hulle saam met ons die wonder van poesie ontdek
en leer om analities te dink. Behandel die gedig (moontlik selfs na aanleiding van hierdie response)
sonder om die vrae as sodanig van 'n kant af te beantwoord.
1. "taai" "klou" "vermenigvuldig elke pond"
2. 'n sort dier - die word "klou" is hier die leidraad
3. "ruie vlegsel van die spier" "dier" wat (met een) "klap"
4. ook hy word met 'n dier vergelyk (metafoor)
5. "triomfantelik"
6. tussen aandagstrepe met uitroepteken daarna, tipografies in middel van gedig
7. oorwinnend, verwys na die oorwinning wat die gewigopteller behaal
8. die gewigopteller wat die gewig bokant sy kop uitstoot (Hier kan u die leerders daarop wys dat die
woord as't ware die as van die stel gewigte voorstel; die deel onderkant word die gewigopteller en die gewig
bokant hierdie word die gewig. Die hele gedig, en veral die woord in hierdie posisie BEELD die gewigopteller
uit wat die gewig bokant sy kop hou.)
9. enjambement
10. Moet reels aaneen lees - die inhoud handel oor die vloeiende beweging waarmee die gewigopteller die
gewig "blitssnel" bokant sy kop uitstoot.
11. kort woorde / woorde met kort klanke - suggereer die vlugtigheid van die oomblik ook die kort reels
dra hierdie boodskap oor.
12. koeplette
13. paarrym
AKTIWITEIT 3
Buiten dat u hierdie teks as begripstoets gaan gebruik, kan u die leerders laat debatteer oor heelwat
kwessies wat hierin aangeraak word: waarom moet "swart" sportsoorte opgeblaas word, kultuurverskille wat
na vore kom in verskillende sportsoorte, tradisionele sportsoorte van ander kulture (leerders kan hieroor gaan
navors / uitvra) ens. Die teks dien o.m. as voorbereiding / katalisator vir Aktiwiteit 5.
(let op dat die leerders elke vraag in een volsin moet beantwoord.)
1. Inheemse / tradisionele sportsoorte en speletjies kan uitsterf as ons nie daarvan bewus gemaak en
aangemoedig word om deel te neem nie.
2. Stokgevegte word met elektroniese stokke geveg wat registreer sodra 'n stok die teenstander raak, en
ander speletjies word byvoorbeeld aangepas sodat dit op rekenaar gespeel kan word.
3. Daar is heelwat aktiwiteite rondom die spele aan die gang, soos fasilteerders wat opgelei word en 'n
handeling met reels wat vir die sportsoorte opgestel is.
4. Hy het die opmerking skertsend gemaak.
5. Hulle sal afgerig word, daar is 'n handleiding met reels beskikbaar en daar word 'n spele aangebied
waar deelnemers kragte kan meet.
4.2 Woordeskatuitbreiding 2
AFRIKAANS HUISTAAL
Graad 8
Module 12
WOORDESKATUITBREIDING
Aktiwiteit 1
2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m29629/l.l/>.
81
Om woordeskat uit te brei
[LU 6.1]
Gaan weer na TEKS C toe terug en gee die betekenis van die volgende woord en uitdrukkings in jou eie
woorde. Gebruik gerus 'n woordeboek as jy nie heeltemal seker is nie.
1. eersdaags
2. inheemse sport
3. iemand te lyf gaan
4. iets op die sportkalender plaas
5. elektronies
6. iemand die stryd aanse:
7. handleiding
8. standaardiseer
Aktiwiteit 2
Om navorsing te doen en mondeling en skriftelik terugvoering te gee
[LU 2.2, 2.4, 4.2, 4.4, 5.1, 5.2, 5.3]
Julie skool het besluit om 'n inheemse sportspele aan te bied waar al die gemeenskappe in die omgewing
aan tradisionele inheemse (of tipiese) sportsoorte sal kan deelneem. Die doel van die spele is dat die verskil-
lende gemeenskappe en bevolkingsgroepe iets van mekaar se kulture sal leer ken en mekaar sodoende beter
verstaan. Julie het besluit dat daar sportsoorte moet wees waaraan, volwassenes (mans en vroue) en kinders
(seuns en meisies) uit elke groep moet kan deelneem.
Vir hierdie doel is julle klas gevra om
1. te gaan uitvind watter inheemse/tipiese sportsoorte in die verskillende gemeenskappe voorkom en
beoefen word;
2. 'n plakkaat saam te stel waarin julle die byeenkoms adverteer, waar daar minstens tien items gaan
wees.
Die tema van die spele is:
Ons reenboognasie - eenheid in verskeidenheid
Julle sal in groepe werk en MONDELING terugvoering gee oor die sportsoorte waarvan julle gaan na-
vorsing doen het en daarna in groepe 'n program SKRIFTELIK saamstel.
Aktiwiteit 3
Om geskrewe taal te redigeer
[LU 4.4, 6.1, 6.2]
Wanneer ons taal-, spel-, leestekens en idioomfoute regmaak, noem ons dit REDIGERING. Dis eintlik
iets wat ons almal behoort te kan doen en moet aanleer; miskien doen baie van julle dit al: jy lees miskien
'n taak of skryfstuk deur om foute te elimineer (uit te haal) voordat jy die finale produk saamstel.
Lees die volgende beriggie deur waarin daar heelwat sulke soorte foute voorkom en redigeer dit aan die
hand van die riglyne wat na die beriggie volg.
Teks D
SA se koel kop Freitag wil sy opponente skud
1 Die Suid Afrikaanse atletiekster Jacques Freitag wil op 2,30m. begin spring wanneer hy volgende
Vrydagaand sy aanslag op die wereldtitel maak vir mans in Parys.
2 Dit is dieselfde hoogte op wat Freitag onlangs op 'n groot internasionale kompetisie in Eberstadt
Wesduitsland al sy teenstanders gewen het.
3 Die 21-jarige Freitag oefen tans in Pretoria en het gister vertel hoe vel sy oorsee se kompetisie nou
geword het in hul pogings om horn te ontsenu. "Voorheen het hulle nie juis notisie van my geneem nie; nou
vertel hulle my gedurig dat ek weeg te swaar, herhinder my aan my vorige beserings en se ek hou nie van
nat bane nie" het Freitag gese.
4 Om sy selfvertroue op nat bane te bou, het Freitag se afrigter, Jonathan Van Zyl, Vrydag die baan
sopnat laat spuit. Met die baan nat en die dwarslat op 2,30m het Freitag sewe keer gemaklik oor die hoogte
geseil. Geen wonder sy selfvertroue is nou hemelhoog.
1. Kyk na die woorde 2, 30m. /2,30m in par. 1 en 4.
82 CHAPTER 4. KWARTAAL 4
Watter skryfwyse is korrek: m. (met punt) of m (sonder die punt)? Weet jy ook waarom dit so is?
2. OPSKRIF
Skryf die woord wat verkeerd gespel is, KORREK neer.
3. Paragraaf 1
In hierdie paragraaf is daar 'n leestekenfout (miskien selfs twee, sou sommige mense wou he) sowel as 'n
woordordefout (wat die betekenis van die sin onduidelik kan maak. Skryf die sin korrek oor en dui aan waar
jy verander het deur die betrokke redigering te onderstreep.
4. Paragraaf 2
Hierdie sin bevat 'n verkeerde woordvorm, 'n leesteken- en twee spelfoute.
Skryf die swak woordvorm neer en langsaan die korrekte vorm. in die volgende reel die spelfoute met die
verbetering, en verduidelik laastens wat die leestekenfout is.
5. Hoewel 'n mens deesdae al hoe meer hoor mense praat in Afrikaans van: "hy het sy opponent gewen,
is dit eintlik nie die korrekte woord om hier te gebruik nie. Wat is die korrekte woord? Wanneer gebruik
ons dan wen?
6. Paragraaf 3
In die eerste sin van hierdie paragraaf is daar 'n spelfout en 'n verkeerde woordkeuse (wat miskien ook
maar net 'n spelfout kan wees). Skryf die twee foute in twee reels onder mekaar neer en langsaan elk die
korrekte spelling/woord.
7. Sin twee van hierdie paragraaf bevat sommer heelwat foute: 'n woordordefout, foutiewe spelling, 'n
verkeerde woord wat waarskynlik op grond van sy uitspraak gekies is, sowel as 'n leestekenfout. Skryf die
hele sin KORREK oor.
8. Paragraaf 4
Waarom is dit verkeerd om Van Zyl hier met 'n hoofletter te spel?
9. In die laaste sin van hierdie paragraaf is 'n woord uitgelaat. Skryf die hele sin oor en voeg die woord
op die korrekte plek in. Onderstreep die ingevoegde woord duidelik.
10. Vergelyk par 1: ". . . .atletiekster Jacques Freitag wil . . ." (geen kommas) en par. 4: ". . . afrigter,
Jonathan van Zyl," (tussen kommas).
Verduidelik waarom ons in die eerste paragraaf nie kommas hoef te gebruik nie, maar dit wel in die vierde
paragraaf moet gebruik.
Aktiwiteit 4
Om 'n gedig te lees en te ontleed om die wonder van die gebruik van woord en beeld te ervaar
[LU 1.1, 1.3, 1.5, 3.1, 3.3, 3.5]
Lees die gedig Die Dag Op Nuweland deur Jeanne Goosen.
1. Waaroor, verwag jy, gaan 'n gedig met so 'n titel handel?
2. Haal al die woorde uit die gedig aan waarmee die verteller na rugbyspelers verwys.
3. Wat sien jy van hierdie woorde raak?
4. Wat se dit vir jou van die verteller se siening van die sport rugby?
5. In die gedig beskryf die verteller hoe die toeskouers op die pawiljoene by 'n rugbywedstryd optree.
Haal die woorde aan waarmee die toeskouers en hulle aksies beskryf word.
6. Sou ons kon se dat dit WERKLIK is soos die toeskouers optree?
7. Waarom stel die verteller hulle reaksie dan juis so voor?
8. Wat noem ons 'n geskrif wat spot?
9. Watter twee karakters is oenskynlik minder betrokke by die gebeure op die veld?
10. Waarom se jy so?
11. Haal bewyse uit die gedig aan dat hulle tog nie werklik onbetrokke is nie, dat hulle dus geraak word
deur wat tydens en na die wedstryd gebeur.
12. Wat noem ons so 'n gedig sonder sinvolle leestekens, vaste strofebou, rymwoorde en reellengte?
13. Verduidelik watter bydrae die inspringende reels tot die geheel van die gedig lewer.
Assessering
83
Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne 'n wye verskeidenheid
situasies te reageer.
Assesseringstandaarde ( ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.1 na uitdagende verbeeldings- en informatiewe mondelinge tekste luister en dit waardeer;
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer;
1.3 verstaan hoe bekende mondelinge tekste gestruktureer is en die kenmerkende eienskappe daarvan
beskryf;
1.5 die spreker se redes vir die keuse van spesifieke woorde, frases en sinne identifiseer om die luisteraar
te bei'nvloed en die impak daarvan verduidelik;
1.6 verskillende taalvarieteite, soos verskillende aksente en dialekte, herken en aanvaar en die taal van
verskillende groepe bespreek.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye verskeidenheid situasies
te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 idees en gevoelens op 'n kreatiewe en ekspressiewe manier met 'n groot mate van selfvertroue en met
beperkte ondersteuning oordra deur 'n verskeidenheid mondelinge tekssoorte te gebruik;
2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe duidelik en akkuraat en met groter samehang
oordra deur 'n verskeidenheid feitelike, mondelinge tekssoorte te gebruik;
2.3 basiese praatvaardighede in 'n verskeidenheid tekssoorte toon;
2.4 'n verskeidenheid basiese interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke,
debatte en ondersoeke deel te neem;
2.5 mondelinge aanbiedings met redelike akkuraatheid en kreatiwiteit doen.
LU 3 LEES EN KYK
continued on next page
84 CHAPTER 4. KWARTAAL 4
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.1 'n wye verskeidenheid tekssoorte spontaan en dikwels vir genot en inligting lees en persoonlike reaksie
op die tekssoorte bespreek;
3.2 lees hardop en stil vir verskillende doeleindes deur gepaste leesstrategiee te gebruik;
3.3 die doel, teikengroepe en konteks van tekste bespreek;
3.4 begrip van informatiewe tekste toon;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan
bydra;
3.6 toon begrip van 'n teks, die doel daarvan en hoe dit met eie leefwereld skakel deur die intrige, temas,
waardes, karakters en ruimte/agtergrond te bespreek;
3.8 krities op tekste reageer.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 'n verskeidenheid verbeeldingstekste skryf;
4.2 'n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste lewer;
4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryf-tegnieke gepas vir 'n tekssoort toon;
4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en
gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik;
5.2 taal gebruik om te ondersoek;
5.3 inligting verwerk;
5.4 kreatief dink;
5.5 taal gebruik om te besin.
Table 4.5
LU 6 Taalstruktuur en
-gebruik
Die leerder ken en is in staat om
te skep en te interpreteer.
die klanke,
woordeskat
en
grammatika
van
die taal te
gebruik
om tekste
continued on
next page
85
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:
6.1.2 gebruik basiese spelreels en 'n verskeidenheid spelstrategiee om onbekende woorde te spel;
6.1.3 gebruik hoofietters en skryftekens korrek en doeltreffend (kappie, koppelteken, deelteken, afkapping
steken en aksentteken) ;
6.1.6 met woorde werk (korrekte vorme en afieidings);
Table 4.6
Memorandum
AKTIWITEIT 1
Hierdie aktiwiteit kan gebruik word om leerders weereens te help met die gebruik van 'n woordeboek.
Van die woorde kom nie noodwendig in hierdie vorm in die woordeboek voor nie en leerders sal dus onder
'n bepaalde tema moet gaan soek na die afgeleide vorm.
AKTIWITEIT 2
Hier kan u die leerders in groepies van ongeveer 5 laat werk. Gee genoeg leiding sodat hulle in die groep
take eweredig verdeel en almal laat deel he aan elke faset van die opdrag. Hulle hoef nie noodwendig uiterstes
te gaan ondersoek nie; 'n "seisoenale" sportsoort soos tolgooi of straatkrieket.
Kan eweneens reg wees. Moedig hulle aan om te begin by dit waarmee hulle bekend is en waaraan hulle in
die verskillende woonbuurte deelneem voordat hulle verder gaan. Wys veral daarop dat daar vir alle mense
iets moet wees om aan deel te neem.
Let op die opdrag: mondelinge terugvoer oor die sportsoorte. Maak seker dat hulle vir die hele gemeenskap
voorsiening maak met die sportsoorte wat hulle kies. U kan self besluit of u individueel of per groep punte
gaan toeken.
Die plakkaat kan dalk ook bepunt word - dan het u twee punte vir navorsingstake wat u in die portefeuljes
kan gebruik.
AKTIWITEIT 3
By hierdie aktiwiteit sal u stellig by die leerders se skryf- en ander opdragte kan aansluit, waar u hulle
immers op hulle taal-, spel-, leesteken- en stylfoute gewys het.
1. m (sonder punt) - dis 'n internasionale simbool en nie 'n (Afrikaanse) afkorting nie
2. Koelkop
3. Die Suid-Afrikaanse atletiekster Jacques Freitag wil op 2,30 m begin spring wanneer hy volgende
Vrydag in Parys sy aanslag op die wereldtitel vir mans maak.
4. op wat - waarop
Wesduitsland - Wes-Duitsland
teenstaanders - teenstanders
Wes-Duitsland moet tussen kommas staan, aangesien dit ingevoegde inligting is (wat nie die betekenis
van die sin verander wanneer dit weggelaat word nie).
5. geklop - jy kan iets wen, maar jy klop iemand
6. oorsee se - oorsese
7. "Voorheen het hulle nie juis notisie van my geneem nie; nou vertel hulle my dat ek te swaar weeg,
herinner my aan my vorige beserings en se ek hou nie van nat bane nie," het Feitag gese.
8. Wanneer daar 'n naam of voorletters voor so 'n van (met 'n voorstel of lidwoord) staan, is die eerste
deel van die van met 'n kleinletter.
9. Geen wonder sy selfvertroue is nou hemelhoog nie.
10. In par. 1 is die atleet se naam 'n nodsaaklike deel van die betekenisvolheid van die sin; in par. 4 is
die naam van die afrigter 'n invoeging - die betekenis van die sin verander nie / is nie onduidelik as ons dit
uitlaat nie.
AKTIWITEIT 4
86 CHAPTER 4. KWARTAAL 4
Lees en behandel ook hierdie gedig sonder om die vrae spesifiek te behandel. Laat die leerders hule
respons / gevoel / siening met u en met mekaar deel sodat hulle ook voel hulle het deel aan die ontleding
van die gedig.
1. 'n rugby wedstryd op nuweland
2. "gestreepte haaie" "rondduik" "boudvleise hap" "na mekaar gryp" "bloederig" "stukkende held" "held
gryns"
3. Dit lyk nie soos woorde waarmee 'n mens normaalweg rugby sal beskryf nie / baie negatiewe woorde
/ onrealisties.
4. negatief oor rugby / hou nie van rugby / dink dis wreed, ens.
5. "ons kou grondboontjies" "ons kake gaan op en af" "maer meisie van swellendam brei mansokkies" "brei
. . . al vinniger" "mannetjies spring regop" "die planke wip hulle terug en dan weer regop" "brul en skuld die
pawiljoen" "potsierlike hoedjies"
6. nee
7. Probeer hulle belaglik voorstel / met hulle spot.
8. satire
9. die verteller "my" en die "maer meisie van swellendam"
10. Hy bestudeer die reaksie van die toeskouers; sy brei mansokkies.
11. "brei sy al vinniger" "ek my tong raakbyt" "dra die held tot voor my"
12. vrye vers
13. Wil byna die beweging op die pawiljoen (en die heen en weer hardloop op die veld) met die insprin-
gende en verskuiwende begin van reels voorstel / uitbeeld.
ATTRIBUTIONS 87
Attributions
Collection: Afrikaans Huistaal Graad 8
Edited by: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/colll037/l-l/
License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/
Module: "Toets jou luistervermoe"
By: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/m23953/Ll/
Pages: 1-7
Copyright: Siyavula Uploaders
License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/
Module: "Leestekens"
By: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/m23955/l-l/
Pages: 7-16
Copyright: Siyavula Uploaders
License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/
Module: "Taal"
By: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/m23960/l-l/
Pages: 16-25
Copyright: Siyavula Uploaders
License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/
Module: "Sosiale geregtigheid"
By: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/m23962/l-l/
Pages: 25-30
Copyright: Siyavula Uploaders
License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/
Module: "Luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes"
By: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/m23965/l-l/
Pages: 31-36
Copyright: Siyavula Uploaders
License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/
Module: "Verkryging van inligting uit 'n wye verskeidenheid bronne"
By: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/m23967/l-l/
Pages: 36-44
Copyright: Siyavula Uploaders
License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/
88 ATTRIBUTIONS
Module: "Tegnieke in geskrewe tekste om spesifieke effekte te verkry"
By: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/m23968/l-l/
Pages: 44-49
Copyright: Siyavula Uploaders
License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/
Module: "Om met taal te werk"
By: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/m23975/l-l/
Pages: 51-56
Copyright: Siyavula Uploaders
License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/
Module: "Om geskrewe taal in digvorm te verstaan en waardeer"
By: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/m23981/Ll/
Pages: 56-61
Copyright: Siyavula Uploaders
License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/
Module: "Om met woorde te werk en woordeskat uit te brei"
By: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/m23984/Ll/
Pages: 62-73
Copyright: Siyavula Uploaders
License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/
Module: "Skriftelike weergawe van hoofpunte in 'n teks"
By: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/m23987/Ll/
Pages: 75-80
Copyright: Siyavula Uploaders
License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/
Module: "Woordeskatuitbreiding"
By: Siyavula Uploaders
URL: http://cnx.org/content/m29629/l-l/
Pages: 80-86
Copyright: Siyavula Uploaders
License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/
About Connexions
Since 1999, Connexions has been pioneering a global system where anyone can create course materials and
make them fully accessible and easily reusable free of charge. We are a Web-based authoring, teaching and
learning environment open to anyone interested in education, including students, teachers, professors and
lifelong learners. We connect ideas and facilitate educational communities.
Connexions's modular, interactive courses are in use worldwide by universities, community colleges, K-12
schools, distance learners, and lifelong learners. Connexions materials are in many languages, including
English, Spanish, Chinese, Japanese, Italian, Vietnamese, French, Portuguese, and Thai. Connexions is part
of an exciting new information distribution system that allows for Print on Demand Books. Connexions
has partnered with innovative on-demand publisher QOOP to accelerate the delivery of printed course
materials and textbooks into classrooms worldwide at lower prices than traditional academic publishers.